Vyeboom-Kleinmond September 1945

Saterdag, 22 September – Maandag, 31 September

Eienaardig-snaaks het die maan deur vliesige wasige skimwolkies geskyn toe ons Vrydagaand by die Uitspan in groepies staan en wag op bevel om voort te stryk na ons Rendezvous agter Industria waar ons soos almelewe weer koffetjies geskink en baie gou ou bekende liedjies soos: “Frü Morgens”, “Kamerad” en “Oi oi oi dis ….” laat weergalm deur die aandlug.

Die nuwe toeriste het eers so effens sku in bondeltjies gesit, maar dit was nie lank nie of hulle begin besef dat die BTK darem somaar ‘n dreun-“Party” is en het later orals op die reisdekens rondgesit of selfs om die vuur gestaan.

Dr Coertze het ons ‘n voorspoedige toer toegewens en veral gehoop dat ons die kampvure saans sal beskou as plekke waar ons saam kan voel en diep in ons geheues kan laat insink die indrukke van sulke aande onder die sterrehemel rondom die skietende vlamme van ‘n kampvuur. Ons kampvure laat hom dink aan die Heilige vuur van die Herero stam van Suidwes-Afrika waarby nuwelinge ook ingelyf word en waarom hulle ook hul Skepper prys aan die end van die dag se moeisaamhede.

En oom Dirk toer toe ook nie saam nie want hy dra ‘n yslike, grote jas om te wys dat hy nou regtig baie verkoue het. Hy mag maar sê – hy sal darem hopelik later by ons aansluit.

Maar hier is kort gespeel met die kampvuur want sommige moes nog gaan klere droogstryk of inpak – waar Erna pakplak vir klere by al haar kidensblikkies gekry het, weet nugter.

Saterdagmôre breek aan sonder ‘n wolkie in die blou lug – maar wie sê?

Die toeriste verdeel hier hulle geledere. Sommige waaronder baie definitief die Huis ten Bossers was het trein gery tot by Elgin van waar hulle oor Viljoenspas sou stap tot by Vyeboom.

Andere ywerige vriende het per bus tot by die bosbouhuisies bo in Jonkershoek gery en sou vandaar oor Jonkershoeknekkie na Vyeboom stap.

…. en dis toe ook net daar waar Vrydagaand se vlieswolke in nattige, klam mis verander sodat almal reeds druipend nat by Tweede Waterval aankom. Wat gee ons egter om? Eienaardig hoe jy in jou hart bly en vrolik kan voel selfs al val die reën ook. Maar bo-op Jonkershoeknekkie het sake vir ‘n ruk ernstig gelyk. Die Suid-Ooste wind skep dun hemde en stuur bytende reëndruppels dwarsdeur jou lyf sodat selfs die rugkant van ou Martin se hemp nat was ten spyte van die gras wat hy ingestop het om droog te bly.

Daantjie Brink se bibberende raad dat ons tog asseblief maar agter ‘n groot rotsblok moet loop terwyl Martin dit vooruitstoot is daadwerklik deur Massie afgekeur wat liewers elke keer in ‘n ander droë skeur van ‘n rots inkruip om skuiling te soek en sy kiddens te suig.

Soos ‘n bloedhand op die spoor druk Martin sy kop tussen sy skouers in en peil af in die klofie. Geen paadjie en net digte mis in vlae bytende reën rondom. Klofie volg op Klofie en ons strompel blindelings voort al agter Martin aan. Selfs Juffrou Robra kannie “worry” of sy in die water of op die grond loop met haar skoene nie.

Gelukkig is Martin ook maar mens en kry hy ook koud en honger en roep hy toe halt by ‘n beskutte rots. Jan Poilaait sê dis beter om maar te swem met klere en al want in die water waai die wind nie en is dus warmer as wat ons staan en bewe. Dis toe ook net hier waar Danie swem en Gert Loedolf die brode bydam en vir elkeen ‘n yslike honk afsny. Koot en Natalia plak botter vir die vales met hulle vingers of met hulle handpalms. Toe Liesbeth Botha – seuntjie – haar sny kry, kon haar ogies net rek. Hande was te dom en vingers hopeloos te onkundig om iets raak te vat.

Misrabel, koud en baie mistroostig vat ons weer die paadjie, maar binne ‘n uur is ons uit die mis en reën en waai ‘n windjie al so effens ons klere droog. Binne ‘n halwe dag se stap was ons by die bosbouplantasie en kon ons by ‘n yslike groot vuur ons klere droogmaak. “Net jammer want nou sal die ander mos nie weet en glo dat ons nat gereënt het nie”, kla Martin.

Van Viljoenspas na Vyeboom het ons in rekord tyd gestap en het daar aangekom nog voor sommige van die wat trein gery het, en ons was nie eers baie moeg nie maar kan lateraan in die aand ver weglê aan ons pragbordevol kos. Daardie aand om die kampvuur het Gert ons wakker gehou deur ons een bekende ou liedjie na die ander te laat sing en kon Erina, Joy, Daan Lückhoff en andere ons wys hoe vinnig hulle boom-boom kon opsê. Erina het altyd gewen. Nadat afgesluit is en slaapliedjies gesing is was dit gou-gou stil in die kamp.

Saterdagmôre breek aan sonder ‘n wolkie in die blou lug – maar snaakse beroeringe vind plaas – Nee, dis nie Goeblics en Gert by die papblikke nie – ook nie Joy wat snork dat dit klink of die miere deur fluitjiesriet fluister nie. Nee, dis ‘n rustelose, familiesiek figuur wat hom reeds van vroeg die oggend familie bewus gevoel het. Jy sit en smul aan die bruin kafferkoringpap en stroop, dan is die figuur hier langs jou en wil weet wie jou oupa en jou ouma was of is, en of hulle nie ook dalk op een of ander tyd ‘n Murray of ‘n Louw was nie. Dis glo jou voordeel as hulle was want dan is jy ipiso facto familie van Ded ook want sy van is Louw en sy vrou s’n is Murray.

Tappies kon nie wegbly van die toer nie. Hy het Monica op Stellenbosch gelos en besluit om vir ‘n paar dae ten minste ‘n los man te kan wees op BTK. Wat hy ook was.

Maar afgesien hiervan. Hy lewer vir ons die diens op daardie rustige môre. Indrukwekkend skets hy vir ons die lewe van Markus Johannes wat soveel ooreenstem met ons jong lewens. Die vraag het seker by menige een opgekom: “Sal die geesdrif wat ek nou vir die BTK het deurkom tot die einde?”

“Maar waar is die swemplek?” Natuurlik soek Annette Pauw en Brigitte nóú al daarna want hulle loop nog met Saterdag se stof rond wat hulle op die trein opgetel het.

