Kommissariale verslag van Knysna Toer

Hierdie verslag word opgestel met die oog op praktiese hulp vir die toekoms.

Die bestuur het ‘n aktuele begroting van £3.5 per lid gemaak vir die toer, maar aangesien ons nie goed genoeg met plaaslike omstandighede (te Knysna) bekend was nie asook nie alle groot ondervinding met so ‘n groot toergroep nie (sewe-en-vyftig deelnemers) het ons ‘n veiligheidsruimte van 5/- per lid gelaat sodat fooie £3.10 per lid gewees het, met ‘n verhoging van ‘n ekstra kwart-spoorwegkaartjie vir volwassenes. Nadat ons ‘n Reünie gehou het (vir £4.7) en £3.17..0 afgetrek het vir heffing op persone wat nie lidmaatkwalifikasies besit het toe hul aan die toer deelneem nie (Sien D3 & E2 in Konstitusie) d.i. 3/- per so ‘n nie-lid en die verdere storting aan die kas van £7..9..10 wat by berekening ongeveer die som is wat op die uitgawes bespaar is deurdat ons as organisasie spesiale afslag op baie items gekry het, veral by die reëling van tente, was ons instaat om 8/- per lid (5/- per nie-lid) terug te betaal. Van hierdie terugbetaalde som het 5/- per lid die veiligheidsruimte uitgemaak – ons organisasie het nie op groot onvoorsiene uitgawes gestuit nie. Tog was die instel, meen ons van so ‘n veiligheidsruimte te regvêrdig gesien die redes daarvoor benoem. Ons gee egter aan die hand dat by die beraming vir toere sulke oor-berekening minder moet wees, wat natuurlik meebring dat noukeurige ondersoek vooraf ingestel moet word.

ITEM – PROVIAND: Op aanbeveling van dr Krige is dit gestel op £1 per lid – ons eintlike uitgawe was 18..4 per lid (totaal £52..5..4). Met die heenreis na Knysna moes toeriste self vir padkos sorg – ‘n volle dag, dit is grotendeels die margo van 1/8 per lid verantwoordelik. ‘n Gespesifiseerde verslag oor die proviand verskyn agteraan.

VERVOER: Hierop het ons die totale som van £103..0..8 uitgegee. Dit sluit in – die reiskaartjie teen ¼ volle retoer prys na Knysna £1.2..” per student en ½ prys per volwassene £2-5-9. Motorboot na Whisky Creek op Keurboomsrivier 1/- per lid – totaal £2.14 (+ 4/- vir gebruik van roeiboot); Motorvervoer (lorries en bus) na die Knysna Heads – 1/- & 1/6 per persoon onderskeidelik, totaal £3..2..6; Lorrie-vervoer van goed na Knysna stasie £1..2..6 en na en van die stasie op Stellenbosch 8/- per toer (16/-). (By ons berekening het ons 2/6 per lid gestel vir vervoer) en waens-vervoer, wat ons allestesaam £27..10..0 gekos het – 9/8 per lid. Vir bagasie vervoer het ons, na gewone onkoste, die prys gestel op hoogstens £20 per wa – dus 2 waens per 50 persone sou dit op 16/- per persoon bring. Met behulp van ds B Odendaal het ons egter die waens teen ‘n baie laer som gekry en ons het 57 persone vir 2 waens gehad. Ons het naamlik 2 waens teen £3 per dag vir 8 dae gekry.

Hier wil ons aanbeveel dat waens-vervoer in die vervolg beter sal wees dan die wat ons gehad het hierdie toer. Die diere was in te swak kondisie om enigsins by die toeriste te kan byhou en waar die pad baie swaar was, tussen Witte Drift en Diep Walle het ons eers twee span muile van mnr. Van Huysteen gehad en later het ons twee span osse moes huur om die dagreis van sowat 18 myl te kan doen. In die reël moes die toeriste baie lank by die uitspanplekke wag vir die bagasie – iets wat oor die algemeen die neiging om teen mekaar te stap indirek verslap het en wat verantwoordelik was vir een oggendskof van 16 myl; teenoor 21m vir die hele dag! Vinniger vervoer sal die toer baie veraangenaam, sodat op hierdie punt ‘n hoër uitgawe heeltemal geregverdig is.

