Skiereiland Mei 1934

Op Woensdag, 8 Mei het die Aprilvakansie uiteindelik gearriveer en drie-en-dertig min drie opgesaalde toeriste het hom om halfagt in die môre met vrolike harte vol blye verwagting op Stellenboschstasie tegemoet gegaan. Met Oktober-weelde, met “Somer en son en saffier” wou hy vergoed vir sy vertraagde geboorte en die poging was so goed as volkome geslaag, nee, want die druppeltjie reent moes by anders was dit was g’n volmaakte BTK-toer nie! Hoe kon nuwelinge anders met oortuiging sing: “Nee is altyd dan ons woord!” op Einstein se vraag of die reën wat van bowe kom ooit ons gees kan uitdowe, hoe kon oulinge anders beproef het of hul nie intussen versuiker het nie? Nee, die druppeltjie moes by, dit staan vas en ons goedwillige April-Mei-Oktober-Somer Aprilvakansie het dit natuurlik besef!

Op die stasie om halfag in die môre het ons hom tegemoet gegaan.

Die trein trek weg – soos alle treine vroeër of later – maar hierdie trein het vir ons binne in hom gehad en dis daarom dat sy wegtrek van belang was – en ons het binne in hom gesit, en gekyk na mekaar, en bietjie gesels met mekaar, en bietjie by die venstertjies uitgekyk en bietjie ons nuwe blou liederbundeltjies ingekyk en tiekies betaal vir ons nuwe blou liederbundeltjies en weer na mekaar gekyk en gewonder en gehoop …. En toe staan die trein stil en hy konnie verder nie al wou hy en ons moes uit al wou ons nie maar ons moes! Want dáár was ou Tafelberg en dáár was die see, en dáár was die blou hemel en ons was op toer!

‘n Halfuurtjie te verwyl voor die trein ons na Kloofnek wil vervoer. Ons ry maar solank ‘n bietjie wenteltrap om in oefening te kom en eet “hiking bananas” op die parade vir dieselfde rede. En dan vertrek ons met die hoppelajannige vervoertuig – wat vader Abram die moeite spaar om sy baba te hoppela – tot op die nek, en dis hier waar die proloog eindig en die staptoer eintlik begin.

Vars val die dertig stuks in die pad – wag maar, die minus drie wag, wie droom dan nou al oor hulle? Die blinkwaterpaadjie is daarvoor te inspirerend, die wêreld te mooi, om te stap, te alte splinternuut en salig. Met vlerkies aan hul voete sweef die dertig toeriste tot in die Bakoventeerpad en dan word die vlerkies langsamerhand al lammer en lammer en vader Abram s’n breek skoon af – verbeel jou, Vader Abram se vlerkies! En dis hy wat eerste begin verlang het na die minus drie. Die ander het hul gou-gou aangewoon om net so goed op hoogopgepompte lugballonnetjies te swewe. Van die Atlantiese oseaan tot by die Indiese oseaan het hul geswewe en daar het ‘n innige verlangste na, en toenemende besorgdheid oor hul allerbeste maats, die minus drie met die lorrie en die wêreldsgoed van die swerwelinge hul mettertyd oorweldig en die blou landskap het voor hul oë vervaal en hul het omgekantel op die sand en genadiglik ongevoelig geword vir die leegheid in hul binneste. En kyk, toe hul uiteindelik weer bykom, daar was hul wêreldsgoed, en die lorrie en hul drie allerbeste maats en die halfvier middagmaal was net so welkom as die Mei-Aprilvakansie.

Met innerlike leegheid opgevul, verlangste gestil, kommer en besorgdheid weggevaag, oë verhelder, harte vervrolik, is voete vergeet op die skoffie om Chapmanspiek tot by Noordhoek waar ons in die eikebos oornag en die aand ons eerste kampvuur hou. Die blou balkies word ingewy en kry algaande ‘n gemeensamer aanskyn net soos die blou hempies op toer. Die brief van ons ou voorsitter word voorgelees en sy goeie wense word ‘n sienersprofesie.

