Knysna-George Gala 1991

Met ‘n groot gejuig het ons Vrydag die 29ste November met wa en al vertrek na die Heuwelkruin kampterrein te Knysna. Eksamenspanning was iets van die verlede en almal het uitgesien na ‘n week van son, sand, swem en laaste maar nie die minste, stap, stap en nogmaals stap…

Die eerste dag was in tipiese BTK-tradisie een van baie opwinding. Houtkapper André Venter het met die eerste probeerslag sy duim in plaas van die hout oopgekap. Die toontjiesdokter het met vaardigheid hul eerste pasiënt behandel en die medikasie van twee netjiese steke toegedien. Read More

Sederberge September 1991

Die eerste aand van die Sederberg-toer het aangebreek – of so het almal gedink. Nadat die hele toergroep opgeruk het na die Neelsie, wou die weer nie saamspeel nie en moes almal toe maar slaapplek soek vir die nag.

Saterdagoggend om half agt het almal weer aangemeld. Teen half nege kon die bus betree word en het die toer uiteindelik sy aanvang geneem. Read More

Drakensberge Julie 1991

Donderdagaand, 11 Julie, vertrek veertig BTKaners uit Stellenbosch. Van hier tot by Monk’s Cowl sluit die res van die groep van sestig by ons aan. Die vertrek geskied egter nie sonder voorval nie, want die bus is ‘n uur laat. Toe ons uiteindelik oppad is, het ‘n (ekstra) koue rilling langs die Eerste Toeriste se ruggraat afgegly toe stemme uit die donker hulle aan die gevreesde wraak herinner. Read More

Kalahari Safari Maart 1991

Kalahari Safari het sowaar geklink na ‘n nuwe opwindende breinkind van die BTK. Min het ons geweet wat vir ons voorlê.

Vrydagaand, 22 Maart, het ons uiteindelik die regte bus gekry en was ons oppad na die rooiduinwêreld. Die singende troebadoers, Eddie en Cornell, het almal uit die slaap gehou. Toe daar uiteindelik stilte neerdaal oor die slapende massa, word ons weer gewek om ‘n heerlike ontbyt te nuttig op die gepaste tyd: drie-uur in die oggend. Read More