Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Nuwe waarskuwingsbanier vir jou e-pos

Dinsdag, Februarie 4th, 2020

Die aard van kuberaanvalle verander voortdurend en gevolglik moet Informasietegnologie, met die hulp van personeel en studente, alles in ons vermoë doen om dit te probeer bekamp.

In ’n poging om kubersekuriteit op te skerp op kampus, sal ons dus binnekort ’n nuwe waarskuwing verskaf wat die oorsprong van e-posse identifiseer. Deur die oorsprong te identifiseer is dit makliker om personeel en studente te beskerm teen kuberrisiko’s soos malware, spoofing en phishing

Voortaan sal daar elke keer as jy ’n e-pos van buite kampus ontvang ’n geel banier bo-aan jou e-pos verskyn wat soos volg lyk:

Click for a larger image

Kliek vir `n groter weergawe

Indien personeel of studente dus ’n potensieel gevaarlike e-pos ontvang wat lyk asof dit vanaf ’n kollega met ’n sun.ac.za adres gestuur word, sal die leser dadelik kan sien dat dit in werklikheid van buite die universiteit gestuur is, en dus verdag is. 

Let daarop dat die banier nie noodwendig beteken dat die e-pos `n gevaarlik is nie, maar bloot dat die moontlikheid bestaan en dat jy, as ontvanger van die e-pos, ekstra versigtig moet wees. 

Ons sal die effektiwiteit van hierdie stap deurlopend evalueer en heroorweeg soos nodig. Vir enige verdere navrae, stuur asb. `n e-pos aan help@sun.ac.za.

Belangrike inligting vir gebruikers van die sentrale administratiewe stelsel

Maandag, Februarie 3rd, 2020

Dis alombekend dat die huidige sentrale administrasiestelsel, wat ook TERATERM huisves, die einde van sy lewensiklus bereik het. As alles volgens plan verloop, word dit volgende jaar vervang deur SUNFin, `n moderne, gesentraliseerde, wolk-gebaseerde finansiële platform. (Meer oor SUNFin hier)

Die stelsel is reeds in 1989 ontwikkel en kan nie meer genoegsaam onderhou en opgradeer word nie. Intussen moet Informasietegnologie verseker dat die stelsel steeds optimaal funksioneer vir die oorblywende tydperk. Jy kan ons help deur enkele, eenvoudige stappe te neem:

  1. Indien moontlik, moenie te veel onnodige, veelvuldige sessies oopmaak nie.  Dit kan die stelsel oorlaai en veroorsaak dat ander gebruikers nie toegang kry nie. 
  2. Wanneer jy klaar gewerk het op die stelsel vir die dag, moenie net die skerm toemaak deur op die rooi X te kliek nie. Teken asseblief volledig af deur PF12 te kies en daarna die Afteken-opsie. (sien grafika onder) 
  3. Wanneer jy klaar is met `n program and dit nie vir meer as 10 minute nie gaan gebruik nie, gebruik PF12 om af te teken. Jy kan steeds die TerraTerm hoofspyskaart (sien grafika heel onder) oophou indien jy later verder wil werk.
  4. Indien jy weet wanneer daar beurtkrag gaan wees, kies PF12 en teken uit die stelsel uit. Anders sal jou sessie aktief bly.

 

 
   
 
   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opdatering van Adobe-lisensies

Vrydag, November 29th, 2019

Adobe Acrobat-gebruikers mag dalk opgemerk het dat ’n kennisgewing op hulle skerms verskyn met die boodskap dat lisensies gaan verval einde November. 

Hierdie is ’n administrasie-saak aan Adobe se kant en kan maklik reggestel word sodat jy sonder te veel moeite kan werk. Indien jy nie jou lisensie opdateer word nie, sal jy nie meer pdf-dokumente kan redigeer of lees met die Adobe Acrobat programmatuur nie.