Met heerlike swem in die donkerbruin, helderskoon papkuil water en lê en braai in die son, gaan die dag gou om. Onder by die swemplek was Erna en Martin se monde die grootste maar toe Okkie van der Walt kom moes almal padgee want hy val somaar so ‘n afgrond in die water. Onder die skaduwees hoor mens so af en toe Danie Lückhoff en Tappies se slimstories en Ada wat vir Louise sê: “O, die ‘wit’ van deesdae!”

Meer oplettende geeste kan sien hoe salig Mike en Pietie in die skadu van ‘n swart wattel lê en droom, en was glad nie verbaas toe Mike later moes erken dat hy nie dink aan wat was nie, maar wat nog gaan kom.

Om die kampvuur skaar ons die aand en kan luister na Ded hoe hy families aanmekaar skakel. Hy en Hilda Robra moet ook familie wees – want is hy dan nie ons kampvader en sy ons kampmoeder nie? Dis ook dié dat hulle sulke interessante gesprekke agter toe ruite in oom Bill se vragmotor het!! Martin, soos ‘n Oosterse filosoof aangetrek – Liesbeth en Erina weet hoe mens tulbande vou – dra een rede na die ander uit “The Prophet” voort, iets waarna mens altyd weer op toere kan luister en nooit moeg word nie.

Sondag se rus het baie gehelp toe ons die volgende dag na Eerstehoop gestap het, want tien gewone myle het lateraan in tien BTK-myle verander wat nie minder kort gelyk het toe die ou oom vir ons sê dat as die wind en die mis daar doer deur die poort waai soos hy nou daar waai, gaan dit reënt, en dat jy jo!!

Een bult oor en die ander een af en al met die rivier langs loop ons en sing maar “Heia Safari”, “Annemarie”, “Ons stap langs velde singend”, ensovoorts, ensovoorts, tot ons uiteindelik by Eerstehoop kom wat ‘n salige kampterrein blyk te wees. Hier het Josua vir ons ‘n verrassing!!

By die oom en tante van die plaas het ons voorlopig ons honger en dors gaan les met koffie en borde en borde val koek en tertjies.

Hier was dit dan natuurlik Tappies en Wilma wat reeds vroeg die middag gaan kennis maak het met die mense. Tappies heet ons welkom met die baba op die arm en ‘n tertjie in die hand en Wilma is net druk besig in die kombuis by die Tante en haar dogter.

Die aand het manne soos Louis Bosman, Daan Brink en Louis Barry en selfs Raymond dit gewaar soos die groenteskillers hulle takel met brandnetels as hulle nie gou genoeg die wortels krap nie. Om die kookvuur het dit ook woes gegaan en moes Piet Treurnicht net drawwe om werkies te doen vir die kokke. Ander gedienstige bystaanders het glad vier ekstra blikke water gaan haal tot groot vermaak van ou Gert wat amper rol van die lag.

Om die kampvuur het daar puik verskonings gekom. Onder andere het ou Lang Aal van Jaarsveld sy rol welsprekend vervul as Rooikappie. Verder was daar ‘n hofsitting met Tappies as regter, al was sy waardigheid daarmee heen toe hy opstaan uit die regterstoel waarin Gert ‘n bord water onder ‘n sak gesit het. Danie Brink word aangekla dat hy en sy makkers die blikke nie skoon genoeg was nie. Geen wonder dat hy die volgende môre die papblik van Mike ook probeer blink skuur het nie.

Nadat Tappies darem sy baardjie so effens korter geskeer het, en hy ‘n goeie borsel van die dames gekry het, is hy en Ada terug na Stellenbosch – Tappies om nie meer los te wees nie en Ada om vele pligte haar roep.

Diegene wat in ‘n bedenklike toestand was ry daardie môre lorrie.

Seuntjie, Erina en Cobatjie sou seker twee maal gedink het om op te klim en onder die seil weg te kruip as hulle geweet het wat onder die seil sou gebeur, en dat bo-op die seil Louis Bosman se stewels êrens op hulle sou land en Joy gedink het hulle is nuwe soort pampoene en hulle daardie aand as kokke in plaas van drie hoera’s, drie boo’s gekry het – waarna Seuntjie amper op “strike” gaan. “Ai julle, daai was darem nie verplig nie!”

Later in die dag moes selfs Andre Maree erken dat dit ‘n heerlike lewe is om ‘n Bar Dutchman te wees as mens net kan lorrie ry. Dinsdag het dan ook vir meeste ente ente lorrie ry beteken maar blyer gesigte as Rica, Louis Barry en Louise s’n was seker nie toe hulle uitvind dat hulle ook toe kan kry by die oom en tante wie se seun in Engeland studeer.

Dis seker maar goed dat hulle daardie entjie nie lorrie gery het. By middagbrood-plek kom Bert Heyns en mnr Graham daar aan en met ope arms ontvang Bert ons en heet ons by hom welkom. Dr Ansie Greyling en Martin het hier hulle hande vol gehad met verrekte spiere en seer voete en tone – veral ou Ded se voete wat nie eers meer wil werk nie.

Joy en Jean moes weer help dat die innerlike versadig word – ondertussen neem Martin Blignaut, Benshute en Massie oral rond kiekies.

Die middagskof beteken weer lorrie ry vir sommiges en andere waaronder ou Benshute Malora val, het amper motor ook gery, of nee, hy het vliegmasjien gespeel en twee stukkende knieë was die gevolge. Was die nie vir Charlotte se medelye en ‘n paar slukkies keddens nie, was hy voorwaar nie eers meer boerasem nie. Onder heerlike eikebome slaan ons kamp op nadat Loïe en Muskiet (Joy) en ou lang Aal eers die varkens so effens verwyder het. In ‘n pragtige Lady Anne Barnard badjie tussen die palmiete kan die dames hulle reiningsritus ondergaan, terwyl laer af, die hout en water, blikke en blikke water na die kampvuur dra?!

Die aand om die kampvuur gebeur die groot uitsleep van die toer. Veral ou lang-Aal en Gerg en Mike moes dit gewaar. Waarvoor nie somaar vir ou Benshute ook nie – want sy broek raak gestop. Maklik ‘n los een daardie! …. en toe die hekelvraag van mnr Graham aan Bertie waarom hy dan by die C.S.V.-kamp uitgeskop is -en Gert wat antwoord: Hy het ‘n boek gelees. “How to make love in six easy lessons.” Het mnr Graham se aspirasies dan nog nie verdamp nie ….?

Daardie aand slee Goeblics (Daan – seun) vas en Gert lag hom vas en totaal uitasem vir Danie Brink se bakkies as Martin sy blare met iodium dokter.

