Uitstappies 1934

Muizenberg – Kalkbaai – Vishoek – Uitstappie 17 Maart 1934

Om betyds te wees vir die twintig-oor-agt trein was glad nie te vroeg vir die vrolike vyftigtal BT-Kaners, waarvan meer as helfte eerstejaars was. Mooi so! julle begin reg, het die ou ingeburgerdes gedink.

Read More

Wat beteken die BTK vir my?

As ek vannaand terugdink aan die kamp, dan vergeet ek al die baie bogpraatjies, al die baie spontane opwellings van gedagtetjies (wat ek soms nogal nie anders as uitgesproke geestig kon bestempel nie), al die heerlike en eerlike pogings om te lag (sommige het geslaag, ander nie), al die baie kleingeweervuur en aanvallery, en al die aanvallighede, die enkele bestrawwing en die ongetelde vermanings aan die nie-kwaad-bedoelende komiteetjieslede – alles vergeet ek, want ek wil vanaand nie meer lag nie, ek kan nie vanaand so lag soos gisteraand nie.

Read More

Die Eerste Namakwaland Toer September 1934

Stadig vermeerder die groep in kakie op die stasie. Die trein kom. Dit is reeds vol maar ons skud toe maar in of op soos ons heel toer gedoen het so goed soos kon. Ons moes by Eersterivier en Bellville oorklim maar eindelik is ons veilig in ons verskillende afdelings op pad na Namakwaland. Alreeds vergader ons op die brug en sing so goed soos dit wil. Read More