Regshulpkliniek bied werkswinkel op Robertson aan

Op Vrydag 2 Maart 2012 het Marion Hattingh, Chris Julius en Ina-Marie Booysen van die Regshulpkliniek ‘n werkwinkel oor verblyfsekerheid en die pligte van plaaslike owerhede tydens uitsettings aangebied.

Die werkswinkel is die vyfde wat die afgelope ses maande aangebied is in die Kaapse Wynland-streek en is gemik op die opleiding van alle munisipale amptenare wat werk met behuisingskwessies, asook alle plaaswykraadslede van die vyf B-munisipaliteite in die Wynland. Die werkswinkelmateriaal is deur prokureurs van die Regshulpkliniek spesifiek vir hierdie doel ontwikkel en die projek is befonds deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.

Die doel van die reeks werkswinkels is om begrip te bevorder vir die behuisingsprobleme van persone wat van plase gesit word. Om dakloosheid te beperk word spesifiek die Nasionale Behuisingskode en die Nasionale Noodbehuisingsprogram bekend gestel, asook inligting verskaf oor die jongste regspraak oor die verpligting van munisipaliteite om aan mense wat uitgesit is noodbehuising te verskaf.

Sorry, comments are closed for this post.