Die kole brand laer en eindelik Juffrou Robra se “Nag, Here!” laat ons besef dat nog ‘n dag verby is.

Honderde duisende voëltjies het ons wakker rinkink nog lank voor Joy se: “Opstaan! Opstaan!” geblaas het. Maar Ded Mike en Daan Brink raak eers tot ware ontnugtering toe hulle in die waterslootjie beland waar die varkens die aand geslaap het.

Vele sake word smaakvol ingerig op so ‘n toer: onder andere het die gebruiklike vadoek vanmôre in die Papblik beland maar dit was nog niks in vergelyking met wat in die Dameskamp aangaan nie. Hettie staan veilig agter die beskermende takke van ‘n eikeboom en sy was sowaar Ded se varkwater-episode-pajamas in een van Jean se kosblikke.

‘n Groot squeal word ook opgetel deur Charl en Johan van Blommenstein: – Wie het oom Dirk se Dood se sak gesien? Het Jean die skottels daarin of slaap Raymond nog daarop?

Woensdag se stap langs die teerpad, waar Gassie telkemale ‘n siesta geneem het bring ons eindelik by die see – by Onrust. Reeds voor middagete was ons daar en kon ons in die branders gaan speel. Hier moes die toontjies dokter ook sy “suntan oil” uithaal want mense soos Nellie en Lettie se ou neusies is al baie rooi – om nie van Muskiet s’n te praat nie.

Na middagete neem oom Bill se groot vragmotor ons na Hermanus waar Juffrou Robra ons mildelik trakteer op koeldranke en koekies.

(Wat gebeur “all die while” in die kamp?) By Voëlklip het sommige ywerige vriende gaan swem. Hulle was mense soos Louis Bosman, Massie, Louise Gie en andere wat maar eenmaal in ‘n skrikkeljaar die seewater sien. Ondertussen vind Koot & Co, hoog en droog bo-op die rotse die fratse van Charlotte, Jean en Babs en Machael du Toit veral baie snaaks as ‘n skielike groot brander die dames effens hoër vat as hulle veilig ingesteekte rokkies.

Daan en Gert se pannekoek bakkery van die middag – ander die sorgvuldige, vroulike toesig van Christine Rademeyer het hulle so inspireer dat hulle hulleself waardig geag het om daardie aand al die dames te skiet vir slee. Maar wie sê: Juffrou Robra en haar vriendinne bou drie heerlike groot spinster sleë, en slee baie warmer as wat ooit die geval sou gewees het in die harlekyne se slee. Die lewe is soms baie bitter – Toe Charl en Babs uiteindelik weer kan saamslee, kom die klomp Huis-ten-Bossers en sleep Babsie sonder seremonie uit en gaan hulle toe almal om Charl sit. Later word uit sy eie mond gehoor toe hy by Babs klae: “Ek het so ‘n groot ou gek gevoel, en nie geweet watter kant toe nie.” Hoe zijn de Helde gevallen!

Tienie Mynhardt, wat die oggend maar uit Stellenbosch vertrek het per fiets sluit hier by ons aan nadat hy +6 myl gestap het die laaste ent toe sy fiets se vurk gebreek het.

Jean was verantwoordelik vir ‘n besondere paar nommers om die kampvuur die aand. Nadat die fluitjie geblaas is vir stilte in die kamp, het dit nie lank geneem nie of die brandergedreun voer ons na Kammaland.

Op melk en botter in ons pap voer Joy en Jean ons die volgende môre en ons stap aan van Onrust strand deur Hawston en deur swerms en swerms muggies na die mond waaroor ons met skuite geroei is. Vandaar al langs die kus tot by Kleinmond waar ons gemiddagbrood het en in die son gebak het.

Die kampplek vir die volgende twee nagte en ‘n dag was by die groot brug oor die Palmietrivier waar somaar heerlike swemplek is, selfs spontaanswem entoesiaste kon hier na willekeur hul spontaniëteit laat geld.

Daardie einste Donderdagaand was dit toe die eerste toeriste se aand al het die lepels en potte en panne en selfs die seep en skropborsels meer “shine” gekry as die BT-Kaners self, of liewers as die mense wat eers BT-Kaners sou word nadat Gert hulle ingelyf het met: “I know.”

Vrydagmôre is tevergeefs fluitjie geblaas vir opstaan. Net so hier en daar staan een ou op en sug so effens en trek dan lui, lui die kakie aan. Die oggendbrood is vaal konfyt en wil nie smeer nie.

En waar kry Louise Gie dan nie daardie môre haar koffie en brood in die bed nie – voorwaar ‘n hoge idee daardie.

Al steurende element daardie aand om die kampvuur was ‘n Parrak met ‘n koue pens in Danie Brink en Charlotte se drinkwater en ‘n krap in die spinster slee tussen Lettie-hulle se tone en waarvoor ou Daantjie skoon die bosse ingevlug het en waaroor Johan van Blommenstein en sy manne vir Gert ‘n tawwe borsel gee waaroor Goeblicks toe inspring en toe al die houe kry. Maklike “Pals” daardie twee – ou Gert en Goeblicks.

Saterdagmôre is gepak en +11 lorrie-laai entoesiaste maak hulle verskyning. Nou op BTK as ‘n mens danig graag lorrie laai, ry jy mos somaar ipso facto ook en dit weet mense soos Nellie Burger en Louise Gie en Babs natuurlik. Selfs oom Bill moes later sê dat hy twyfel aan deesdae se seer voete of die verband om Erina se enkel. En net daar doop oom Bill die klomp as die Siek T.K. en later: Siek en Ryklub.

Daardie was nou rerig ‘n hoge “party”, want siek mense moet voedende kos kry sodat elf eiers, ‘n halwe stuk beeswors, een lb botter en een brood daarmee heen is by kampplek die middag. Diegene wat nie aan die Siek-T.K. behoort het nie het deur die berge langs die rivier gestap tot by Mont Teith.

Almal het spontaan geswem met middagbrood maar eers nadat kampverdeling gedoen is. Daar was Erna veral bang dat sy sou afdrywe na die mans se swemplek en Jean was skoon “gerattle” toe Benshute somaar spontaan uit die water verskyn nadat die meisies al terug is.

Gassie en sy maatjie – Cobatjie bly toe langs die pad om te rus en om ook somaar hulle ou koffetjies vry te spring. Hulle sit liewers en wag langs die pad dat Piet Treurnicht vir hulle brood van die swemplek bring waar hy sy baadjie vergeet het wat Gassie in sy rugsak dra. Maar hier begin die groot Intog na Jerusalem. Eers daag Berthold en George Stegmann (Eppie) op met yslike rugsakke vol komberse en ‘n hond en tel somaar dadelik groot squeal op oor die onvriendelikheid van die Siek-T.K.-lorrie wat hulle nie wou oplaai nie. Berthold sweer hy het tot op dese dag nog nie vir Daantjie Brink vergewe nie – want hy groet net en stop nie die lorrie nie.

