Knysna Liedjies

Ons Knysna Toeriste 1935
Ons stap met doekies rooi
Ons stap met meisies mooi
Ons leier stil bedaard,
Stap voor met bosboubaard.
Stap ons verby ’n kroeg
Word oom Conradie skielik dors en moeg
Stap ons verby ’n oog,
Dan word ou Dan se keel so droog.
En snel ’n motor ons verby,
Dan sal jy Mikie in hom kry.

Ons kamp om vure rooi,
Ons kamp met meisies mooi.
Frans Geldenhuys speel graag die kangaroe,
Veral met Babs le Roux.
Ag Dan! Wat kielie jy so woes!
Van al die lag moet Ida hoes,
Ons graniet aan sy vrou getrou
Die hele toer met ma moes boer.
Ook Abram het veel soete las,
Alweer klou Stella aan hom vas.
Maar Jurgens hou vier meisies in sy arm
Dit maak hom al te lekker warm.
Ou Gerard het vir hom ’n vis gebraai,
Die was nog groter dan ’n haai.
Wat sal ons sê van Reep Verlore,
Hy’s feitlik as ’n grap gebore.
Ou Piet is stil, sy broek is dapper
Dit het van Valkenburg se tent gewapper.

Ons stap met doekies rooi,
Ons stap met meisies mooi.
Ons stap met bly moed
Ons stap in reën en sonnegloed.

Dr Eiselen

Dis Al
Dis ’n gil wat ver gaan
Dis ’n oproer van naam
Dis drome van Daan
Dis al.

Dis ’n chorus-girl sy
Dis rooi nekdoeke by
Dis ’n kamera wat ly
Dis al.

Dis op ”vader” se bed
Dis pyjamas, kan jy wed
Dis Dier s’n – oplet!
Dis al.

Dis ’n advokaats-bank
Dis meisies lank
Dis al.

Dis ’n voordrag van faam
Dis ’n belt wat losgaan
Dis ou Moos wat daar staan
Dis al.

Dis ’n geskree van geeste
Dis ’n gebulk van beeste
Dis die meisies meeste
Dis al.

Dis ’n duiwelsvlerk wat sleep
Dis bloutjies op ’n streep
Dis die invloed van Reep
Dis al.

Dis ’n hoipoloi koor
Dis Miss Jooste daarvoor
Dis of ’n kat is vermoor
Dis al.

’n Uittreksel 1935
Ek sal u mis.
U kampe, koffie, maats weer trou.
Maar u liefde sal ek oral vind:
In die strome, in die bome, in die wind.
Ek sal die natuur vertrou
En in die lewe my ou BTK behou!

Leave a Reply