“Walaaiers, Hout-en-Water!” Hierdie bekende uitroepe het soos soet musiek in die ore geklink en die besef tot ons laat deurdring dat ons nou werklik weereens op toer is.
Skugter het die maan oor die Pieke geloer om te sien wat daar by die Bosboustasie aangaan met Piramus en Thisbe en al die ander goed wat nog ge-item is nie!