Donderdag, sonskyn en ‘n ietwat woeste seebriesie. Ons stap van Noordhoek tot by Vishoek waar ons ‘n halfuurtjie vertoef om vir juf Jooste en Gerhard die plesier te verskaf om ‘n bietjie skoppelmaai te ry. Die opoffering is die moeite werd. Ons stap dan die langlendige hardepad Simonstad deur tot by die Rooi Aalwyne waar ons ons formele tussenskofte rus maak; ons lawe, ons voete liefkoos, ons grofstespys koningsmaal geniet, ons pypies rook en wegdroom op die wit, wit wolkies oor die blou, blou see maar spoedig is dit alweer “Kom nou vriende, staak jul drome, laat ons opstaan ….”

Langs die pad op ‘n graswalletjie by Millers Pt sit ‘n bende swerwelinge en wag …. wag …. wag …. Strelend is die sonskyn, lieflik die landskap, salig die vermoeidheid, iets heel moois word die wag op die walletjie. Dan kom Strepie die rus verstoor met die onverwagte berig in kleurryke woorde en kostelike liriek, van die onthoofding van die lorrie en die opgedane letsels van die ingesetenes. Goedgesind was die noodlot hom tog nog om by wyse van vergoeding vir die feit dat hy nie self in die “ongeluk” betrokke was nie, dit aan hom toe te staan om die nuus daarvan aan die ander te breek. As die sonnetjie agter die berge wegduik gaan ‘n party stowwerige swerwers deur ongeluk, belangstelling en simpatie betoning nog gou ‘n swemmetjie maak in ‘n bytende watertjie – maar ai, die gevoel daarna en die teetjie!

Ideaal is die kampplek vanaand – ‘n grastapyt onder die voete, taai ou boomstruike om geselligheid aan die omgewing te verleen, vouende berge daar op die see-horisonte en bo ons hoof ‘n helder sterrehemel. Om die kampvuur sit ons “een hart en een van sien”, en sing en maak pret terwyl die eenheidsband groei en die gevoel van “ons kan sing, ons kan lag, ons kan leef!” in ons harte groot word.

Vrydag, bo alle verwagting weer ‘n dag van goue najaarsgloed. Wat kan jy beter verlang as ‘n BTK-stapper om so ‘n dag te laat leef in die herinnering as meebringend vir ons iets van die onverganklike? Verby Smitswinkelbaai stap ons na “Smiths farm”. Die outydse agterwerfie verwek romantiese drome en waarsêerstalent, is ‘n lieflike ruspuntjie en die geboorteplek van inspirasie aan ten minste een tent se inwoners. Dan kom die kennismaking met ons naweekstaanplek onder die bome daar in die duine by die see ….

Gloedvol en onvergeetlik is die kampvuur die aand. Teen ‘n toweragtige vuurbeligte natuurlike toneeldekor, uitstaande teen die donker van die omsluitende nag, onder ‘n sterversierde kanopie, “‘n klomp goeie maats om ‘n kampvuur” wat een voel onder die wye hemel, hul vry en groot voel in ‘n uur van oorgawe aan Natuur en Lewe … En tussen ons gloedvolle sang deur en as dieper ondertoon van die vrolike pretmakery val op ons ore die geruis van die branding op die strand, die ritmiese deining van die eewigheid …

Die volgende dag word weer in songoud gebore. Was die Songod verlief op een van die toernooientjies of was dit maar omdat Droogte nie daar was om die reent uit te tart nie? Ideaal is die stappie na Kaappunt. By die laaste lighuis sing ons met oortuiging van die “Alpe se kruine” en voel daarby dat “sommige vlaktes” alle skoonheid van ons vaderland simboliseer. Maar ons sing ook van die liereborrel tjierel tjorel omdat ons mal voel en eenvoudig oorborrel. Dan af na die onderste lighuis op die historiese puntjie van Afrika. Heerlik om daar te staan, jou oë oor die wye waters te laat gaan, jou hart oop te stel en in te drink met verhoogde genot by die gedagte “that in this moment there is life and food for future years.”

