Gifberg 2016

Foto: Piet Smit

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Gifberge (3-7 September 2016)

Dag 1 (3 September):

Na ingenieurs- en Brek week is min slaap al ʼn gewoonte. Daarom is dit maklik om 4uur op te staan, reg vir nog ʼn BTK toer. Of so het almal gedink, maar dit was duidelik nie die geval vir Fritz Buhrmann nie. Na ʼn klomp oproepe en Janneman se ouers wat na sy huis toe gery het, kan die bus uiteindelik kwart oor vyf vertrek.

Ons stop langs die pad en maak reg om te begin stap. Wilma verjaar en die eerste toeriste word sommer vining bekend gestel aan ʼn paar BTK tradisies. Ons jongste liefde, Tanja en Jandré, verduidelik skiet. Christiaan vertaal vir ons internasionale studente en David doen gebare taal. Dit is wonderlik om vir ʼn slag ʼn toerma te hê vir die ordentlikheidspraatjie en daar word geKoning.

Read More

Amatola 2016

Foto: Piet Smit

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1 (9 Julie): Busrit in die aand

Daar is ʼn miete dat BTKners daarvan hou om op te staan nog voordat die son op is. Die miete is verkeerd bewys toe al die toeriste een vir een 4 uur die oggend aangesluip kom. Ons bid vir die pad en dit voel skoon vreemd soos 22 studente in ʼn 60 sitplek bus klim. Vir die ou toeriste is die busrit die perfekte geleentheid om in te haal op al die vakansie stories en so hou hulle die hele bus ook wakker.

Read More

Twee Riviere 2016

Foto: Wolfgang Erb

‘n skets van die sameLOOP van gebeure deur Delene Bezuidenhoudt in samewerking met Miriah Smith

Dag 1:

Ons begin weereens ons toer vroeg-oggend op die Neelsie se parkeerterrein met ‘n geskarrel in die donker aangesien almal se kopliggies reeds ingepak is. Kospakkies moet verdeel word en laatkommers  moet wakker gebel word, maar uiteindelik daag Frederik op en val ons vrolik in die pad. So tussen die gesels en gespot en gelag, ontvang Suzaan en Cathanja ‘n les oor wat ‘n goeie pun is en probeer almal maar ‘n laaste uiltjie knip – party om die vloer, ander dwarsoor die paadjie en meeste heel normaal op hul bus-buddy se skouer. Die bus laai ons net na Vanwyksdorp af, in die hart van die Klein Karoo. Almal se rugsakke word reggeskuif, skoene word vas geveter en Kobus roep almal bymekaar. Jandré verjaar, soos die hele bus afgelei het van sy oorvloed padkos, en daar moet darem eers ordentlik volgens tradisie geluk gewens word. Read More

Tsitsikamma 2016

Foto: Hein Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1, 19 Maart 2016

Op ʼn Saterdagoggend vieruur is die normale  Stellenbosch student besig om die stres van ingenieursweek en ander toetse af te slaap, maar die BTKners is besig om die bus te laai. Vandag maak ons defnitief geskiedenis, want die bus vertrek twintig minute vroeër as beplan. Ons maak wel op vir die tyd wat ons gewen het, want ons stop in elke dorp om al die verlore skapies op te tel. Read More

Gala 2015

Foto: Wilmarie Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1: Windverwaaid

Vakansie is hier. Ure agter die boeke het uiteindelik, na wat voel soos ‘n ewigheid, tot ’n einde gekom en gala het aangebreek. Dit is omtrent ‘n geboer soos 100 studente ou vriende groet en nuwes ontmoet. . Die busse isgelaai en ons almal staan in ‘n kring terwyl ons bid vir die pad vorentoe.

Read More