Skiereiland Mei 1934

Op Woensdag, 8 Mei het die Aprilvakansie uiteindelik gearriveer en drie-en-dertig min drie opgesaalde toeriste het hom om halfagt in die môre met vrolike harte vol blye verwagting op Stellenboschstasie tegemoet gegaan. Met Oktober-weelde, met “Somer en son en saffier” wou hy vergoed vir sy vertraagde geboorte en die poging was so goed as volkome geslaag, nee, want die druppeltjie reent moes by anders was dit was g’n volmaakte BTK-toer nie! Read More

Knysna September 1932

Knysna! Dis die towerwoord wat weer ‘n aantal entoesiaste besiel het om vir die September-vakansie hulle lot met die BTK in te werp. En op almal het dit dieselfde uitwerking gehad: al bars dit ook, maar ander jaar gaan ons weer saam!

Read More

Swellendam – Barrydale – Montagu April 1932

Nog nooit het so ‘n lekker klomp gaan toer nie, was die algemene opinie van die vyf-en-dertig toer-entoesiaste toe hulle die Donderdagmiddag van die stasie vertrek. En ek dink ons was reg. Natuurlik staan dit nog altyd vir enigeen, wat meen dat hy persoonlik nie as ‘n gawe kêrel beskou kan word nie, vry om met ons te verskil.

Read More