Later in die dag daag Tjaain Smith, Frances Marx en Isobelle Murray – Dêd se vrou – op. Joy wil somaar dadelik van Frances weet hoe dit op Harrismith gaan. Fransie en Sarah kom ook lateraan daar aan met hulle tentjie en hul fietse. Maar ons was nog nie genoeg nie. Chris van Reenen en Abrie Oosthuizen stap ook die ligkring van die kampvuur binne nadat die eerste kampvuur nommer al afgehandel is, naamlik: Pa Joy Kowitski en sy seuntjie Charlipotski wat motor ry. Die “Gallery” slee van Huis-ten-Bosch ontvang Abrie en Chris met blye juigkrete wat veral duideliker blyk lateraan toe Charlotte Webb, Chris se ghitaar glad dra.

Een van die oulikste nommers die aand om die kampvuur was die een van Goeblics, Fransie en Christie Greyling. Fransie pas besonder mooi in sy rol as die koerende tortelduifie en as Daan – sy reiervlerke so lig, kan mens nie glo dat hy hulle kan sleep ook nie.

Nadat die dames nog tee tot laat om die kampvuur gedrink het en die wat gesigte in die kole wou sien ook al onder die komberse ingekruip het en toe selfs Erna se lagkassie bedaar het, was daar ‘n vretvae en ‘n sagte gefluister uit ander dele van die kampterrein. Saggies klink oorbekende wiegeliedjies deur die nag. Lieflik is dit om so deur jou drome die serenade van die mans te hoor. Sommige van die dames het nie eers meer die laaste strofes van: “Slaap nou soet lief nooientjie”, gehoor nie want hulle was reeds in kammaland omdat hulle weet dat hulle dit weer sal hoor ….

Omdat die volgende dag Sondag is, het die opstaanfluitjie nie so vroeg die slapendes gesteur nie. Maar daar was reeds heelparty op wat nie meer moed het om op die harde aarde te lê nie. Hulle het liewers ‘n vroeë swemmetjie gaan vang in die dam.

Dêd-jong het die diens waargeneem en uit sy hart uit propaganda gemaak vir werkers in Niassaland. Iets baie tipies van hierdie toer was dat die grootste gedeelte van die twee Sondae-oggende omgegaan het deur gewyde liedere sing. Dit het baie byval gevind daar onder die ope lug op die reisdekens.

Groot was die blydskap onder die blikwassers toe al die nuwe aankomelinge mans die blikke moes was. Die middag het die grootste gedeelte van die toeriste na Duitse vriende gegaan wat hulle vantevore trakteer het. Daar het hulle ook in die rivier gaan swem. Andere ou luies het maar bly slaap onder die bome. Dedjong het ‘n storie gelees van ‘n klein Giraffe wat nie kon straddle nie en andere soos Goeblics het maar briewe geskrywe. Een van die beste nommers wat Bert Heyns gekry het vir die kampvuur die aand was ‘n tweesang deur Erene en Flip Oosthuizen wat ‘n Xhoza liedjie gesing het. Maar selfs dit kon die spanning wat daar onder sommige en later almal beetgepak het nie breek nie. Erina krap ongeduldig en half verleë met ‘n stokkie voor haar in die sand. Eindelik hoor ons motorremme – Joy peil weg in die donkerte – skielik – eindelik twee gedaantes wat die vuur nader – Rynier!! Soos uit een keel roep almal en bondel om hom te groet – ons leier van vorige toere! Net een ou krulkoppie leun op Martin se knie. Ded sluit af en al sittende sing ons slaapliedjies rondom die mooite kampvuur van die hele toer. Die wat belang daarby het, bly agter om vir oulaas: “Vaarwel geliefde BTK” en: “Nog ‘n toer is verstreke” te sing, terwyl andere soos Miemie en Miems net woes spook in die tent om ‘n slaapplekkie te kry want die eerste druppels het reeds al geval.

Die volgende môre het Chris Greyling en sy manne somaar maklik die tente op die dames laat val, ten spyte van die feit dat Martjie Oosthuizen geklae het dat sy deurgeslee is. Babs en Erna se krulkoppe is al wat by die kombers uitsteek langs ‘n stapel leë kiddens blikkies by Erna se kop.

Na halfpad se stap en halfpad se op ‘n lorrie ry waarin fyn bemesting orals rondwaai, kom ons eindelik op Elgin-stasie waar ons eers later die middag ‘n trein sou kry.

Hier kom oom Bill die orde van die vuurpyl en ons sê: “Baie dankie, oom Bill. Ons sal jou nog baie lank onthou!”

Kele raak seer en monde droog, maar op daardie ou treintjie na Stellenbosch sing ons dat dit voel of dit nooit mag end kry nie.

Ingehak en steeds singende stap ons deur Stellenbosch se strate en roep mekaar by ds Louw se huis (Dêd-jong en Hettie s’n ook) totsiens toe tot die aand, toe ons in die Uitspan bymekaar gekom het vir koffie of tee of melk of Coca Cola – Nee Sarah, geen melkdranke nie!

Nog ‘n toer is dus verby maar almal het saamgestem dat dit ‘n heerlike toer was, en dat ‘n ieder en ‘n elk dit terdeë geniet het en lank sal onthou dat:

Waar die see se branders skuimend
Teen die hoë rotse slaan
Het die BT-Kaners op hierdie
September-toer gegaan!

Anneke Rossouw
(Sketsskryfster)

Gelees by kampvuur van die Toer-Reünie op Vrydagaand 12 Oktober 1945.

INDRUKKE VAN TOERISTE! September 1945

” …. en dit was Volmaak”

Kan dit die maanlig deur die fyn eiketakke wees Vrydagaand of was dit al eeue gelede so voortbestem? Waarom dan die verlatenheid? Die eensaamheid?

Bedags jaag jolige-vrolike liedjies en geskerts dit weg. Die vinnige stap deur die klowe en oor die verste bultrondinge stoot dit na die vergetelheid. Maar dit kom weer. Saans net voor aandete, met sononder. Net voor Joy se fluitjie blaas vir queue, as ‘n paar van ons lediges op die klaargemaakte sleë rustig rondlê dan kom dit weer. Dit is nie ‘n ware iets nie. Dis maar net asof almal so ver weg in die binsterland is en jy alleen hier tussen die golfrandjies staan met jou rug na hulle en jou blik voor jou op die deining. Dis ‘n eensaamheid waarvan jou siel hou.