As ons weer terug is op ons kampplek, is swem aan die orde van die dag en in die opbruisende melkwit skuimende pekel genees alle ongesteldheid waarna gesonde aptyte ywerige kokke beloon. Die aand hou ons weer ‘n genoeglike kampvuur waar dit aan items, oorspronklikheid, mal streke en sang nie ontbreek nie en maak die ontdekking dat ons tleuenaar in ons midde het “naughty, naughty dr Eiselen!” Maar kom ons hou dit maar liewer verder in die mou ter wille van die goeie naam van die BTK.

Na vier dae van swerwe is Sondag ‘n welkome verposing – ‘n hele lang lieflike rusdag in die sonskyn by die see. Om elfuur ‘n kort diensie in die skadu van die bome in die takke waarvan vinkies en streepkoppies wip en wieg en jubeltrillinkies die blou lug instuur. Daarna, swem of wandel of luier of droom, net wat jy wil. Sondagaand om die vuur weer ‘n paar items waaronder Dokter se storie uitstaande is, ‘n paar psalms, ‘n paar wiegeliedjies en dan maar vroeg na bed want môre dou voor dag….

Maandagmôre as die swart nagdonker nog op die aarde is, is twee paar lang bene en ‘n blou hempie reeds op om kwaad te doen. Wag maar vabondjies, tentknoop kom nie op julle koppe nie nê? Ons stap vandag terug na die Rooi Aalwyne waar ons in dieselfde klipskeur queue en vandaar na “Sea Vista” maar ons gaan oornag en party mense in beddens gaan slaap! Die middag besoek ons die “Carlisle” in die Simonstaddokke en die aand kom ons ons laaste kampvuur en so ‘n kampvuur! Die uitstaande item op die program is natuurlik die optree van die drie kore wat ons almal in vervoering bring en ons algemene liederroeper met ‘n hele paar nuwe liedjies uitbrei. Na die uitdeel van die pryse kom Reep op die toneel en oortref homself met die kostelike oorspronklikheid van die hoi-polloikoor. Bravo Reep en al die lede van die koor! Spesiale lof aan juf Jooste in die nommer van die juffrou met die hondjie wat eenvoudig onvergeetlik was. In die volgende item word dr Eis en al sy kaskenades besing en daarna, “‘n klomp lede van die BTK met blare wat pyn o so ywa-wa”. En toe gee die Voortrekkers weer ‘n item. Drie perde het hul nodig, en voel twee paar lang bene en ‘n blou hempie nie hoogmoedig as hulle geskiet word vir perde nie! Gedienstig dra hul die ruiters om die vuur en dan is dit onverwags kombers oor die kop en “borsel meisies!” “En het mos vir jou gesê ons moet ons oë oophou” sê een bekaf langbeenperd vir ‘n ander bekaf langbeenperd en ‘n bekaf perd met ‘n blou hempie toe die borsel en was. Ook neef Abram en nig Helen is op hul stukke vanaand en die lagspiere bly in beweging. Die godsdiens is verby, die vaarwellied gesing en nog bly drentel ons om die vuur en sing wiegeliedjies, volksliede enigiets om die laaste aand te verleng. En die nag huil die wolke mee van verdriet omdat die laaste kampvuur reeds van die verlede is.

Dinsdagmôre drup die trane nog voortdurend uit die wolke. Maar BT-Kaner geesdrif is nog nooit deur reent geblus nie en die Simonstadstasiemeester word so oortuig van die feit dat “ses duim reent op Simonstad glad te min is vir ons” dat, was hy by magte, hy nooit anders kon as om ons op die drang van sy hart ‘n verdubbelde ses duim reent te skenk nie. Op Stellenbosch aangeland stap ons in ‘n druipnat singende gelid van die stasie tot voor die Uitspan waar ons weë uitmekaar gaan.

