Gesogte toekenning vir Prof JE du Plessis en Prof GF Lubbe

Prof Jacques du Plessis en Prof Gerhard Lubbe, die redakteurs van en bydraers tot die werk ‘n Man van beginsel: die lewe en nalatenskap van J.C. de Wet ontvang die Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Die prys word toegeken vir oorspronklike regskundige werke in Afrikaans; en/of vollengte artikels of ‘n artikel van hoogstaande gehalte in Afrikaans wat in geakkrediteerde regstydskrifte verskyn het; en/of baanbrekende regsuitsprake in Afrikaans.

Die pryse sal tydens bekroningsplegtighede op Stellenbosch op 27 Junie oorhandig word.

Sorry, comments are closed for this post.