Onwillekeurig dink jy aan toere wat verby is – toe dieselfde ondervinding nie so duidelik was as op hierdie toer nie, want toe was daar ander toere nog in sig. Jy dink aan tye van swaarkry met jou maats, hoe jou bewondering en respek vir hulle mettertyd gestyg het. Hoe jy geleer het om hulle vriendskap te waardeur en as een van jou kosbaarste besittings te beskou. Jy dink aan rustige tye toe jy en nog ‘n paar ander tot laat in die kwynende kole gestaar het.

Op ander toere het die jolige vlamme jou tot lewe en moed inspireer maar op hierdie toer het die kole ‘n ander taal gepraat. In die gloed het skimme rondgespeel en roekeloos met jou verbeelding tekere gegaan en dan verdwyn, en jou alleen daar gelos, so intens alleen was jy daar.

As jy so sit hoor jy ‘n stille geroer deur die eikeblare, wat is soos die gefluister van verre stemme van jou maats van vorige toere, en jy besef dan dat ook jy soos hulle gaan word, – maar net skimme op BTK-toere. Reeds is jy met jou rugkant gekeer na toere wat nog sal kom. Nou moet jy genoeg moed bymekaar skraap om op ‘n ander staptoer te gaan. Daar sal dit nie Joy se fluitjie wees wat aankeer nie. Ook daar vergesel geen jolige stapliedjies jou nie. Daar keer jy nie in die aande terug na ‘n kampvuur wat jou vriendelik toewink nie. Jy hoor – terwyl jy op die sleë tussen die ander klompie sit hoe die jolige Goeblics en Gert by die kokke skerts en lag.

Jy wonder dan of hulle ook weet ….! Jy weet dat hier op hierdie ander staptoere ook laggies sal opklink maar sal hulle ook aan jou vriende behoort? Jy sal luister en dan die stemme van jou vriende hoor maar hulle is so ver weg. Jy is alleen!

Bo jou kleur die sonsondergang die eikeblare so effens met goud. Dis die tyd dat jy intens bewus daarvan is dat jy maar ‘n swerwer is. Waarom die verlatenheid? Waarom op hierdie toer? Moes dit so wees? Was dit hiervoor dat jy kom toer het? Wou jy dit vind? Wou jy die kole toelaat om met jou so te praat soos daardie laaste aand? Wou jy luister na die vreemde stemme wat jou roep? Wou jy vir oulaas kom luister na stemme van jou maats?

Ja jy wou; dit moes so wees en daarom het jy kom toer! Vir jou was dit volmaak en het jy bereik waarna jy gestrewe het op BTK. Jy het gekry wat jou grootste drang was op die toere, daarom is hierdie een jou laaste toer, en moet jy nou verder weg.

Nou mag jy nie meer bly nie! BTK-toere is nou vir jou vir altyd verby.

Deur een van hulle!

VAN ONRUST NA PALMIET

Dit was maar weer ‘n oggend soos alle ander oggende:

“Oh, it’s nice to get up in the morning,
but it’s nicer to lie in bed!”

Party van die heel malles het al vroeg gaan swem, teryl die minder malles tevrede was met ‘n klipperige springekspedisie deur die moeras na ‘n verlate waterkraantjie toe.

Toe die groep begin stap het, is dit gevind dat Dêdjong, weens sy heldhaftige optrede (of was dit aftrede?!) van die vorige dag heeltemaal buite aksie was en dus moes lorrie ry. Die res het die pad oor Hawston na die mond van die Botrivier ingeslaan. Nie te lank nie, of ons het tot die ontdekking gekom dat daar ‘n swerm muskiete ook op ‘n BTK vlug uit was. Die plaag het op ons neergedaal – en so het dit dan ook gebeur, dat ‘n sug van verligting hoorbaar geword het toe ons by die mond gekom het.

Soos die Israeliete van ouds het ons (onder die sing van die Volga Boatsong) oor en nie deur die water geraas, en die land van die plaag agter ons gelaat. Die anderkantse oewer was nog nie bereik nie, toe moes ons al uit die boot uitklim. Wie het gesê ek het nie my bene vanoggend gewas nie?!!

Party se klere het so nat geword dat hulle bollamakiesie by die sandduine moes afslaan (Joz, jy is ‘n tokkelok! Hou die kamera onderste bo!!). Andere het hulle weer soos “otherwise” volstruise gedra: in plaas van hulle koppe in die sand te steek, het hulle net hulle koppe uitgesteek.

Wil jy nog verder hoor? Is jy dan mal? Die volgende ent stap het langs die see gelê, en dit het baie plesier verskaf. Daantjie Brink het darem te lekker gelag as die meisies teen die branders resies ja, en die see wen!

“O, die donkie, ja die donkie
O, die donkie is ‘n wonderlike ding;
Hy rol in die sand en ….”

Toe ons op Kleinmond kom was die lorrie en Dêd en Hettie al daar. Die groep stappers het hulself dadelik in twee natuurlike groepe opgedeel naamlik die meisies, onder leiding van Erna: “Waar kry jy die Kondens?” en die mans onder leiding van Joz: “Jean, wie erf daardie huis?”

Na middagete is die kampvaders en -moeder met die lorrie weg na Palmietrivier om na ‘n kampplek te soek. Die res van die geselskap het in groepies opgedeel. Party het gaan swem, of langs die Kus gaan stap; andere het gaan kondens soek (Erna nog steeds die dappere voorbok). Teen halfvyf was die lorrie terug met die goeie nuus dat ‘n lieflike kampplek (Let Wel en Badkamer) vir ons op Palmiet wag.

Op Palmiet het almal weer gretiglik na die skoonheidsmiddels (BTK-patent) gegryp. Noxcema is ‘n goeie illustrasie vir die gesegde – “Sy blink van skoonheid”, en Calomine Lotion is verantwoordelik vir “daardie liefdlike melkwit vel”.

Deur Brigette Papendiek

“WEER ‘N TOER!”

Die vaak het nog soos reënvlae oor my getrek toe ons die oggend die toer met ‘n lorrierit na Kleinplaas begin het. Toe ek my omtrent net weer gekry het tussen die bondels vaak, toe seil die Suidoostewind onder my blaaie in en die reëntjie sê – “Hier is ek!”

En dit is toe mos net daardie slag wat Martin op die voorpunt aan die lewe gaan soos ‘n Zoeloe toordokter wat die “jitterbug” erg sterk vat. En die halwe vyftig van ons ruk ons toe reg en ons bewe suiwer agterna deur deurkant, dan weer anderkant die rivier Vyeboom toe. Selfs toe ons middagete gemaak het, het ons soos Hawaii danseressies die bewetyd, soos die Hollanders sou sê, “through gecarry”.

