Weskus Gala 1990

Die “Nuwe Suid-Afrika” het ook sy invloed op die BTK gehad, want Vrydag vertrek ons slegs ‘n halfuur laat van Stellenbosch af na Saldanhabaai. Daar gekom het almal ‘n bietjie verward rondgesit; totdat tannie Miems ‘n bal ontdek het en almal wat nie wou saamspeel, se lewens versondig het.

Ons is vriendelik in die karavaanpark welkom geheet, maar tog ernstig vermaan om nie te lawaai nie. Groot was die ontsteltenis dus toe ons tot in die vroeë oggendure deur Leon Schuster vermaak is. Read More

Oorlogskloof September 1990

Saterdagoggend, 29 September, vertrek drie-en-dertig BTKaners (sommige met nou slegs die potensiaal om te word) sonder voorsitter en kosma, maar onder die bekwame leiding van Hans en Anine na OORLOGSKLOOF. Langs die pad het Theresa, haar ma, Ann “-everybody’s fan” (‘n oud BTKaner) en Gerrit by ons aangesluit. Aan die eerste toeriste is geen genade betoon nie; die “final countdown” het reeds op die bus begin en benoude oë het rondgesoek na andere in dieselfde verknorsing. Naby Citrusdal het ons onsself met lemoene bewapen en was ons reg vir die oorlog in die kloof. Read More

Richtersveld Julie 1990

Die naam Richtersveld is ‘n goeie woord om hierdie wêreld te beskryf. Wat is dit, waar is dit en hoe lyk dit daar? Van baie van die toerlede was dit dan ook ‘n groot misterie oor hoe hierdie deel van ons land daar uitsien.

Dit was egter met groot entoesiasme en afwagting dat die lang pad na Garies aangepak is. Baie van die toerlede het nog nooit vir Garies gesien nie, maar sy kubus-verlede het hom welbekend gemaak. Read More

Skoonste Kaap April 1990

SATERDAG:

Ons vertrek stiptelik een uur laat vanaf die stoor. Op pad na ons bestemming het daar ook eers ‘n belangrike uitruiling – of is dit ‘n omruiling – plaasgevind. Toe die drie eerste toeris-dames, Anine Steyn, Odille Jacobs en Suzanne Joubert by Muizenberg in die bus klim, sê oom Jurgens Hendriks, ons toervader, net: “Nee wat, dan draf ek maar verder.” “Ek sal julle iewers inloop …. of …. inhardloop!” Vir tannie Helen Hendriks was dit maar ‘n “bedrukte” besigheid, want ons chaperone moes toe haar eie drie woelwaters sowel as die ander sewe-en-dertig in toom hou. Read More

Gouritsmond-Witsand Gala 1989

Novembermaand op Matieland beteken net twee dinge, naamlik her en BTK – dit is mos waarom ons telkens terugkom Matieland toe. Die gala is dus weereens met groot ywer aangepak wat weerspieël is in die miernes van bedrywighede wat daar in die BTK-stoor geheers het.

Vir ‘n wonder het die wa net ‘n kwartier laat vertrek, maar Aninge de Wet het hom nog steeds verpas. Dit was byna donker toe die wa ook die karavaanpark te Riversdal binnery. Die bus was toe reeds daar. Read More