Winter rugsaktoere / Winter Backpacking Tours

(For English, see below)

Oorlogskloof en Fanie BothaNog nie kans gehad om vir een, of altwee, van ons ongelooflike wintertoere te kom inskryf nie? Jy het tot Vrydag, 17 Mei kans om in te skryf! (Moenie tot die laaste nippertjie wag nie, toere kan vinnig vol word!)

Die vraag wat almal vra: Albei toere is glad nie te veeleisend nie, dus hoef jy nie te veel oor fiksheid te bekommer nie!! Meisies hoef ook nie tente saam te dra nie!

Oorlogskloof: 12 tot 16 Junie

Read More

Wintertoere 2013

Raak solank opgewonde oor die toere in die wintervakansie!

11-15 Junie 2013 – Oorlogskloof Rock Pigeon roete, Noordkaap

Inskrywings vanaf 8 Mei

14-21 Julie 2013 – Fanie Botha voetslaanpad, Mpumalanga

Inskywings vanaf 13 Mei

Meer inligting soos toerpryse en roetebeskrywings volg, lede sal op 29 April eposse ontvang.

Hiking tours for winter 2013 (members to receive emails on 29 April)

  • 11-15 June: Oorlogskloof Rock Pigeon route: Northern Cape
  • 14-21 July: Fanie Botha hiking trail: Mpumalanga

Maart 2013 Rugsaktoer: Hexrivierberge

Dit is uiteindelik weer sulke tyd, tyd om jou stapsak af te stof en jou stapskoene te begin inloop, want tussen 2 en 6 April, rugsaktoer die BTK weer.

Die April gaan ons die asemrowende Hexrivierberge stap. Ons staptog begin in die pragtige Hexriviervallei, van waar ons dan Matroosberg, die WERKLIKE hoogste berg in die Boland, sal klim. Begin solank uitsien na ‘n aand onder die sterre, op die hoogste punt in die Boland! Read More