Dit was ook nie honderd jaar nie toe bewe ons deur die bosboustasie tot by die vuur en die groot droogmaak van September begin. Daar het Gassie Theron van sy akute aanval van koue voete ontslae geraak en het Daantjie Brink nie weer so groot soos hy is geknotter-knotter nie. By daardie vuur is vir jou drooggemaak en drooggemaak. As ons akademies altyd so sou droogmaak vrees ek was nie een van ons al ons eerste jaar deur nie.

Man, en ek en Dêdjong en ag, ek weet nie wie nog nie, loop toe die afdraende af en ek vertel nog vir Dêdjong wie my oupa se ma se suster was, toe slaan my hart amper bollemakiesie want ons kom toe op ou Koekie af! En Koekie kyk ons so op en af deur, en wonder toe net wat ons hinder. As hy maar geweet het dit was maar net klere van Goeblics wat nat was, ek wil amper sê dieselfde wat later so ‘n dramatiese verskyning in Seun-hulle se slee gemaak het!

Op Eerste-hoop het ons vir oom Bill gekry. Sy naam het verseg om met “Joz se verf”, op die wit enamel bekertjie te staan. Dié maak egter blywende indruk op Pixie, en hoewel sy, soos Joz sou sê “geratel” was, is die “ratel” op Elgin gevuurpyl na iets meer tasbaars. Dit is toe daar waar Goeblics so “nevermind” raak en hom probeer verdrink in die drinkwaterblik. En toe hy daarin nie slaag nie, toe raak hy mos los! So los dat ek gevrees het hy sy “wingnuts” gaan verloor. Ek hoor Gert het hulle darem al aande met oom Bill se lorriesleutel ‘n bietjie vasgedraai!

Op pad Onrust toe, toe raak Martin Blignaut se “Caution”-liggie mos uit orde, met die gevolg dat hy in ‘n soort van verkeersmoles beland. Buiten dat hy enige “patchwork” aan sy agterbande moes doen, en sy “modderskerms” hand in die sy gestaan het, was hy verder darem nog redelik padvaardig.

En op Botrivier kry ons toe mos vir mnr Graham, en niemand anders as Bert Heyns nie! Hy het ‘n paar dae op Bainskloof uitgehou, en toe maar, soos hulle sê, sy “halfjack” by die huis laat staan, en onder meer rustige omstandighede by die BTK te kom raas. Dit was glo ‘n “deux ex machina” want met daardie selfde “halfjack” het Berthold Pauw die “een-one” waarheid laat herontdek, naamlik dat ‘n kombers ‘n groter en swaarder ding is om te dra as ‘n bottel!

Op Palmiet, ag ja, daar het die Krokkejees toe mos vir Dêd gebyt, en ons kon hom daarna met ‘n span van sestien osse nie braa’s kry nie.

Fransie het toe sy twee jonstes, wat glo twee arms vol was by die begin van die toer, as’t ware vergeet en ‘n baie aangename klomp maats met hom saamgebring.

Van Palmiet af het Daan Goeblics, ek en Martin baie, sal ek maar sê Volkekundig geraak. Ons het Kafferliedjies geleer, en vir die pure grap kieries geswaai, en die toggie op ‘n poslike wyse in die kostent afgesluit – ons het dié keer darem nie vir Jean “gerattel” nie.

En nou sit ons en kyk vir die laaste keer kampvuur van hierdie toer.

En maats, ek sê vir julle: “Vaarwel”, en soos ou Jonas sou sê: “E dumela tsama é-nantlê – êhê.”

Koot Niemand
(vir Sketsskrywer)

VAN DIE KOOKVUUR VANOGGEND TOT DIE KOOKVUUR VANAAND

So teen die derde-vierde dag van die toer sou ek my nie eers weer laat vermaak het van ‘n verebed nie, veral die vorige dag se harde stap en die koffietjie gisteraand om twaalfuur by die kookvuur ….

Sesuur het ek die slaap uit my oë gevee nadat Boss Joz se wekker se eerste trieng-trieng my ontruk het uit Kammaland. Party môres het ek vir hom lê en wag …. Gert het altyd die lanterntjie opgesteek en daarna het ons in die kakie ingespring, met ons bloupak en witpak bo-oor. (Gert hoef nooit ‘n nekdoek aan te sit nie, want hy slaap ‘n BTK-slaap – nekdoek en al) – dit help glo vir vadoekneksiekte. ‘n Paar oggende het ek saam met Martiens of Dêdjong, die paddebe gaan “rattle” ….

Dan gewoonlik pak ek die vuurtjie aan, wat maklik brand sonder vuurhoutjies, met die hulp van gisteraand se kampvuur kole, en ‘n paar gellings asem. Gert gaan vir Jean wakker maak. Ek wou haar ook graag een oggend sien wakker word, maar het nog nooit so ver gekom nie. Met die billiekan en twee blikke water op die vuur, en by die aangenaam gesellige vuurlig, is daar dan gewoonlik ‘n tydjie rustige stilte om dankie te sê vir die rus van die wag en bidding af te smeek vir die dag wat kom.

Die billiekan kook. Gert maak koffie, en ek maak die meel aan om klontjiespap te voorkom. Martin-toontjiesdokter, help gewoonlik om die koffie in te skink, en Joz en Daantjie (Jors) wat nie anders as met ‘n beker koffie wakker gemaak wil wees nie – kry hulle s’n. Heerlike oggendure hierdie! Die Kabbeling van waterstroompies, die duif gekoer en mossielawaai maak die stilte wat dieper om die veraf haangekraai tot soete melodie te verryk.

Jean kry ook haar koffie, veral as daar kondens in is, en as die oggendbrood vroeg genoeg is, word hulle ook nie afgeskeep nie. Daarvoor in ruil begin ons ontbyt gewoonlik met brood – nog lank voor die opstaanfluitjie – want Joz lê nog diep in die “vere”.

Oom Bill is ook lankal op – baie oggende wen hy ons nog en hou ook sy beker nader.

Die water kook nou en die meel kom in en om die beurt roer ons -oom Bill, Jean Martiens, die papkokers of ander vriendelike bystanders. Die sout word op die laaste oomblik onthou en ek het mettertyd ‘n fynproef ontwikkel. Die oggend in die bos het ons die vadoek ook onthou, die blikwassers wou hom nie skoon maak nie – daar het amper ‘n kookwaterkwessie ontstaan.

Om ‘n queue te kry moet vyf en ‘n half keer op Joz se nommer gedruk word – hy is baie lui soggens – en die pap; en die pap word bestempel as wonderlik veral met botter en koeimelk.

