NRF Ratings March 2022 | NNS-graderings Maart 2022

It gives us great pleasure to congratulate our colleague, Prof Sandra Liebenberg, the HF Oppenheimer Chair in Human Rights Law, with the outcome of her most recent NRF (National Research Foundation) rating application. Prior to this rating, Prof Liebenberg was a B1 NRF-rated researcher. Prof Liebenberg is now one of a handful of law academics who have been awarded an A1 rating (see the meaning of this classification below). Moreover, she is only the third woman who has been recognised as an A-rated scholar in this way amongst law academics (previously, Prof Julia Sloth-Nielsen (UWC) and Prof Erika de Wet (UP) were the only other female A-rated researchers). The Faculty of Law is exceedingly proud of Prof Liebenberg’s recognition as a leading international scholar. She joins Prof Cornie van der Merwe who is the other A-rated scholar from our SU Faculty of Law. In 2021, there were 124 A-rated researchers across all disciplines (18% female and 81% male).

National Research Foundation (NRF) A-rated researchers Researchers who are unequivocally recognised by their peers as leading international scholars in their field for the high quality and impact of their recent research outputs. A1: A researcher in this group is recognised by all reviewers as a leading scholar in their field internationally for the high quality and wide impact (i.e., beyond a narrow field of specialisation) of their recent research outputs.

 

(Afrikaans volg)

 

NNS-graderings Maart 2022

Dit is vir ons ʼn groot plesier om ons kollega, prof Sandra Liebenberg, wie die HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregte beklee, geluk te wens met die uitkoms van haar mees onlangse NNS- (Nasionale Navorsingstigting) graderingsaansoek. Voor hierdie gradering was prof Liebenberg ‘n B1 NNS-gegradeerde navorser. Prof Liebenberg is nou een van ‘n handvol regsakademici wat ‘n A1-gradering ontvang het (sien die betekenis van hierdie klassifikasie hieronder). Boonop is sy slegs die derde vrou wat op hierdie manier as ‘n A-gegradeerde vakkundige erken is onder regsakademici (voorheen was prof Julia Sloth-Nielsen (UWK) en prof Erika de Wet (UP) die enigste ander vroulike A-gegradeerde vakkundiges). Die Fakulteit Regsgeleerdheid is uiters trots op prof Liebenberg se erkenning as ‘n vooraanstaande internasionale vakkundige. Sy sluit aan by prof Cornie van der Merwe wie die ander A-gegradeerde vakkundige van ons US Fakulteit Regsgeleerdheid is. In 2021 was daar 124 A-gegradeerde navorsers oor alle dissiplines (18% vroulik en 81% manlik).

Nasionale Navorsingstigting (NNS) A-gegradeerde navorsers Navorsers wat onomwonde deur hul eweknieë erken word as vooraanstaande internasionale vakkundiges in hul veld vir die hoë gehalte en impak van hul onlangse navorsingsuitsette. A1: ‘n Navorser in hierdie groep word deur alle beoordelaars erken as ‘n vooraanstaande vakkundige in hulle veld internasionaal vir die hoë gehalte en wye impak (d.w.s. buite ‘n klein spesialisasieveld) van hulle onlangse navorsingsuitsette.

Sorry, comments are closed for this post.