Sederberg Reünie en April Toer 1988

Paasnaweek was reünie-week, waar sestig jaar se BTKaners weer ‘n slag saam kom kampvuur hou het. Donderdag, 31 Maart, het almal en hulle tentjies van laatmiddag af met die Sederberge se stofpaadjies aangedwarrel gekom, en elkeen een van die plaas, Driehoek, se akkerbome geannekseer. Die vreeslike gedagte aan tweehonderd-en-dertig vreemde mense was een van die eerste dinge wat glad nie so skrikwekkend geblyk te wees het nie. Die mense was ‘n soort BTK-bekend, uitbundig en mal. Vrydag en Saterdag het daar daguitstappies na onder andere Sneeuberg, Tafelberg, Wolfbergskeure, Maltese kruis, De Rif, Disapoele en Duiwelsgat plaasgevind. Die mense wat in die kamp agtergebly het, het pouhokke gebou, uitgerus, en hulle sommer net verlustig in die idee dat daar ander mense is wat moet “swot”. Read More