(Eersgenoemde het ek natuurlik elke oggend gehad – en hoe?).

Die ou beddegoedjies stop mens sommer een, twee, drie – nege in en as ek lus het vir vragmotor ry is ek net ywerig met die laai -dit spaar verbasend baie energie.

Die dag het begin en met seerderige voete amper verby – ses sny middagbrood – dalk ‘n skuit oor die vlei en stap in die golfrand – ‘n stywe aandete en ‘n aangename kampvuur, kom ons weer by die “bootjie van Kammaland” en “Goeienag dames” …. maar moenie glo Gert en ek begin eers slaapplek soek en ons beddegoed oopgooi en wag dat die singendes by die kampvuur moet verdamp – dalk nog vir Jean help Jellie maak en stadigaan die vlammetjies by die kookvuur aanblaas – die billiekan daarnaas. Heerlike koffie smaak altyd die lekkerste …. swart natuurlik en Martin sorg vir die Pyotts pakkie!

Ons gesels in gedempte stemme, die wind sing sag deur die boomtoppe, paddatjies en kriekies help die waterstroompie af – veral golfslag en die kole – lieflike kole – gloei rooi as die windjie hulle aanblaas.

Die bekers is al koud …. Joz en Martin se sigaretstompies lê al in die kole …. Juffrou Robra skiet my om môre-oggend vroeg saam te stap …. Nog eers ‘n paar grappies …. stilte en gloeiende kole.

Die afskeid bed toe kos ‘n inspanning en die tam lede soek lui-lui na ‘n lê plek. Gert slaap al. By lanternlig word die dag afgesluit met die Skepper van die wonderlike Natuur en Hom wat ons heeldag bewaar …. en die bootjie van Kammaland voer my weg – weg – weg ….

Vaarwel, maats, vaarwel papblik, en billiekan. Lank sal ek die BTK onthou in die verterende hitte van helder gloeiende kampvuurkole.

Danie Joubert – Goeblics
(vir Sketsskrywer)

HERINNERINGE – SAL ONS VERGEET?

Joz Theron: rooi en blou kêp om drie hare te bedek – vals fluitjie – aangename leier – maklik ‘n los man.

Jean Marais: altyd besig (met kos) – vriendelike, beminlike en teruggetrokke kosmoeder – smôrens vroeg op die been – goeie geselskap vir die papkokers – en meestal “gerattle”.

Danie Luckhoff: laat slaap – koffie in bed – beursdraer.

Martin van Rooyen: vroeg op – het altyd ‘n los pakkie beskuitjies vir oggend koffie – toontjies-martelaar – hou net van baie mooi meisies.

Juffrou Robra: ook vroeg op – goeie geselskap vir papkokers – beter gesêlskap vir Dêd – altyd lewenslustig en vol entoesiasme -werksoekende kosmoeder.

Johan Louw: Dêd – familieregister man, met los remme – altyd stappende koliekvoete – aangename geselskap – getroue lid van die tentekomitee met ‘n los werkie as kampvader.

Danie Joubert: “Het geen rus by dag of nag” – papkoker – lakei van Dêd – Golden Nektar en pannekoek (gebak deur Christien) – swem smôrens in paplepel saam met Joz – maklik ‘n los man op toer maar gebonde op Stellenbosch.

Oggend brood: Vaak gesiggies – lekker korsies vir papkokers en helpers – nogal gawe nooientjies.

Middag brood: min gesien – veel gehelp – tog ‘n lekker klompie bymekaar.

Groente skil: lekker ou skinderklub – gretig vir hulp van buite – altyd laggende selfs as hul nie “kerwe” nie.

Kokke: lekker kos – werk volop vir rondstaandes – het nooit honger as hul die dag gekook het nie – betraande oë.

Danie Brink: padda-vrees – vrees vir alles met ‘n koue pens – mooi gesig wanneer Martin sy blare dokter – toer met ‘n vaste doel (egter nog nie bereik nie – lekker lag – konvenor van blikwassers – weet nie wat om met sy hande aan te vang as hy tussen twee nooiens sit nie – geen negatief beskikbaar.

Piet van Jaarsveld: Lang Aal – stemmig kalm – stil – bedees – wetenskaplike stoker – “wo-wo” – “Ek wonder wat my hinder!”

Die Res: almal verantwoordelik vir ‘n lekker en aangename toer.

Gert Luckhoff

VRYDAG KAMP BY PALMIET

So kort na oggendete kry vier van ons eerwaardigste kampvaders ‘n terdeë pligsbesef. Hulle moes naamlik Kobatjie se oë red deur haar gesig met Calomine in te vryf, en dit al toer sy op eie risiko. Wel, die vier, dit wil sê; Joz, Daan Lückhoff, Martin van Rooyen en Gert Lückhoff – ag, mens kan maar sê hulle was vyf, want was Daan Goeblics nie bly die “cascades” nie! Hulle bekruip toe vir Koba deur die bosse, terwyl Seun kamstig vooruit gestuur word om Koba voor te berei vir die besoek – lê hulle haar voor en voordat sy en haar krullers, twee pakke pajamas en beddegoed kon laat vat, was dit ‘n kwessie van “manne ons sê nie, ons doen”, (ja, veral ons sê nie!). Nie eers Koba en Seun se “Is julle dan mal?” kon hulle keer nie.

Natuurlik was al die dokter se assistente nodig, want Koba kon dalk skop! Ons gaan in elk geval nie twyfel aan hulle motiewe om in die meisiekamp in te sluip nie, veral omdat party van hulle andersins vas manne is en hul tog die toer se belange sterk op die hart dra. Verder moet ons sê ons het nie gesien dat Joz of Daan hulle kameras gebruik nie.

NASKRIF – LATER: Koba sê sy is niks meer geratel nie en haar oë het nog nooit so lekker gevoel nie. Sy sien ook kans om vanmiddag en môre nog ‘n “tan-tjie” op haar gesig te kry.

‘n Klompie ouens besluit so ‘n bietjie later om in Palmiet se see te gaan swem. Oom Bill het ons genadiglik daar naby afgelaai en die afspraak was dat die lorrie die groeteskillers om elfuur daar sou kry. Goed, stiptelik elfuur sit die groenteskillers plus ‘n paar luies al by die bruggie (onder die bruggie in die koelte, behalwe Nellie Burger wat bo-op die brug nog gou ‘n stukkie tan wou vang. Die geselsie was so ‘n regte ou “skinderparty”, onderbreek deur ‘n lastige mier en sulke benoude gevoeltes van Nellie dat die vragmotor aan die kom is wat dan gewoonlik gevolg is deur hals-oor-kop-pogings om haarself ongesien te kry. Die end van die storie is, dat sogenaamde BT-Kaners, wat hulleself stappers noem, vir ‘n volle drie-kwart-uur presies ‘n ¼ myl van die kampplek vir die lorrie sit en wag het.

