Liewe Eerstejaars

Ek is Anic en sal een van die leiers wees wat julle help deur die oorgang van matriek na universiteit, exciting times! Net sodat julle my so bietjie ken, aangesien ons baie met mekaar gedoen gaan kry;  Ek is baie avontuurlustig, geniet die buite lewe en om aktief te wees. Ek doen surf ski as n sport en geniet elke oomblik wat ek by die see spandeer. Ek studeer BSc bio-mathematics op die oomblik, maar beplan om oor te skuif na medies toe, aangesien dit my droom is om n mediese dokter te word. Ek sal julle veral help by die aktiewe en sportiewe dele van universiteit. Voel asseblief vry en gemaklik om met enige iets na my toe te kom. Ek wens julle alle sterkte toe met universiteit en mag julle dit voluit geniet en elke kans wat na julle kant toe kom aangryp.

Groete,

Anic