En nou …? Troosteloos val die reëntjie buite; dis die droewige aanhoudende gedrup-drup van die eerste ernstige voorwinterse buie wat so onvermoeid soms dae agtereen ou Stellenbosch se sooie kan deurweek. Sal dit so maar aldeur aanhou? Sal die son dan nooit weer skyn nie? Is Winter nou vir goed gevestig? En wat as die reën wil val? En wat as die son nie weer skyn nie? En wat as dit Winter is? Ons het ‘n week van Sonskyn altyd in ons sonnige herinnerings waarin die skoonheid van vriendskap, vrolikheid, eensgesingheid, van liefde, geloof, van die grootse Natuur die sonnigste van sonnebeelde bly!

Anna H Dreyer
LOTOS-LAND

(MET DIE NODIGE APOLOGIES AAN A.G. VISSER)

EXODUS:

Die Maties stap aan oor die teerpad,
Geduldig, gedienstig, gedwee.
Die skofte is lank en wil afmat,
Hul dra dit so stil en tevree.

Die lorrie die wou dan maar ook nie,
Te ver van hul agter bly,
Praat nooit van die sukkel en spook nie,
Om hom bo-op die bulte te kry.

Had Moses dit swaar met sy sediges
Nog swaarder had Dokter dit nou,
Seervoetige Jacob’ en die lediges
Wou maar steeds aan die lorrie bly klou.

Maar wanneer wis Dokter nie raad nie?
En vir watter gevaar sou hy stuit?
Hy word nie vervaard ook nie kwaad nie,
Maar al bars dit, hy beur tog bo-uit.

So trek hul al verder en verder
En maak pret as die kampvuur saans brand,
Maar dr Eiselen die skrik want O! Herder!
Almal droom van ‘n Luilekkerland.

KANAäN:

En werklik na sovele sugte,
Land hul aan in ‘n skone vallei,
Ja, nou sal hul geniet van die vrugte,
Van swaarkry. Die trek is verby.

Ja hier is die land van Belofte,
Ja hier moet hul tente bly staan,
Elkeen sweer ‘n dure belofte,
Om na Stellenbosch nooit terug te gaan.

Die branders die bulder en bruis hier,
En breek skuimend neer op die sand.
Die sagste ou windjies die suis hier,
O! dis heerlik in Luilekkerland.

Geen werk is daar meer vir walaaiers
Hul het rus en genot by die see,
Ja selfs die grootste lawaaiers,
is stil – hul is innig tevree.

Die tentkomitee het die tente
Somar gou hot en haar opgeslaan,
Rus is soet ook vir dié luie vente,
Hul werk is mos nou ook gedaan.

ADIPOSITAS PRAECOX:

Die stappers word dikker en vetter
In die luilekkerland by die see,
Tot maer Reep Verloor raak gesetter,
En is hiermee ook heelmal tevree.

Hul baai in die branders so heerlik
Hul lê op die lekker groen gras
Hul eet groot borde kos – so begeerlik
Daar’s nie nou een wat dink om te vas.

DR EISELEN LOQUITUR:

Maar gedwee is dr Eis nie tevrede
So ‘n energieke kêrel soos hy,
Met ‘n heftige stew roep hy: “Lede!
Hier kan ons nie meer langer bly.

“Die kos word al minder en minder
Jul eet al hoe meer en meer,
Reeds noual sal hul ons verhinder,
Om soveel vettes in een trein te keer.”

“Wat te erg is, is te erg” stem juffrou Jooste
“Jul is glad te veel op die gemak”
Voor die son môre rys in die Ooste,
Moet ons wegtrek met sak en met pak.

