Wildekus Julie 1997

Vrydag, 11 Julie

Vrydagoggend vyfuur het nie een van ons eintlik ‘n baie goeie idee van wat nog alles vir ons voorlê nie, maar dat ons almal in die pikdonker al by die Neelsie is, sê darem iets van ons gewilligheid. Al is die Eerste Toeriste nog effens verward oor hoe dinge werk, stres nie een Ou Toeris toe BTK-tyd skielik in werking tree nie! Nadat tannie Miems Swanepoel opgelaai is en Christiaan Terblanche ons almal welkom geheet het, slaap meeste mense maar nog ‘n stukkie. Almal kry vreeslik koud, en toe dit uiteindelik lig word by die Hexriviervallei, sien ons dat dit geen wonder is nie: daar lê dan dik sneeu op die berge! Read More

Suidelike Sederberge April 1997

Vrydag – 28 Maart

06:00 is vroeg in die oggend, veral op ’n vakansiedag, maar 40 BTKaners laat hulle nie daardeur afskrik nie. In ’n japtrap was die bus (wat deur die bestuurder die ‘BTK Likkewaan’ gedoop is) gepak, maar ons het nog ’n halfuur gewag vir moontlike laatslapers. Read More

Witels 1997

Onthou jy nog daardie
Bloulug, blinkwater, witklip dae van Witels?

Die steil voetpad, die Middelhut
– daar mag ’n mens ’n oomblik sit;
Die helder maan, die sterrenag
die aanbreek van die nuwe dag;
Die wit misgolf oor kloof en kamp
en hoe dit voor ons oë verdamp
om vir ons te laat ’n paradys
om te geniet in die deurreis. Read More

Swellendam-Hartenbos Fietstoer

Woensdag 29 Januarie tot Maandag 3 Februarie 1997

Per Fiets deur die Somer

Woensdag, 29 Januarie 1997

‘n Heerlike somersoggend, die tyd van die jaar wat almal traag terugkeer na die roetine van werk en studie. Maar ons kan ons fietse op die geleende sleepwa laai en die grootpad vat Swellendam toe met daarde gevoel van opwinding aan die begin van ‘n toer. Read More

Keerom-Koo September 1996

VRYDAG – 20 SEPTEMBER

Dis ‘n groot toer vir September – op die toerlys tel ek 48 name ( waarvan een persoon wel nie opgedaag het nie ) en dit voel omtrent soos ‘n mini gala! Bonop het ons twee stelle toerouers nl. oom Jurgens en tannie Helen Hendriks ( die amptelike toervader en chaperone ) en oom Dieter en tannie Maretha Steinmann. Read More