APTEEK: Ons het dit goed gedink om voorsiening te maak vir moontlike ongevalle, vandaar die instel van ‘n “apteek-komitee”, nie ‘n “eerste-hulps”komitee nie, maar moes elkeen wat iets oorkom self sorg hoe hy die geneesmiddels gaan haal by die apteek-komitee en gebruik.

Ons het 1/- per lid beraam – in werklikheid het ons uitgegee £1..16. Ons moet dr. Wilcocks bedank vir ‘n bottel medisyne (brandewyn) wat hy ons gegee het. Hierdie laaste middel was die populêrste, veral waar een persoon foutief verkeerd om gedraai het en op sy kop langs probeer loop en waar ander nie juis omgegee het vir water nie – en dus ‘n slaap- en sweetmiddel nodig gehad het.

Verder het die apteek ingesluit: ‘n hoeveelheid verbande (2½ dosyn rolletjies), ¼ yd. watte, 2 botteltjies Lycol abot. Jodium tinktuur, Boor suur en Liquorice powder. Die watte was te min, van die verbindsel het ‘n paar rolletjies oorgebly. Iodine word bo Lycol verkies omdat dit miskien meer sigbaar is op ‘n teer plek, makliker gebruik word en langer effektief is (?).

Waar die apteek meeste voor gedien het, was by moeilikhede met dapper en stapper. Toeriste het te min vir deeglike “voetegoed” gesorg, dit ondanks ons waarskuwings dat hul moet sorg om baie goeie stap-skoene te hê. So hier en daar was daar ‘n ander ongevalletjie – een stamp sy kop en ‘n ander vat koue. Vir dit alles is die idee van ‘n apteek komitee baie goed. Daar is egter baie ruimte vir uitbreiding en verbetering, veral daarin dat ons seker moet wees dat ons iemand het wat ‘n voldoende kennis van eerste-hulpmetodes het.

Hier is dit die plek vir ‘n aanbeveling dat aan enige lid die reg om mee te gaan geweier word as hy (sy!) nie behoorlike skoene aan het nie, want dit is wreed soos die toeriste hulle self verwaarloos en die toer onaangenaam maak.

TENTE: Op hierdie item het ons ‘n groot besparing gehad deurdat ons van dr Krige sy tente te huur gekry het deur kwytskelding van sy toerfooie – eintlik net £2-5 teenoor ‘n £6. Ons het ag tente gehad van 15″ deursnit, en twee patrolje tente, een vir mev. Wilcocks en een vir die Heavenly Twins drs. Franken en Friedlaender.

Ons het bereken of ons nie permanente tente vir die klub kan aankoop nie, maar het dit onbetalend gevind. As ons ‘n vaste ooreenkoms met die M.E. Stores maak om ons tente te verhuur teen 15/- per tent vir elke 12 dae, dan sou dit baie gunstig staan teen ‘n kapitale uitgawe van £8 per tent wat ‘n leeftyd van 8 jaar sal hê, veral gesien die geringe dienste wat ons daarvan sal kry. Ons beveel aan dat die sekretaris vir aanstaande jaar so gou as moontlik so ‘n ooreenkoms tref.

AANKOOP VAN ANDER PERMANENTE GEREEDSKAP EN KLEINER UITGAWES: Bankrekening, uitgawes op toer. Dit bedra die som van £6..1; 2/1 per lid.

Aan permanente gereedskap het ons 8 lampe – storm lanterns, 1 sterk lig (Primus-lamp) wat deur die firma Le Roux en Hauptfleisch aan die Klub gegee is; 3 tentpikkies, 2 handbyle, 1 rooster, 2 braaipanne en ‘n broodmes. Hierby is ons benodighede aangevul deur apparaat wat dr Krige aan ons geleen het. Daar is verder nodig sowat 2 roosters en 2 braaipanne, messe vir botter-opsmeer en ‘n viervoet waarop paraffienblikke kan staan – soiets moet by ‘n smid laat maak word voor ons volgende toer. Die goedkoopste kookpotte is natuurlik paraffienblikke daarvan het ons ‘n 10 stuks meegeneem, en hul het goeie dienste gelewer.

