SU Open Day | US Opedag |
Hoekom Regsgeleerdheid?
Die LLB graad is ‘n voorvereiste vir enigiemand wat as ‘n prokureur of advokaat in Suid-Afrika wil praktiseer. Aanstellings van regters veronderstel ook in die reël ‘n LLB graad. Verskeie roetes om die LLB graad te verkry:
|
Why Law?
The LLB degree is a prerequisite for anyone wanting to practice as an attorney or advocate in South Africa. Appointment as a judge ordinarily also presupposes an LLB degree. Different routes to obtain the LLB degree:
|
|
Hoekom Stellenbosch?Stellenbosch Universiteit is een van die oudste universiteite in Suid-Afrika en vind sy oorsprong in die Stellenbossche Gymnasium, wat in 1866 geopen is. Stellenbosch Universiteit is een van die top navorsingsuniversiteite in Suid-Afrika. Eerstejaarstudente word deur mentors, tutors en inisiatiewe soos die Eerstejaarsakademie ondersteun om hul kanse op sukses te verbeter. Boonop bied die Fakulteit Regsgeleerdheid ‘n toegewyde span eerstejaarsdosente en ‘n studentesteun koördineerder wat bystand sal bied om die oorgang tussen skool en universiteit te vergemaklik.
|
Why Stellenbosch?Stellenbosch University is one of the oldest universities in South Africa tracing its origins back to the opening of the Stellenbosch Gymnasium in 1866. Stellenbosch University is one of the leading research universities in South Africa. First-year students are supported by mentors, tutors and initiatives such as the First-year Academy to improve their chances of success. In addition to this, the Faculty of Law has a team of dedicated first-year lecturers and a student support coordinator who will assist in bridging the gap between school and university.
|
|
Voorgraadse studieVoornemende voorgraadse studente kan aansoek doen vir toelating tot die LLB (4 jaar), BRekLLB, BA (Regsgeleerdheid) of BCom (Regsgeleerdheid) grade. Die LLB graad word deur die Fakulteit Regsgeleerdheid aangebied en die BRekLLB, BCom (Regsgeleerdheid) en BA (Regsgeleerdheid) word in samewerking met die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aangebied. Opwindende moontlikhedeGedurende die finale jaar van die LLB of die voorfinale jaar van die BRekLLB graad kan studente die Praktiese Regsopleiding module volg. Die module stel studente in staat om nie net by die Regshulpkliniek te werk en aan die gemeenskap terug te gee nie, maar ook praktiese vaardighede aan te leer. Studente wat akademies sterk is, kan in hulle finale jaar van die LLB graad aansoek doen om aan die uitruilprogram deel te neem. Hierdie program laat studente toe om die finale 6 maande van hul graad by ‘n internasionale universiteit te voltooi. |
Undergraduate studiesProspective undergraduate students can apply for admission to the LLB (4 year), BAccLLB, BA (Law) or BCom (Law) degrees. The LLB degree is offered by the Faculty of Law and the BAccLLB, BCom (Law) and BA (Law) degrees are offered in conjunction with the Faculties of Economic and Managements Sciences and Arts and Social Sciences. Exciting opportunitiesFinal year LLB and pre-final year BAccLLB students may enrol for Practical Legal Training, which module enables students to work at the Legal Aid Clinic to give back to the community whilst acquiring practical skills. Academically strong final year LLB students may also apply for selection to participate in the exchange programme. The programme allows students to complete their final 6 months of the degree at an international partner university.
|
|
Nagraadse studieDie Fakulteit bied programme vir studente wat reeds ‘n graad in regsgeleerdheid of in ‘n ander dissipline verwerf het aan. Meer inligting is HIER beskikbaar.
|
Postgraduate studiesThe Faculty offers degree programmes for both law graduates and graduates from other disciplines. More information is available HERE.
|
|
AansoekeDoen elektronies aansoek op www.maties.comToelating tot alle programme aan die Fakulteit Regsgeleerdheid is onderworpe aan keuring.Aansoeke vir voorgraadse programme [LLB (4 jaar], BRekLLB, BCom (Regsgeleerdheid) en BA (Regsgeleerdheid)] moet ons voor 30 Junie bereik.Voornemende voorgraadse studente moet die Nasionale Normtoetse (www.nbt.ac.za) voor 30 Junie skryf. Voornemende studente moet seker maak dat hulle die korrekte toetskombinasie skryf.Aansoeke vir die LLB (3 jaar) (as tweede graad) moet ons voor 31 Julie bereik.Kliek vir Toelatingsvereistes en Keuringsbeleid |
ApplicationsApply online at www.maties.comAdmission to all programmes offered by the Faculty of Law is subject to selection.Applications for undergraduate programmes [LLB (4 year), BAccLLB, BCom (Law) and BA (Law)] must be received before 30 June.Prospective undergraduate students must write the National Benchmark Test (www.nbt.ac.za) before 30 June. Prospective students must ensure that they write the correct test combination.Applications for the LLB (3 year) (as second degree) must reach us before 31 July.Click for Admission requirements & selection policy |
|
TaalbeleidLLB modulesDie Taalplan van die Fakulteit Regsgeleerdheid volg die Taalbeleid van die Universiteit. Sien asseblief die Taalplan van die Fakulteit hier. LLM modulesDie modules word in Engels aangebied. |
Language PolicyLLB modulesThe Language Plan of the Faculty of Law follows the Language Policy of the University. Please see the Faculty’s Language Plan here. LLM modulesThe language of instruction is English. |