Knysna-George Gala 1988

Dis Vrydagoggend, 25 November, die akademiese jaar is verby (jammer vir party wat nog moet her) en ‘n lekker bedryf, (soos almal later uitgevind het) lê voor.

Die wa-laaiers het baie fluks gelaai en gou was almal gereed om te vertrek. Met Henry wat vir die sewende jaar die wa bestuur en Jaco Moelich agter die bus se stuur is die pad Knysna toe vol opgewondenheid aangepak. Read More

Weskus: Yzerfontein-Silwerstroomstrand September 1988

Getrou aan die BTK tradisie het ons weer ‘n uur laat vertrek. Aangesien enige pad buite Stellenbosch vir party van ons onbekend is (veral vir Pieta en Ernst) het ons soos ‘n karavaan van kamele tot by Yzerfontein in ‘n konvooi gery.

Kamp is opgeslaan en terwyl die res van ons die aand “deur” die mis verkeer het, het Jan en Anine (?) na ‘n 21ste verdwyn. Ons kos voorrade is dieselfde nag met tien sakkies appels aangevul te danke aan die pragtige sang van die BTK-Strandsangers. Read More

Transkei-Wildekus Julie 1988

BTK-tyd is ook nie meer wat dit was nie – tienuur Saterdagoggend was die waentjie gehaak en die bus regtig gereed vir die lang pad Transkei toe. Dít was te goed om waar te wees en Charl se rugsak het vir die nodige probleempie gesorg. Die 24 uur-lange rit was maar koud en hard, maar so nou en dan was daar ‘n opwindende gebeurtenis soos die vyf minute sonder tannie Miems in die bus, die Milo (wat meer “lo” as “mi” was) en die doeanebedrywe op die Transkeigrens (dit was minder opwindend!). Read More

Sederberg Reünie en April Toer 1988

Paasnaweek was reünie-week, waar sestig jaar se BTKaners weer ‘n slag saam kom kampvuur hou het. Donderdag, 31 Maart, het almal en hulle tentjies van laatmiddag af met die Sederberge se stofpaadjies aangedwarrel gekom, en elkeen een van die plaas, Driehoek, se akkerbome geannekseer. Die vreeslike gedagte aan tweehonderd-en-dertig vreemde mense was een van die eerste dinge wat glad nie so skrikwekkend geblyk te wees het nie. Die mense was ‘n soort BTK-bekend, uitbundig en mal. Vrydag en Saterdag het daar daguitstappies na onder andere Sneeuberg, Tafelberg, Wolfbergskeure, Maltese kruis, De Rif, Disapoele en Duiwelsgat plaasgevind. Die mense wat in die kamp agtergebly het, het pouhokke gebou, uitgerus, en hulle sommer net verlustig in die idee dat daar ander mense is wat moet “swot”. Read More