NOW VOX POPULI:

Om te probeer teëstry sal nie baat nie
Die trekkers ken Dokter se woord.
Hul sal dus maar nou nie meer praat nie,
Hul moet weg van die salige oord.

Die Maties stap terug oor die teerpad
Wel stadiger, ja, dit is waar.
Weer terug na Stellenbosch moet hul pad vat;
Gedienstig hul drome laat vaar.

Doris Dreyer

GEE VIR MY ‘N BTK-TOER!

Gee vir my ‘n BTK-toer en ek sal lewe!
Laat ons oppak en stap deur die vrye velde,
Waar lewe en geluk in elke grassaad bewe;
Waar ons kan lag sing en geluk bring,
Selfs aan die voëltjies wat in die bome sing!

Gee vir my ‘n BTK-toer waar ek kan vergeet
Van die alledaagse kommer en leed.
Ons lewe nou in ‘n onbekende geluksland,
Waar geen plek is vir suur gesigte,
Wat ons kan herinner aan sorge en pligte.

Gee vir my ‘n BTK-toer waar die kampvuur brand,
En die vriendekring sleetjies bou hand in hand,
Die kore ons vervoer na wêrelde sonder wee,
Maar die hoi-polloi ons terugbring na die see
Deur geluide so vals dat selfs die katte die stryd opgee!

Gee vir my ‘n BTK-toer waar mens nog verlief kan raak
Op die mooiste nooientjie, wat niks wil hoor
Van ‘n soentjie skelmpies in die donker gesmoor
En ‘n sleetjie gebou om die vuur – so warm
Dat handjies nie nodig het mekaar nog meer te verwarm!

Gee vir my ‘n BTK-toer waar ‘n “Bachelor’s Club” bestaan,
Wat gereeld bloutjies loop so al om die baan!
Maar, sê die helde, “die hoop sal nooit beskaam”
En maak van toe af maar liedjies,
Soos dit alle groot kunstenaars betaam!

Gee vir my ‘n BTK-toer met dr Eiselen en sy pyp,
Met ‘n tong soos ‘n skeermes geslyp –
Al moet ek dit hoor, of Reep sy sigarette verloor,
Al word die papkoker ook vroeg uit sy slaap gestoor,
Tog sal sy soet stem ons nog altyd bekoor!

Gee vir my ‘n BTK-toer en ek sal lewe!
Hoerah!

(Watter “Bachelor”?)

ON : A WALKING TOUR

If you are one of those lucky people whose motor is numbered 14 or 20 or 34, in fact, if you have a motor you do not go out walking; you go out motoring, of course. I, however, go out walking. I am as fond of walking (or hiking if you prefer) as any one, but there is a moment just before I start on a tour when I wish I were not going. If the telephone rings, I would think: “Thank Heavens miss Jooste has to erect a Domestic Service building immediately, therefore our tour is through …. I mean, how sad! and looking as salemn as I can pick up the receiver “Is that the Steam Laundry?” says a voice. “You only sent back half a pair of socks this week.” I replace the receiver and reluctantly go upstairs to proceed with my preparations for the tour. We are going. There is no help for it. Even the weather is flawless. As I think about the coming tour, I wonder who the rest of the party will be, and if at this moment they are feeling as gloomy about the prospect of blisters, etc. as I am. How much better if we were all staying comfortable at home!

However, most of these unpleasant things (meaning blisters) generally do not happen, though real motor accidents sometimes do. But for the rest no one wisely or unwisely, revealed wishes of being on slimming diet, and every dish prepared by skillful cooks, was received with all-round approval. My particular memory is of a new invention (or would you call it a discovery?) in the culinary world – called “Reep se pap”. This relish is enjoyed the more by the fact that it is decorated very effectively, befor serving, with a quantity of charcoal bits, and also by the fact that onsehas to be a skilled navigator in order to be able to manoeuvre a whole plateful successfully, to its correct destination. Another attraction of this novel dish is that in the course of consuming it ons generally succeeds in transforming one’s plate into a masterpiece of bizarre futuristic design.

