Katedraal Uitstappie

Die afgelope naweek se uitstappie op Katedraal was heerlik. Die weer het mooi saamgespeel en die uitsigte was ongelooflik. Ons was ‘n kleiner groep van tien mense wat tot gevolg gehad het dat almal mekaar beter kon leer ken en lekker kon saampraat. Oom Hans Sheffler het die roete gelei en sy vrou het ook saamgestap. Dit het wel aan die lig gekom dat die inligting op die advertensies nie om dowe neute daar geplaas word nie. Albertus se tone is ‘n uitstekende bewys hiervan: hulle het redelik geprotesteer met die afgaan en hy moes die laaste deel in sokkies afstap. Verder was daar ook ‘n paar verrassings in die vorm van grasklofies en lysies vir die hoogtevreesleiers wat daardie deel van die advertensie misgelees het. Ons het lekker baie gerus om die uitsig te waardeer en almal het gesmul aan die eetgoed wat deur Judy (kosdogter) voorsien is, dankie Judy! Koffie is met middagete gestook en ek moet sê, dit het nogal goed afgegaan. By Witbrug het verskeie mense hulle moeë voete met die koue water gelawe voordat ons terug is Stellenbosch toe.

— Anton Kraemer (22/09/2010)

Uitstappie beskrywings 2010/2011

NAWEEKUITSTAPPIES:

Stellenboschberg / Haelkop – 16-18 Okt 2010

Hierdie lekker roete is sommer geleë in ons eie agterplaas. Ons begin by Paradyskloof en stap dan met ‘n steil paadjie tot op Stellenboschberg waar ons kamp opslaan. As dit nie te dynserig is nie, behoort ons die son agter Tafelberg te sien wegsak. Die volgende dag klim ons Haelkop uit en geniet die uitsigte oor Valsbaai, Stellenbosch en die Kaapse vlakte vanwaar ons met die selfde roete weer tot onder stap. Read More

Wildekus Junie 2010

Donderdag D-dag:

Nouja, volgens BTK tyd was die bus betyds, maar in werklikheid was die Bus 2 ure laat, eintlik nie so seer die bus nie maar die waantjie. Nietemin niemand is kwaad nie want dit is niks nuut nie. ‘n Btk toer wat betyds afskop is ‘n rare geleentheid, dit is soos ‘n skrikkeljaar wat elke vier jaar plaasvind, en jy kan jouself as een van die gelukkiges beskou indien jy so ‘n geleentheid beleef in jou Stellenbos studente termyn. Read More

Oorlogskloof, in die Bokkeveld Berge

Wat is die storie?

Dag 1. Dinsdag die 16de Maart

Die Bus het koors…

Nouja. Presies wat tussen die wegtrek op Stellenbosch en die pragtigste dorpie wes van die oostelike deel van die Weskaap, Clanwilliam, gebeur het is vir my maar ‘n ietwat van ‘n grys area. Gekom by die dam waar mens lekker vis kan vang, net voor Clanwilliam kan almal nie wag om vir Marguerite le Roux en Gerrie le Roux op te laai nie, en toe hulle op die bus is dink almal by hulself, NOU TOER ONS! ‘n Ander gedagte wat ook in almal se gedagtes hang is dat ons so ongeveer nog ‘n uur en ‘n half se ry het voordat die BTK troepe die oorlogskloof begin verken. Hierdie is egter ʼn wanindruk siedende die BB troepe, dis nou die Blou Baadjies, die BTK kommando se troeptrok met ʼn kruipaanval betrap het en ʼn groot klomp skade nagelaat het wat vir David die trokdrywer as kopseer vir ʼn geruime tyd sal dien. Read More