By ‘n beraming vir ‘n toer kan elke keer ‘n klein bedraggie per lid gehef word om die verbruik van permanente gereedskap te vergoed, sodat apparaat wat beskadig of verlore raak vervang kan word.

Ons hoop dat hierdie aanbevelings tot leidraad kan dien vir die vervolg.

DIE HUISHOUDKUNDE VAN DIE TOER

Die ware indruk kan alleen gekry word deur self op so ‘n toer met die voorberei van maaltye te doen te hê. ‘n Uur voor die kamp uit sy slaap gewek word, gaan stil iemand die rondte om die drie oggendkokke te roep. Deur die slaap dikwels met die aangename gevoel van helddadige martelaarskap skud hul hulle reg voor ‘n vuur met die water byna aan kook. Skielik is dit “waar is die koffie, suiker en melk?” Wa-laai komitee!!! in harde uitroep. Dit nogal na hul elke dag gesê word om dit self in die groot bos te kry. Dan is dit weer “waar is die pap?” Ondertussen het die eerste fluit gegaan – “opstaan” en dit begin roer – baie gou volg oggendbroodsny! en ‘n groepie staan om die tydelike tafels besig om na beste vermoë harde botter op krummelrige brood te smeer – wie wat meegehelp het sal ooit kla as sy brood dik gesny is, die botter in ‘n stuk in die brood gepers is en dit alles kompenser is met goeie bedeling konfyt? As die tente lê en lui en daar miskien nog iemand verdwaalde goed soek is ete ook klaar – “Queue!” en dis weer bordewas of liewer uitkrap.

Dan vort – ‘n hele skof. Walaaiers en Kaptein patroleer die kampplek: hier ‘n bord, daar ‘n mes, daar ‘n seiltjie of ‘n skoen of kous of nog so iets van ‘n toeris, word haastig opgegooi, en die waens kom om hinkende kruppeles één-één langs die pad op te tel.

Die skof is oor – middagete. Koffie gemaak, en broodsny-komitee word op die nommer gedruk – groenteskil-komitee is ook druk aan die werk. Die hoofsaak is brood – met kaas of stroop.

Met die aand se trek kry die vindingrykheid van die kokke ‘n kans – groente “stews” word by voorkeur gemaak. Die proporsies is belangrik vir die sukses – kool, uie, wortels, patats, vleis en spek met aartappels galore – dit is die hoofsaak van die “stew”. Aandbroodsnyers het hul werk – maar die vlug na die brood is nie nou so skerp nie, sodat hul relatief min te doen het. Hul is die gunstelinge vir die oomblik. So ongemerk staan iemand hier langs die groep: “Kan ek jou help Hettie?” Nee dankie ons is al so te sê klaar. Hierdie korsie lyk darem baie lekker en Ed het vir ons vanaand sulke lekker konfyt uitgehaal, wil jy nie ‘n bietjie oor hê nie?” “Ja, terwyl jy nou so aanhou sal dit lekker smaak, Dankie.”

Die kokke laat die klomp net lekker honger word dan roep dit weer “queue” en almal raak stil om ‘n bord waarvan hy nie juis die bestanddele kan sê nie maar hy is tevrede soos ‘n kindjie met ‘n nuwe speelgoedjie.

