Donderdag, 25 Maart:
As mens die spul BT-Kaners die middag by die pakkamer aanskou en aangehoor het, sou jy nooit sê dis maar net vir ‘n naweek wat hulle gaan toer nie. Daar was oorgenoeg “spirit” vir ‘n volle toer. Veral aangesien dit so ‘n unieke toer met nuwe ervarings sou wees het niemand daaraan gedink dat oor so ‘n kort rukkie die toer verby sou wees nie. Read More
Woorde van die floperette
“My regverdige Dame”, oorsprong “My fair Lady”, wat vir die eerste keer op die Obiqua-toer (September 1963) opgevoer is, en weer op spesiale versoek op Gala 1963
WOULDN’T IT BE LOVELY
Ja, ou broer, ‘t was ‘n lekker toer
ver getree en diep geslee.
Voeg die wraak en skiete by,
o ja, dit was ‘n lekker toer. Read More
Kleinmond Gala 1963
Vrydag, 22 November:
Gala 1963 – die enigste ligkolletjie op ‘n horison vol donker eksamenwolke – breek eindelik aan. Khaki-en-rooi stippels dwaal nog vir oulaas in Stellenbosch se strate rond voordat hulle by die pakkamer bymekaar kom, en in goeie BTK-tyd – een uur laat – vertrek die moeg-geswottenes vir hul ruskuur (?) langs die kus. Read More
Obiqua September 1963
Dit was voorwaar ‘n blomtoer. ‘n Toer verryk met die prag en skoonheid van Bergrosies, Onderrokheide, Oumakappies, Skaamrosies, Hangertjies, Bobbejaantjies, Sonnedou, Kalkoentjies, Bongel, Jan & Piet, Dave, Bea, Jeanne, Bernard, Piesang, Frambosie, Spasies en sommer nog ‘n mengelmoes van ander soorte. En elkeen het sy eie besondere aantrekkingskrag behou onderwyl onder mekaar meegeding is om die mooiste geur en prag oor alles en almal te strooi. Read More
Gamkaskloof April 1963
“Chuck” die boeke! is die slagkreet van sowat 80 Ebeniete onder aanvoering van Generaal Odendaal en hulle verlaat om 5nm. die vesting Stellenbosch, om weereens teen daardie geliefde ou vyand, die Natuur, op te trek. Hans die Skipper en sy manskappe het reeds die oggend om tienuur die anker gelig met die nodige voorrade en ammunisie aan boord. Read More