Jonkershoek Gala 1964

Die eksamen is verby (voorlopig, vir sommige) die bagasie is soos gewoonlik hopeloos te vroeg by die pakkamer en ons wag die tradisionele ekstra uur om voordat ons vertrek. Geen busse nie; vanjaar moet die jong akademici baie oefening kry om weer ordentlik mens te word. Die klerkie by Coetzenburg-poskantoor stempel dat sy arms lam word. Mnr Berner (in private drag) druk belangrik deur die tou vorentoe, net om by die toonbank ‘n vrag rooi doekies te voorskyn te haal. Read More

Knysna September 1964

“Wie wil saam die Knysnabosse met ons loop?
Wie wil ook die toue saam met ons swaai?
Hoor, die olifant brul;
Roep julle, kom julle mee?”

Reg olifante, hier kom ons 74 man sterk. Presies om 3.55nm sluip die ekspidisie Stellenbosch uit in hul blou Odendaal-Safari gelaai met geheime wapens, rooi doeke en ivoorringe. Read More

La Motte Mei 1964

Vrydag, 29 Mei:
Sommer by die pakkamer al is dit “Ons stap nou!” en Eben sorg ook dat daar klokslag half-drie gestap word. Die eerste blaaskansie kom darem lekker gou, en wel net om die draai by Coetzenburg-poskantoortjie. Janee, die toer mag nou wel kort wees, maar hy’t darem tjaps. Die arme poskantoormannetjie het nog eers Hermanus se streke van geen-tjaps-gee-nie probeer uithaal, maar die khaki-en-rooi menigtes wat so hul gebou binneval, het hom en sy kollega gou hul fout laat insien, en chip-chop is almal geholpe. Read More

Visgat-Canyons Paasnaweek, Maart 1964

Donderdag, 25 Maart:
As mens die spul BT-Kaners die middag by die pakkamer aanskou en aangehoor het, sou jy nooit sê dis maar net vir ‘n naweek wat hulle gaan toer nie. Daar was oorgenoeg “spirit” vir ‘n volle toer. Veral aangesien dit so ‘n unieke toer met nuwe ervarings sou wees het niemand daaraan gedink dat oor so ‘n kort rukkie die toer verby sou wees nie. Read More