Tafelberg Kabelkarretjie

Dit was ‘n winderige Sondag oggend toe 20 opgewonde BTK’ners by Tafelberg sou opstap. Daar is eers gevrees dat die beloofte gratis kabelkarretjie rit nie sou gebeur nie, weens die wind. Die beamptes by die karretjie gesê het die wind gaan heeldag waai (alhoewel dit soos ‘n briesie gevoel het) en dat die karretjie nie sou ry nie. Min wetende dat moeder natuur te werke sou gaan… Read More

Haelkopskeure 2011

Dit was Saterdag, 1 Oktober 2011, met wolke wat laag oor die berge van Jonkershoek hang en ‘n koue luggie wat deur die vallei trek, toe 13 avontuurlustige BTKners regstaan om die geheimsinnige skeure van Haelkop te gaan verken. Met Wim Morris as ons gids, het ons begin met ‘n rustige stappie. Van ons het dalk gedink hulle was op die verkeerde roete, want aan die begin was die avontuur maar skaars. Dit was egter slegs die opwarming om ons spiere lekker los te kry, sodat ons gemaklik deur die skeure kon seil. Read More

Duiwelskloof en Drakenstein piek

Op Saterdag, 17 Sepetember 2011, het ‘n groep van 7 klimmers die Groot Drakenstein berge ingevaar. Daniël Kotzé het die groep gelei en hulle was ook so bevoorreg om vir Hans Scheffler (BTK voorsitter 1992) as gids te hê. Read More

Weskus Toer

Sien foto’s van hierdie toer onderaan.

Saterdag 3 September: Waai my jas in ‘n taaibos vas

PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE…..dis die eerste klanke wat jy hoor na ‘n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen ‘n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken en jy sien nuwe gesigte, ou gesigte, moeë gesigte, mooi gesigte en een gesig wat sleg tweede gekom het in ‘n barfight. Eers later vind jy uit Evans Coetzee het eintlik derde gekom. Dis skielik nie meer donker nie en jy wonder by jouself hoe jy die donker oorleef het met drie gingers op die bus. Read More