Tweeling-koppe Uitstappie

Onder leiding van dr Wilcocks vertrek sowat sestig persone om vieruur (by vergissing ‘n uur te vroeg) van voor die Uitspan per lorrie. Die ongelykte het hier getref dat twee dames flou geword het voordat die top van die berg bereik is; hul moes baie sterk ondersteun word.

Hierdie toer is die tradisionele tog van dr Wilcocks met sy Sielkunde-studente wat nou oorgaan in die tradisie van die BTK – van die laaste drie jaar se Gala-week funksies is dit die enigste wat gereeld ‘n sukses was, dit is die grootste sukses van enige Gala-week nog altyd gewees.

Ontneem die student sy eksamenspanning, gee hom die natuur met die oefening van bergklim en alles is gegewe vir ‘n sukses.

Met hierdie uitstappie sluit die verrigtinge van die BTK in 1928, ‘n geboortejaar van die klub, af. Mag hy aanhou groei en aan sy doel beantwoord!

J S Klopper

Leave a Reply