Riviersonderend September 1971

Vrydag, 24 September:
“Hartlik geluk en baie welkom” aan almal wat besluit het om die vakansie weer saam te toer. Dit was nou sommer weer “van de bestes!”

Die wa het soos gewoonlik weer tradisioneel stiptelik BTK-tyd vertrek, dit wil sê héélwat later as wat oorspronklik beplan is. Die bus het net vyf minute laat vertrek, en hierdie buitengewone gebeurtenis het toe sommer vir Sakkie en Tjoi aangespoor om die medetoeriste te vergas met spookagtige arias in die “Sy-verlaat-my-trant”. By die kampplek naby McGregor aangekom, moes die arme waterdraers vind dat die water amper ‘n daguitstappie ver is. Read More

Sederberge April 1971

Dit was nou weer ‘n “well” toer gewees! Die wa moes om half-twee namiddag vertrek het, maar gelukkig vir Dorothy, het dit toe eers vyf minute later vertrek, nadat almal besete geraak het en vir oulaas was dit “Bye” (Ba’-haai) aan Dolfie en al die ander wat ons ‘n lekker toer kom toewens het. Read More