By die kamp sit ondertussen drie omgekrapte kokke by ‘n paar sakke ongeskilde groente, waarvan die groenteskillers glo niks geweet het nie. Toe ons daar aankom was die stappende swementoesiaste ook net mooi daar. Weens baie onoffisiële hulp het die groenteskillers toe darem glo oor die weg gekom. Een ding is darem seker; daardie sittery was die oorsprong van ‘n mooi klompie hekelvrae – né Nellie!! Nogtans is die vraag van ‘n ieder: “Is julle dan mal, hm?!”

Toe gebeur die eintlike ding van die dag: ‘n Donker skaduwee het voorwaar gehang oor die kamp. Daan Goeblics se baaiklere het naamlik verdamp, skoon verdamp ja, hulle was nie eers in oom Dirk se dood nie! En dis toe wat Daan – en sy “luitenant” natuurlik ook – besluit om al die toeriste se borde te vat. Hul was roekeloos en het al die klub se registrasiemaatreëls sonder te blik of te bloos oortree. Die doel heilig tog immers die middele. Hoe hulle wakker breine van baaiklere tot by borde “getravel” het, weet ons nie, maar dit was daar. As Daan die borde deur een of ander hoë ingenieursmetode tot baaiklere kon kondenseer is ons tevrede, en selfs bly dat ons al die ongerief moes deurmaak.

Dis egter wat ons nou na rustige oorpeinsing voel, maar op daardie tydstip het ons teenoor wie ook al die diewe was, meer gevoel na: “Daai is nou darem wat ek noem dirty!” en Nee, pelle, is julle dan laf, is julle dan mal!!

N.B. Die hardste squealers was juis die twee diewe en dis toe net daar wat ons die eerste al die snif in die neus kry, dat dit weer ons twee haarlekyne se werk is.

In elk geval daar is geëet uit groot groenteskottels, diep emmers (dit was natuurlik Bert Heyns se malligheid) panne, groot en klein, bekers, en Tienie Mynhardt het hom ewe waardig behelp met ons ou vriend die wit soplepel. Die vreugde was groot toe die papkokers al die eetgereedskap moes was, en ja, die stomme blikwassers het so ‘n ou asemskeppertjie gekry deur die tentekomitee se goedgunstigheid.

Die middag na ete was dit die gewone ou “lê-sit-party” van ‘n klomp vaak mense. Die middelpunt van die bondel was eintlik “O, dinges”-spelery, aan die lorrie se regterflank. Hier het die Wilgenhoffers – net omdat hul sterk in oefening is – glo veral uitgeblink. Die konsentrasie van die spelers was uiters, maar tog was daar so af en toe ‘n ou kansie vir ‘n sê-dingetjie. Onder andere moes ons hoor van Gassie se gebruiklike “cold glance” wat die meisies glo sommer so dubbeld laat vou van skrik en bewing! Die groot kenmerk van die middag was egter die “flying compliments”.

Die een lê glo die hele kombers vol, daai ene babbel te veel en daai ene raas weer te veel en so aan, want sommige mense het glo die middag gewy aan intensiewe studie van betreklik klassieke werke en ander het weer geslaap om hul potensiële energie te bewaar.

Hier teen etenstyd gewaar ons toe maklik ‘n hoë kunsuitstalling wat enige kunsliefhebber se hart sou streel. Ja, ons het geweet ons harlekyne is begaafde kinders maar wie het kon dink hul sou ooit sulke mooi “prentjies” kon verf! Daar was die mooiste ou poppies en aan die anderkant weer die grilligste kopbene. Die blikke swartverf is in elk geval mooi leeggemaak. Ek weet nie van julle s’n nie, maar my “prentjie” is ‘n werk vir die eeue!

Die dag van gebeurlikhede is afgesluit met ‘n hoge kampvuur, met ‘n treffende verskeidenheidsprogram. Alle moontlike kunsrigtings is verteenwoordig. Daar was byvoorbeeld – die plat-realistiese – dit is Louis Barry se “acrobatics” – die epies dramaties-liriese – dit wil sê Ockie se digterlike ontboeseminge, en bo alles was daar die skone, hoë, reine liefde van twee los siele in die maanlig. Ja, en ons mag nie vir een oomblik die aanskoulike toneeltjie vergeet wat gekenmerk is deur die vinnige, innige, lewendige verteltrant nie. Dit is immers so ‘n getroue weergawe van wat in die siel van die vrolike BT-Kaners omgaan. Die toneeltjie het ons tog so ‘n insig in die karakters van menige mede-toeris gegee. Onder andere het ons hier ervaar dat Muskiet ‘n “porsh” op Lang Aal het, en dat dit miskien nie beantwoord is nie. Verder weet ons nou dat Juffrou Robra amper net so bang is vir ‘n by as Daantjie Brink vir ‘n parrak, ensovoorts.

Almal sa egter saamstem dat die aandoenlikste van die aand die rinkeling van huweliksklokkies, die wegvaar van ‘n huweliksbootjie sonder ‘n stampie of kantelinkie, was. Die gelukkige paartjie se voorkoms voel ons almal, verdien verdere melding, want die pragtige details het sommige miskien ontgaan, ‘n Mens dink onwillekeurig aan die waarde van ‘n digter van ouds – “was ooit so ‘n dag was ooit so ‘n bruid!” Die fyne pikante bruidjie met ‘n vreugdeblos op haar liewe wangetjies en ‘n flikkering in haar ogies, was ‘n toonbeeld van skoonheid. Haar bouvallige tabberd van dik, weelderige Meridian was nousluitend, en het geeïndig in ‘n merkwaardige lang wye sleep. Die tulleslinen was kunstig om haar koppie gedrapeer, en die geurige lemoenbloeisels het alle aandag na haar keurige haarkapsel getrek. Die hoefystervormige ruiker was – nie van outomatiese aromakelke nie – maar van tere, blanke, fyne welreukende bloeisels wat ‘n mistieke atmosfeer om die bruidjie geskep het. Die bruidegom was ook besonder deftig, veral sy strikkie het karakter gegee. Die merkwaardige was, dat hy doodkalm was. Ja, hy het nie eers baie gevroetel om die ring uit te kry nie, en al was die bruidjie links, is die gee-mekaar-die-regterhand knaphandig gedoen. Dié merkwaardige toneeltjie was inderdaad – “The perfect ending of a perfect day.”

Natalia Marais
(Sketsskryfster)

You must be logged in to post a comment