PROVIAND VIR DIE TOER

  • BROOD:
    • 90 grof brode 4 lb. (30 Huorian op toer)
    • 16 V.C. Brode
    • 16 Burmaline
    • 16 Hopbrode
    • Die brood het goed gehou buiten die kis Burmaline brood wat die laaste oopgemaak is en wat buitendien nat geword het.
  •  BOTTER:
    • 68 lb –
    • Die weer was koel en dit het gehou – ‘n pond of so te min – die owerders het nie kans gehad om liberaal te wees nie.
  •  MELK:
    • 54 blikkies
    • 1½ blikkie per keer
    • 36 keer koffie gemaak, dus net genoeg gewees.
  •  KONFYT:
    • 4¼ dosyn 2 lb blikke
    • stroop 9 2 lb blikke
    • Die konfyt was genoeg om ruim mee te handel, maar daar kon tweemaal soveel stroop wees, omdat dit beter by pap gesmaak het dan suiker.
  • SUIKER:
    • 160 lb
    • Was te veel met byna 60lb
  •  KOFFIE:
    • 25 lb
    • ‘n Paar pond te veel.
  • TEE:
    • 6 lb 5 Roses
    • Ons het baie min tee gemaak derhalwe was dit te veel.
  • SOUT:
    • 12 lb (los)
    • Te onhandig gewees – liewer blikkies sout.
  • KAAS:
    • 30lb – genoeg.
  • VLEIS:
    • 30 lb gekookte soutvleis (van Raltrag) vir eerste paar etes.
    • 69 lb wors – ons het te lank daarmee gewag, toe het dit swak geword.
    • 60 lb vars vleis – op toer gekry.
    • 15 lb vis vir een aandete
  • VRUGTE:
    • 30 lb Perskes
    • 40 lb prunes
    • – vir dessert. Genoeg gewees, hoewel ons meer kon kook.
    • 85 lb Rosyne
  •  LEKKERNYE:
    • 45 lb grondbone – ook soveel as nodig was.
    • 90 lb Dadels – ‘n goeie hoeveelheid.
    • 1 doz. vrugtesap – 3 keer gemaak.
    • 20 pakkies jellie – een maal se poeding.
  •  PAP:
    • 36 lb Hawermout
    • 20 lb Mieliemeel
    • – elke oggend en een aand Kafferpap.
  • SOP:
    • 10 Blikkies tamatiesoep – eenkeer se maak
    • – is sterk aan te beveel.
    • 6 lb lensies en 6 lb gesplete erte – kook te lank vir soep.
  • GROENTE:
    • 3/4 bushel uie
    • 12 dos. geelwortels
    • kool (etlik op toer gekry)
    • 1 bushel beet
    • 1 sak aartappels
    • 1 mud patats
    • Hoofsaaklik vir aandetes – “stews”. Daar kan meer gekry word. Liefs baie vars.
  • VET:
    • 5 lb “Lord”
  • SPEK:
    • 10 lb

PERSONE WAT SAAM WAS

  • Dr R.W. Wilcocks – Kaptein (Universiteit van Stellenbosch)
  • Mev R.W. Wilcocks
  • Mej Martini (Bloemhof Hoërskool)
  • Dr E. Friedlaender (U.S.))
  • Dr J.M.L. Francken (U.S.)
  • Dr A.V. Krige (Padsoeker)

DAMES:

  • Mej Sina Wentzel
  • Mej Flussie Kock
  • Mej Sarie Marais
  • Mej Maria van Rensburg
  • Mej Dorithea van Huyssteen
  • Mej Irene de Senza
  • Mej Francis Gonin
  • Mej Sophie Gonin
  • Mej Anna le Clus
  • Mej Aimee Luckhoff
  • Mej Lita Luckhoff
  • Mej Mimmie Pienaar
  • Mej H. Viljoen
  • Mej Judith Bothma
  • Mej Hettie Kruger
  • Mej Maria Potgieter
  • Mej Elise Gildenhuis
  • Mej Winnie Abbot
  • Mej Anna Juriaanse
  • Mej Lettie van der Watt

HERE:

  • J. van der Bijl
  • Mnr H.J. Piek
  • P. J. Louw
  • U. Rode
  • S.J. Myburgh
  • L.S. Erasmus
  • G.A. Gillomee
  • J.L. le Roux
  • J.A. Kok
  • G.N. Murray
  • J.S. Klopper
  • F. Swanepoel
  • F. Smuts
  • J.H. Kritzinger
  • E.M. Nyenhuis
  • N. Visser
  • J.L. Lambrin
  • P.G. Grewer
  • T.N. Theron
  • I.J. Smit
  • C.F. Kossatz
  • R.J. Raath
  • P.J. van Dijk
  • J.J. de Necker
  • P.M. Bekker
  • D.C. Swart
  • D.J. de Jager
  • A.R. Havemann
  • S.J. Brandt
  • A.D. Collins
J S Klopper

Leave a Reply