Riviersonderend September 1971

Vrydag, 24 September:
“Hartlik geluk en baie welkom” aan almal wat besluit het om die vakansie weer saam te toer. Dit was nou sommer weer “van de bestes!”

Die wa het soos gewoonlik weer tradisioneel stiptelik BTK-tyd vertrek, dit wil sê héélwat later as wat oorspronklik beplan is. Die bus het net vyf minute laat vertrek, en hierdie buitengewone gebeurtenis het toe sommer vir Sakkie en Tjoi aangespoor om die medetoeriste te vergas met spookagtige arias in die “Sy-verlaat-my-trant”. By die kampplek naby McGregor aangekom, moes die arme waterdraers vind dat die water amper ‘n daguitstappie ver is. Read More

Sederberge April 1971

Dit was nou weer ‘n “well” toer gewees! Die wa moes om half-twee namiddag vertrek het, maar gelukkig vir Dorothy, het dit toe eers vyf minute later vertrek, nadat almal besete geraak het en vir oulaas was dit “Bye” (Ba’-haai) aan Dolfie en al die ander wat ons ‘n lekker toer kom toewens het. Read More

Bredasdorp Gala 1970

Ja, Donderdag 26 November, het BTK geskiedenis gemaak – in plaas daarvan om ‘n halfuur te laat te vertrek, was ons net ‘n kwartier laat! Ongelukkig was ons blydskap net van kort duur, want ons was nog nie eers uit Stellenbosch uit nie, of ons kom tot die ontstellende nuus dat die bus se een wiel pap is – gelukkig nie die hele wiel nie, net waar hy aan die grond raak! Maar BTKaners laat hulle deur niks onderkry nie en op maat van “Die Groot Mars” val ons in die pad en stap tot die bus ons na so ‘n rukkie weer kom oplaai. Read More

Obiqua September 1970

Nat, sopnat – nog voordat ons begin toer het. So nat, ons was bang die mense laat spat, toe ry ons maar om Assegaaibos toe.

Hoe sê jy Jurie? Ry of? Jurie glo aan goed begin half gewin. Hy hét sy voornemens gehad vir die toer en wel – hy hét begin met drie meisies voor in die wa! Gelukkig het hy hulle nie toe al in lae gepak nie – net ingeryg. Read More

Langeberge April 1970

Darem maar ‘n opgewondenheid, so voor die toer. Seker ook die dat ‘n mens so op die laaste nippertjie so baie dinge vergeet. Dit was toe die wa vir die derde keer terugry koshuise toe, (en dit nadat ons in Verbruikers se agterplaas geëet het!) dat Reep opgemerk het: “Ou Rudolf jong, ons moet darem nou begin ry jong. Jy weet ons moet nog gaan kostent en pou-hokke ook opslaan. Vanaand pou ons nog sonder pou-hokke!” Read More