Bestuursuitstappie na die Pieke

Laat een mistige Woensdagoggend is tien van die bestuurslede die Pieke uit. ‘n Ou tradisie het weer herleef: die nuwe bestuur gaan slaap op Die Pieke! Die swaar rugsakke (gelaai met enigiets van slaapsakke tot aarbeie en sjampanje) het die reeds moeilike tog nog effens bemoeilik, maar die blote gedagte om op Die Pieke te gaan slaap (of om die eerste keer daar te kom), was genoeg aansporing. Read More

Oorlogskloof September 1990

Saterdagoggend, 29 September, vertrek drie-en-dertig BTKaners (sommige met nou slegs die potensiaal om te word) sonder voorsitter en kosma, maar onder die bekwame leiding van Hans en Anine na OORLOGSKLOOF. Langs die pad het Theresa, haar ma, Ann “-everybody’s fan” (‘n oud BTKaner) en Gerrit by ons aangesluit. Aan die eerste toeriste is geen genade betoon nie; die “final countdown” het reeds op die bus begin en benoude oë het rondgesoek na andere in dieselfde verknorsing. Naby Citrusdal het ons onsself met lemoene bewapen en was ons reg vir die oorlog in die kloof. Read More