My name is Janice Matthee, I am a second year B.Ed foundation phase student .

This is my first year as HK and I was assigned to the following portfolios: Beauty, Huisdans and second in command of social events at Silene.

My visie vir Silene is om te sien hoe ons PSO aanhou groei en nuwe hoogtes bereik. Ons is relatief nuut en kan dus nog baie blom, ek wil dit graag sien gebeur. My missie is om my werk as HK tot die uiterste te voltooi, om passie in alles te sit wat ek doen en om opwindende nuwe geleenthede te skep vir alle Silene lede. Ek sal daarvan hou om ons tradisie voor te dra en om te sien hoe nuwe vriendskappe en bande gebou word in Silene. Verder wil ek net hê dat dit vir elke Silene lid ‘n trots moet wees om deel te wees van Silene. Rakende my portefeuljes wil ek graag Skoonheid op ‘n hoë noot afskop en dit soveel as moontlik vestig in die 2015 jaar. Skoonheid is iets heeltemal nuut en dit word beoog om baie nuwe grense en deure vir Silene oop te maak. Huisdans kom net eens elke jaar en daarom wil ek dit graag “memorable” maak. Sosiaal wees is een van die grootste gewigte op die stellenbosch weegskaal en daarom hou ons daarvan om dit te balanseer met net die regte hoeveelheid oemf , natuurlik is akademie ook van top belang. Ek sien uit na 2015 in Silene. Ek glo mens droom groot en vat nuwe kanse en dinge aan, dit mag dalk net perfek uitdraai.