Duiwelskloof – Jonkershoek

Die tweede naweekuitstappie van die jaar was ‘n onvergeetlike mini-toertjie van drie aanliggende bergreekse rondom Stellenbosch. Die Saterdag oggend het ‘n entoesiastiese groep van 11 die steil tog op in Duiwelskloof aangepak. Van die buitelanders wat saam was het wel benoud verneem dat daar nie trappe aan die bo-kant is nie. Bo is rugsakke eers agergelaat om Drakensteinpiek te bestyg. Daar is ons skielik omsingel deur miswolke en die aand se kampery (nadat ons die kompas moes geraadpleeg het voor ons dit gevind het) het in ‘n koue, nat dog geselige atmosfeer plaasgevind. Veral pogings om in gebrekkige Duits met die uitruilstudente te kommunikeer het vir baie humor gesorg… Read More

Sederbergetoer en 70-Jaar-Reünie

Dinsdagoggend is darem nog ’n laatslaapoggend omdat ons eers ná 13:00 gaan vertrek. Daar word nog ’n paar laaste-minuut-aanpassings aan die toerlys gemaak, maar uiteindelik vertrek ons op die toer wat JP belowe “baie maklik” gaan wees. Einste JP word toe op Ceres vergeet, maar hy wag ons al weer bo-op ’n steil bult in. Gelukkig herken Solly die BTK-uitrusting en stop darem betyds! Read More

Waenhuiskrans na Pearly Beach Gala ’97

Vrydag, 28 November, die begin van die “Wind-Gala”!

Ons ry half-twaalf vanaf die Neelsie in die Likkewaan en ‘n splinternuwe Elwierda bus. Al is die Likkewaan baie stadiger as die ander bus, gee Wim nie om nie, want hy en Johan Thiart lê ewe gerieflik op ‘n bagasie-bed! By Waenhuiskrans se kampeerplek waai die wind almal lekker deurmekaar en kort voor lank word daar maar skuiling gesoek langs die bus waar daar ‘n woeste naamleer-sessie begin word. Read More

Namakwaland Staptoer

(Of te wel, die ‘Pomp hom, Jacques!’-toer.)

’n Skinderstorie deur Rudolf de Haan.

[Baie dankie tannie Maretha Steinmann vir die lys name van “die meeste van die blomme” wat sy gesien het, bylaag B, en die tik van die spontane liedjies se woorde, bylaag A. Die toertips verskyn aan die einde van die skets. Read More

Matroosberg 1997

“MEGA PRET! Hoop net dit smelt nie vannag nie”, was Nico se uitdrukking van entoesiasme toe ons net anderkant die Du Toitskloofpas die eerste uitsig op die wit bergpieke kry. Dit was toe ook ’n fantasiese naweek (minitoer met 22 mense) met ’n hartlike ontvangs op die Jordaans se plaas, die heerlikste weer wat jy kan wens en natuurlik die sneeu.

Daar is op kunsmissak-slees afgeski teen elke moontlike helling – eers versigtig en later heel roekeloos. Hans verduidelik hoe ’n mens eers as jy in ’n sproei van ysvlokkies onder aangeland het en terugkyk, sien hoeveel klippe jy nét gemis het. Bloukolle getuig van die klippe wat wel in die pad gekom het. As jy nog nie die bekoring van die Bolandse berge in die winter ken nie – kom volgende keer saam.

Christine Steinmann