Wintertoere 2013

Raak solank opgewonde oor die toere in die wintervakansie!

11-15 Junie 2013 – Oorlogskloof Rock Pigeon roete, Noordkaap

Inskrywings vanaf 8 Mei

14-21 Julie 2013 – Fanie Botha voetslaanpad, Mpumalanga

Inskywings vanaf 13 Mei

Meer inligting soos toerpryse en roetebeskrywings volg, lede sal op 29 April eposse ontvang.

Hiking tours for winter 2013 (members to receive emails on 29 April)

  • 11-15 June: Oorlogskloof Rock Pigeon route: Northern Cape
  • 14-21 July: Fanie Botha hiking trail: Mpumalanga

Maart 2013 Rugsaktoer: Hexrivierberge

Dit is uiteindelik weer sulke tyd, tyd om jou stapsak af te stof en jou stapskoene te begin inloop, want tussen 2 en 6 April, rugsaktoer die BTK weer.

Die April gaan ons die asemrowende Hexrivierberge stap. Ons staptog begin in die pragtige Hexriviervallei, van waar ons dan Matroosberg, die WERKLIKE hoogste berg in die Boland, sal klim. Begin solank uitsien na ‘n aand onder die sterre, op die hoogste punt in die Boland! Read More

BTK 85 Jaar Reunie: Maart 2013

28/29 tot 1 April 2013: Wortelgat, Stanford

Spesiale aanbod vir studentelede*

Verblyf in boskamphutte (10 mense per hut) teen R50 pp per nag

Ontbyt – tradisionele BTK muesli pasella (BTK borg)

Middagete-pakkie teen R30 pp per dag (sluit in burger, chips, sappie, energie-stafie en vrug)

*as jy in 2012 nog geBTK het, tel jy as student!

Read More