Om te voorkom dat dit gebeur kan jy een van die volgende doen:

  • Maak die volgende skakel oop. Jy sal gevra word om jou gebruikersnaam en wagwoord in te tik en die licenceupdate.exe leêr sal, afhangende van jou webblaaier, jou vra of jy dit wil run/save of outomaties aflaai.
    1. Indien jou webblaaier vra of jy wil run/save, kliek run. Jy mag moontlik ’n kennisgewing kry dat Windows die leêr as onveilig beskou, maar jy kan kliek op more info and op run anyway kliek. Verdere kennisgewings sal op jou skerm verskyn. Met elke kennisgewing, kliek bloot Yes. Die skerm sal die nuwe datum waarop Adobe verval vertoon.
    2. Indien ou webblaaier outomaties die leêr aflaai, gaan na jou Downloads-gids en dubbelkliek op die licenceupdate.exe leêr. Volg die stappe soos bo beskryf. 
  • Indien jy nie bogenoemde instruksies suksesvol kan installeer nie, meld asb. ’n versoek aan met die onderwerp “Update Adobe license” op die ICT Partner Portal. Hou in gedagte dat ons met hierdie opsie nie onmiddellike hulp kan waarborg nie.

Eduroam-toegang vir besoekers (eVA)

Woensdag, November 6th, 2019

eVA (eduroam besoekerstoegang) is ’n nuwe diens wat besoekers aan hoër onderwys- en navorsingsinstellings in staat stel om toegang tot die veilige en sekure eduroam Wi-Fi netwerk te verkry. As addisionele identiteitsbestuurmiddel, is eVA ’n platform waar besoekers aan Universiteit Stellenbosch wat slegs tydelike internettoegang benodig op eenvoudige en veilige manier kan registreer. 

Wat is dit? 

eVA verskaf ’n meganisme wat gemagtigde personeel by eduroam-instellings toelaat om ’n besoeker te begunstig en tydelik regte aan toe te ken vir ’n spesifieke tydperk. Aangewese eVa-administrateurs kan bepaal wie geregtig is om besoekers te bestuur en hoe lank besoekers toegang kan kry. 

Hoe werk dit?

Indien jy eVA wil gebruik om jou departement se besoekers te registreer, teken asseblief ’n versoek aan op die ICT Partner Portal.  Om administrasie te vereenvoudig, kan die eVA kontakpersoon tipies dieselfde persoon wees wat SUNid ook hanteer en verkieslik ook slegs een persoon per departement of afdeling.

Neem net kennis dat jou lynbestuurder jou versoek moet goedkeur voordat jou regte toegeken kan word. Goedkeuring kan ook op die ICT Partner Portal gedoen word. 

Wat is die voordele?

  • Geen ander, addisionele registrasie, byvoorbeeld SUNid, is nodig om dié diens te gebruik nie.
  • Maklik om te gebruik. Handleidings en volledige instruksies is aanlyn beskikbaar. 
  • Besoekers se regte kan bestuur en beperk word.
  • Toegang verval outomaties na ’n verkose datum.
  • Rekords kan gehou en geoudit word.

Meer inligting oor eVA.

Internetonderbreking: Terugvoer

Vrydag, Oktober 4th, 2019

Vroeg Donderdagoggend is ons deur ons internetdiensverskaffer, TENET, in kennis gestel dat daar ’n onderbreking in die internetverbinding tussen UWC en SUN is. Dit het veroorsaak dat die hele US-netwerk vir ’n groot gedeelte van die oggend sonder internet moes funksioneer.

Tegnici is dadelik na die perseel gestuur om ondersoek in te stel en het bevestig dat die infrastruktuur gevandaliseer en die veselkabel afgesny is. Die beskadigde toerusting is vervang en konnektiwiteit is herstel. Ongelukkig is beide die primêre en sekondêre skakels beïnvloed en moes tegnici ook die rugsteun verbinding herstel.

Ons vra om verskoning vir die ongerief en waardeer julle geduld. Hou in gedagte dat, gedurende insidente soos hierdie, ons gereelde opdaterings sal plaas t.o.v. die situasie op ons Twitter-rekening.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.