Vir lank word daar al gepraat van ‘n draak en ‘n berg… Hierdie jaar vir die eerste keer in 10 jaar word die Drakensberge weer besoek in die winter! Read More
Oranjerivier Bemarking
Stellenbosch Pieke
Saterdagoggend 07h00 het (let wel) meeste stappers bymekaargekom om die magtige Pieke aan te durf. Daar was ‘n sterk wind, maar dit Hans Scheffler (gids en oud-BTK voorsitter) en die groep (twee Amerikaners ingesluit) nie afgeskrik nie. Na die groep vir ‘n halfuur deur die plantasies gestap het, het ‘n verslaapde Francois du Plessis (BTK bestuur: Avontuur uitstappies) laat weet dat hy en vyf ander laatslapers nog by Jonskershoek se hek is. Dit kon moontlik iets met die vorige aand se carry-sixpacker te doen gehad het..
Na ‘n verkeerde afdraai is die laatslaapspan toe eerder by Nerina kloof op, terwyl die groter groep by die moeiliker Sentrale kloof op is. Dit was ‘n wonderwerk toe albei groepe min of meer die selfde tyd bo kom na ‘n taai, maar belowende klim met ‘n paar klouters wat Bear Grylls se hart sou laat vinniger klop. Heel bo het die wind behoorlik gewaai en kon almal die brand op Helderberg goed sien (ook goed ons het dit 2 weke gelede geklim..). Almal is toe weer af by Nerina kloof, wat amper soos Jurassic Park lyk met varings en bome wat meer as 1000 jaar oud is.
Almal het veilig onder gekom en alhoewel die bene bietjie lam was, kon almal glimlag oor nog ‘n avontuur op die kerfstok! Dankie aan die volgende mense wat die uitstappie kon meemaak:
- Vonli van Eeden
- Roné McFarlane
- Esther McFarlane
- Alicia Roos
- Charles Wemyss-Dunn
- Kyle Schute
- Meri de Bod
- Evans Coetzee
- Karolien le Roux
- Conrad de Kock
- Leroi Pols
- Hugo Minnaar
- Hendrik Smith
- Jannet Engelbrecht
- Simon Streicher
- Andrea Burger
- Chris van Rooyen
- Louw Truter
- Regardt Muller
- Jacques Terblache
- Daniël Kotzé (leier van betyds groepie)
- Francois du Plessis (leier van laat groepie)
- Hans Scheffler (gids)
— Daniël Kotzé (18/04/2011)
Twee Riviere 2011
Twee Riviere, 5 groepies, 49 mense plus Johan Wiid, 15 liter wraakkonsentraat en honderd en twintig verskillende geure water. Wat is BonAqua? Kan mens dit eet?
Saterdag 19 Maart: Dag 1 – Geur van water – hondsleg, met n nasmaak van katsleg
Dis 5h die oggend en Gerrie moet nog pak. Gerrit le nog snoesig en Daniel Geddes stress erger as in die Army, aangesien hy sy bus verpas het. Maar tot sy geluk vertrek Gerrit eers 6h. Ons neem aan die busrit het gegrens aan graadvang-boring, aangesien niemand moeite gedoen het om verslag te doen daaroor nie. En om aan te neem dat almal geslaap het is net statisties onwaarskynlik, en in gewone Afrikaans, net stapelgek. Juis om hierdie rede het Gerrie en Gerrit, en tot n mindere mate Daniel, besluit om lewe in n potensieel lewelose toer te gaan blaas. Read More
Kromrivier
Op Sondag, 13 Februarie het 27 ywerige BTK’ners die Kromrivier roete in die Limietberg Natuurreservaat aangepak. Die roete begin aam die Worcester kan van die Hugenote tonnel in die du Toitskloofpas en styg geleidelik tot by ‘n asemrowende 70m waterval. Daniël Kotzé en Gerrit Coetzee het die uitstappie gelei. Die groep het besluit om hulself halfpad met ‘n vinnige swem te beloon, ‘n voorsmakie vir wat sou kom. Na ‘n stewige, maar asemrownde laaste klim het die kloof ons begin insluk en die eerste waterval het te voorskyn gekom. Selfs hierdie waterval was die moeite werd om na toe te stap, maar links teen die krans het kettings die pad vorentoe aangedui. Tie minute het almal oopmond die hoë waterval en salige swempoel aangestaar. Dit was nie lank voor die kloof se rustigheid verbreek is met harde gelag en waterbomme van ‘n hoë rots af nie. Selfs ‘n paar brawe meisies het die sprong aangedurf en die groep is beloon deur ‘n tuimelduik van Anton Kraemer. Magies vol, aanstap! Die warm middagson het die groep gedwing om ‘n laaste keer af te koel in die rivier voor ons in die bussies geklim het op pad terug na die werklikheid toe nie. Dankie vir die drie buitelanders wat ook hul staal gewys het. Inderdaad nog ‘n suksesvolle uitstappie!
— Daniël Kotzé (27-2-2011)