Waenhuiskrans-Uilkraalsmond Gala November 1987

Vrydagoggend, en nog ‘n Gala lê voor (dus: baie weke later en nog ‘n toerskets lê voor).

Die walaaiers het al die bagasie perfek volgens tipe en grootte rangskik en trots teruggestaan om hulle handewerk te bewonder. Die laaiery het vinnig in ‘n lekker bedryf ontaard toe Jannie T en Leon Verster hulle unieke tegnieke toegepas het. Daarna het al die wa-ryers vir hulle ‘n nes geskop om die tog na Waenhuiskrans gemaklik aan te pak. Read More

Drakensberge 1987

Die “sports” het al op die toervergadering begin waar ‘n man van Natuurbewaring die sleepilvoermasjien bekend gestel het. Na berekeninge is gevind dat dié masjien se voertempo van leeg ná ‘n uur hopeloos te onekonomies is vir ‘n rugsaktoer!

Verder is ook besluit: Twaalfuur Vrydag voor Bethlehem se polisiekantoor. Nou na, vanuit soveel rigtings, soveel stories! Donderdagaand, nege-uur het die amptelike BTK-vervoer en Johan van der Vyver se kombi van die stoor af vertrek. Saam met Chris de Burgh en Chris de Burgh en Chris de Burgh het die lang pad voorspoedig gekrimp. Kobus Stoeder se bussie was egter tien kilometer buite Senekal heel moeg gery en Kobus moes terug duimgooi (gelukkig is hy nie melaats nie!) Senekal toe om olie te gaan haal. Intussen het Johan se kombi al nege-uur voor Bethlehem se polisiekantoor parkeer. Read More

Assegaaibosnek

Toerskets …… toerskets?

Sestien paar voete kom toer teen die hange uit. Op pad na bo help oom Bethel eers drie Hervormde predikante om hul paadjie na Eerste Waterval te vind en een gawe tannie langs die pad sê “drink baie bergwater, dit maak jou mooi.” Read More

Sederberge 1987

Half-vier het almal, behalwe party, so stuk-stuk opgedaag en langs hulle rugsakke neergeplof om te wag vir verdere instruksies. Nadat Barry gou “rol-kol” gehou het was almal in die bus en op pad! Of ons het gedink ons was op pad – die sleepwaentjie moes eers afgelaai word, maar dit was net die begin van die “busare” affêre!

Alles het voorspoedig gegaan tot op dáárdie draai. Hier uit die bloute strand die bus sommer en almal was te gretig om uit te klim. Nadat Gustav byna die heuweltjie plat geploeg het, het hy die draai wyer gevat en almal kon weer ywerig inklim. Read More