Stilbaai-Witsand Gala 1986

Vrydag, 28 November ’86 en nog ‘n BTK-toer lê voor.

Anine reken toe sy sal ‘n bietjie later opdaag, maar toe ry die wa wél twaalfuur en sy moes maar so ‘n minuut oor twaalf op die wa spring. Die bus het eers kwart oor vier die middag vertrek: Riversdal toe!

Die wa-ryers was al heel tuis in die dorp na ‘n koffietjie by die Hoekkafee toe die bus eers ná donker daar opdaag. Na aandete en aandgodsdiens het ons gaan slaap. Read More

Riviersonderend September 1986

Vir een derde van die toergroep het die wegbreek al twee-uur (BTK-tyd) begin. Die Vokskas-bussie het voorspoedig gery en omtrent vyfuur op McGregor aangeland. Die BTKaners het hulle self besig gehou deur windowshopping te doen by die dorp se vyf kafees. Hulle kon ‘n aanloklike aanbod nie weerstaan nie: 2L roomys vir net 99c – Barry het plastiek teelepeltjies ook gekoop en almal het vreedsaam verkeer. Read More

Oranjerivier Julie 1986

Flip-flop, flip-flop, whee! gaan die wasmasjiene. Rataratara gaan die droërs.

Drie weke gelede dié tyd toe lê ons almal min of meer horisontaal, tone sterrewaarts, net duskant die “bar” by Onseepkans, daar waar ‘n mens leer om lekker te dans, ongelukkig is daar net mans, dis nou in die “bar” by Onseepkans. Read More

Hel Maart 1986

Laat Donderdagmiddag, 27 Maart, het dit woel al begin woel, maar volgens BTK-tradisie is die 3 bussies (met Barry, Ninkie en Riaan aan die stuur) eers oor ses weg, in plaas van die geskeduleerde vyfuur. Dit het baie voorspoedig gegaan tot ‘n sjarmante, absoluut gesofistikeerde blonde bom van ‘n polisie-vrou vir Ninkie van die pad af laat trek het.

Eers het sy gevra hoekom die bussie so vol was en toe waarheen hy op pad was. Die wind was uit haar seile toe Ninkie antwoord: “Op pad Hel toe.” (Dit is seker hoekom die bussie so vol was.) Read More

George-Knysna Gala 1985

Agtuur, Vrydagoggend 29 November het + 100 BTKaners aan die agterkant van die Neelsie rond geskarrel om hulle en hul bagasie in orde te kry. Die variasie van die bagasie het ver en wyd gestrek net soos die mense, bo van die ellelange Simon tot onder by ou Alleta’tjie.

Nadat Hessie en Koos en die res hul ERE plekke op die wa ingeneem het, kon die res van ons wat dit op die wa gewaag het, nesskop en ingrawe. ‘n Paar ou manne het heel bo-op stelling ingeneem -ek neem aan dit was vir die uitsig. Deurmekaar gewaai en bloedrooi gebrand het ons ons bestemming bereik. (Volgens betroubare bronne het die busrit baie rustig verloop.) Read More