Die nuuste gonswoord die afgelope paar maande is “cloud computing”, maar wat is hierdie sogenaamde”cloud” waarvan almal praat?
“Cloud computing” is die gebruik van rekenaarbronne (harde- en sagteware) verskaf as `n diens oor `n netwerk (gewoonlik die internet) Met ander woorde, dis `n netwerk van rekenaars wat op so `n manier opgestel is dat dit `n spesifieke diens kan huisves wat sagteware en inligting aan gebruikers kan verskaf.
Webwerwe en bediener-gebaseerde toepassings loop op spesifieke rekenaars of bedieners. Wat `n “cloud” egter anders maak is dat dit een gemeenskaplike, virtuele rekenaar gebruik wat onafhanklik loop van ander rekenaars of spesfieke bedienerkonfigurasies.
Om T. Grance en W. Jansen (Guidelines on Security and Privacy in Public Cloud Computing) aan te haal – “The common characteristics most (clouds) share are on-demand scalability of highly available and reliable pooled computing resources, secure access to metered services from nearly anywhere, and dislocation of data and services from inside to outside the organization.”
Met vinniger breëband-internet word die behoefte om sagteware te loop op jou rekenaar of op jou maatskappy se webwerf al minder noodsaaklik. Baie van die sagteware wat jy elke dag gebruik is alreeds web-gebaseer. Die “cloud” neem dit net nog `n vlak hoër.
Voorstaanders van die beweging na “cloud computing” beweer dat dit maatskappye sal help om toepassings vinniger aan die gang te kry, beter te bestuur en natuurlik laer onderhoud. Dit sal IT ook in staat stel om hulpbronne vinniger aan te pas en verander om te voldoen aan wisselende en onvoorspelbare besigheidsvereistes.
Eindgebruikers kry toegang tot die “cloud” deur middel van `n webblaaier of `n toepassing op jou rekenaar of selfoon, terwyl besigheidsagteware en gebruikers se data gestoor word by `n afgeleë ligging. Aan die basis van “cloud computing” lê die filosofie van saamgesmelte infrastrukture en gedeelde dienste.
Hou asseblief in gedagte dat “cloud”-berging NIE aanbeveel word vir institusionele of akademiese inligting (sien definisies onder) aanbeveel word nie. Indien jy wel besluit om van die “cloud” gebruik te maak, gebruik dit eerder vir persoonlike inligting of inligting wat nie krities is nie.
In terme van die konsep Informasie Bestuursbeleid, is die volgende informasie-kategorieë en sensitiwiteitskategorieë gedefinieer:
Die twee oorkoepelende kategorieë is:
a) Akademiese informasie is informasie bestaande uit akademiese inhoud (insluitende biblioteek-en, leermateriaal en navorsingsuitsette)
b) Institusionele informasie is die informasie wat die Universiteit as organisasie, personeel, studente en ander belanghebbendes ingesluit, besit of die kurator van is, asook enige informasie wat nie geklassifiseer kan word as akademiese inligting nie.
Vier kategorieë van inligtingsensitiwiteit, in volgorde van sensitiwiteit, is gedefinieer:
a) Konfidensiële informasie is informasie wat vertroulik verskaf is en gebruik word en slegs toeganklik mag wees of gedeel word met gemagtigde persone op `n nodig-om-te-weet basis.
b) Persoonlike informasie is `n spesifieke tipe Konfidensiële Informasie en word gedefinieer as informasie wat gebruik kan word om `n individu te indentifiseer of informasie oor `n identifiseerbare individu en informasie wat gedefinieer word deur die relevante wetgewing as persoonlike informasie.
c) Operasioneel sensitiewe informasie (verstek-sensitiwiteit) is informasie wat operasioneel van dag-tot-dag deur die Universiteit gebruik word en geklassifiseer word as sensitief afhangende van die omvang en implikasie swat die bekendmaking daarvan die Universiteit se beeld of werking kan beinvloed.
d) Publieke informasie word algemeen gepubliseer of vir die publiek.
SOURCES: http://www.makeuseof.com/tag/cloud-computing-work-technology-explained/ & http://en.wikipedia.org/wiki/Cloud_computing