Ons Huisie in die Berge: Oopnaweek 7-9 Feb

berghut

Het jy ‘n vakansie nodig na JOOL, of MAD² soos die nuwe generasie studente dit noem? Is jy lus om moontlik jou droom man of vrou te ontmoet, en definitief vriende vir ‘n leeftyd? Die BTK stel bekend: Berghut Oopnaweek. Dit is ‘n naweek waar jy en jou vriende as ‘n groep kan gaan rustigheid vind in die berge saam met ander groepe vriende. Dit is die ideale saamkuier geleentheid! En nee, hierdie naweek is nie net vir studente nie, dit is ook ‘n geleentheid vir die werkendes om weg te kom van die ‘rat race’ en stories uit die ou dae te kom deel. Oor hierdie naweek word ‘n minimum permit fooi van R10 per persoon per nag (lede) gevra en is elkeen self verantwoordelik vir kos en vervoer (die BTK sal saamrygeleenthede probeer vind indien nodig). Daar is geen formele program nie en elkeen kan doen waarvoor hulle die dag lus kry.

Waarvoor wag jy??? Skryf NOU in!

Daar is net 30 plekke, en inskrywings word eers op volle betaling geaktiveer. Vir verdere inligting, reëls en regulasies sien die Berghut blad onder ‘Hoe om te Bespreek’.

 

Oorlogskloof in Another Perspective

1294521_10201311661045991_1815372918_oAfter surviving the very wet Oorlogskloof hike the BTK undertook in June 2013, Silja Kiessling felt so inspired by the beautiful sight that was revealed once the clouds lifted that she turned photographs thereof into artwork. These paintings capture how overjoyed everyone had felt to finally see the sun; a moment where everyone could finally appreciate the beautiful mountains they were hiking in. Silja says that in this moment “we realised what a gift it was to be able to explore the golden and green mountains and valleys. We had realised that we had won the ‘oorlog’ against the rain and the ‘kloof’.” And surprisingly enough, she is not even an art student!

 

Below: Silja Kiessling’s set of paintings Oorlogskloof in Another PerspectiveDSC08689 DSC08139

Nuwe Berghut Besprekingsvorm

BTK_Berghut Booking Form

Daar is ‘n nuwe besprekingsvorm vir die Berghut. Dit kan jy kry onder Berghut → Hoe om te bespreek. Die vorm sluit die nuwe bankrekening inligting in so maak seker jy gebruik dit wanneer jy die betalings vir die Berghut maak en nie meer die ou rekeningnommer nie.

Tyd om te Gala!

1385041_10201363135012808_1248027296_nGALA 2013

Grootbrak – Jongensfontein

Het jy al planne vir die komende vakansie gemaak?

Ek hoop nie so nie! Jy wil NIE die volgende BTK GALA mis nie!

Dis soos ‘n mini-vakansie tydens jou Desember vakansie. Jy kry die geleentheid om tyd op die mooiste strande te spandeer, om die somersonnetjie te geniet en natuurlik om met ou en nuwe vriende te kuier. Tussen deur die awesome BTK aktiwiteite, is daar oorgenoeg tyd vir jou om heerlik te ontspan en van jou eksamen angs ontslae te raak.

Ons weet jy wil nie hierdie mini-vakansie mis nie, so maak seker dat jy 22 tot 29 November 2013 in jou dagboek oop hou.

Ons vertrek die Vrydag-oggend na Grootbrak, waar ons dan die eerste aand slaap. Dié kampterrein is wonderlik toegerus met sagte gras, ‘n putt-putt baan en ‘n swembad. Kan mens nou vir better vra na ‘n lang en uitputtende eksamen?

Die volgende dag stap ons al langs die strand na Hartenbos. Hier bly ons by nog ‘n kampterrein met ‘n putt-putt baan – so ek stel voor almal begin solank oefen aan hulle putt-putt skills 😉 .

Sondag klim ons op ‘n bus na Danabaai. Van daar af stap ons weer vir 17 km op die strand na Vleesbaai, waar ons ook sal oornag.

Die volgende avontuur wat voorlê, is ‘n staptog deur ‘n natuurlike veld met plantasies, oor klipperige areas en dele van strande. Na 13 km sal ons by Cannon arriveer, en van daar af weer die bus neem na Gouritsmond.

Dag 5 skop af met ‘n staptog vanaf Geelkranse na Stilbaai, al langs die strand en selfs meer plantasies. Stilbaai het die mooiste swemstrand; dus bly ons hier vir 2 nagte. Daar is ook ‘n lagoon om in te swem in plaas van die see.

Die volgende dag is BTK Sondag, met ‘n hele paar spesiale tradisies – sien solank uit hierna!

Daarna vertrek ons vir ‘n 12 km staptog na Jongensfontein, wat ons laaste kampplek en laaste aand van Gala is. Alhoewel die toer na sy einde se kant toe staan, is daar nog een legendariese Spur ete oor wat eie is aan BTK toere. Jy gaan net moet wag en sien waarom dit nou eintlik so legendaries is …

Ek hoop hierdie inspireer julle om nóú al te begin spaar. Want glo my – jy wil definitief nie hierdie gebeurtenis misloop nie!

Wanneer…

  • 22 – 29 November

Inskrywings…

  • Maandag, 21 Oktober (Lede) en Dinsdag, 22 October (Nie-lede)
  • Tussen 13:00-13:50, by die BTK Kantoor (4de Vloer Neelsie)
  • Slegs 80 plekke Beskikbaar.

Toerprys…

  • Lede: R1250
  • Nie-lede: R1350

Die Toerlys sal die 27ste Oktober aangekondig word.

Gala 2012

Gala 2009: Grootbrak – Jongensfontein

Helderberg Daguitstappie: 20 Oktober 2013

2011 050Helderberg is ʼn wonderlike staproete om hierdie tyd van die jaar te doen aangesien dit nou uiteindelik weer warm word en die blomme op hulle beste is. So maak seker julle bring julle kameras saam!

Daar is ook asemrowende panoramiese uitkyke van Strand en hopelik so ver as Tafelberg en die Peninsula. ʼn Matige vlak van fiksheid is benodig vir hierdie uitstappie.

Inskrywings…

  • Maandag 14 Oktober (Lede) en Dinsdag 15 Oktober (Nie-Lede)
  • By die BTK kantoor tussen 13:00 en 13:50 (4de vloer Neelsie, by die trappe op langs Cafe Go)
  • Prys: R30 vir die lede en R40 vir nie-lede.
  • Daar is net 40 plekke beskikbaar!

Wanneer…

  • Vertrek Sondag 20 Oktober
  • Ontmoet mekaar stiptelik 07:30 by die Neelsie
  • Ons behoort teen 15:00 terug te wees

Saambringlysie…

  • Dagrugsak
  • 2 liter water
  • Eie middagete en verversings
  • Warm top/baadjie en ‘n windbreaker
  • Hoed en sonroom
  • Stapskoene of stewige tekkies
  • Kamera (Opsioneel)

Helderberg 2012