Unfortunately, touring is not all porridge. We must also consider food for the mind. We did do so. We began by singing: Freut euch des Lebens. We do not all know German, but we all sing (except, of course, those who don’t) and, yes, we are all fond of singing. But we also sit around the campfire. Furthermore we attend side-splitingly solemn performances of famous Greek dramas and listen seriously to the most sagacious of sayings – in a word, we have intellects even on tour.

But then, we also walk, which I believe is the subject of this document (in a way). Walking, however, is a very primitive action – some of our ancestors could also do it, and we, we are not primitive – we are intellectual even on tour.

(With apologies (many of them) to all who have written similar documents, expecially to A.A. Milne)
Dwight

‘N PAAR STREPE

Ja, vanaand sit ek weer hier by my tafel, omring van boeke, papiere en opgehoopte werk maar tog kan ek nie werk nie – ek wil maar weer terug na die toer, na die heerlike ou kampvuur en ook weer een wees van die lewensblye klomp maats wat weet hoe om te lewe en te laat lewe …

As ek my oë vir ‘n oomblik toemaak dan sien ek weer die kronkelende pad wat teen die berg uitkruip soos ‘n groot slang wat hom om sy prooi sluit. Daar op die pad beweeg ‘n klompie mense en hul word op hul voortgang begelei deur die ritmiese golwegeklots teen die rotse aan hul voete –

Ek kyk ‘n bietjie verder en my oë val op ‘n uitgestrekte blou omgrens deur die geheimsinnige donkerte van die berge op die verre Oosterkim. ‘n Paar wolkies beweeg langsaam deur die soele lug soos ‘n trop skape wat rustig en stadig die kraal nader as die son agter die Karoorantjies begin verdwyn ….

Dis teen die aand en die son gee sy laaste afskeidskus aan sy natuurkinders. Langsaam beweeg die goue strale oor die oppervlak van die rusteloor-woelende seevlak, al verder en verder, al dowwer en dowwer. Vir ‘n paar oomblikke skitter daar nog diamante op die maanhaar van kabbelende golwe; en dan val die strale op die verre blou van die berge, wat dan vir enkele sekonde suitstaan as ‘n diepblou skildery in ‘n goudomlyste raam …. langsaam vervaag die helder geel en ‘n sagte donker violet kruip uit die verte oor die horison en dit vervloei weer onmerkbaar stadig tot die donker-grys van die naderende nag …. Nou is die berge nie ‘n kleurvolle skildery nie, maar ‘n toonbeeld van diepe geheimsinnigheid asof hulle hulle weer in hulle ewige, kille ongenaakbaarheid terugtrek terwyl die laaste goue wolkie versomber tot ‘n dowwe vaal-grys.

Onwillekeurig gaan daar ‘n diepe rilling deur die eensame persoon wat daar bo-op die heuwel in aanbidding staan voor die huiweringwekkende skoonheid van die toneel.

Nog vir ‘n lang tyd staan die persoon roerloos daar as ‘n swart silhoeët afgeteken teen die aandlug …. Die son is lankal weg en die laaste spore van die berge daar ver, het reeds lankal in die swart mantel van die nag verdwyn, maar nog staar hy met onsiende oë in die rigting van die Onsigbare daar anderkant die woelende waters … Hy staan soos een in ‘n droom en as ons naderby kyk dan sien ons so ‘n mistiese trek om sy mond terwyl daar iets geheimsinnigs en ondeurgrondbaar uit sy oë straal … “Ja, dis maar net ‘n sonsondergang, maar het jy nog nooit gevoel dat iets vir jou so mooi is dat dit ‘n geweldige pyn meebring nie? Weet jy wat dit is om te voel asof jou liggaam te klein word vir jou siel wat wil wegbreek en saam met die lieflike goudkleuringe wolkies wegswerwe na die aanloklike geluksland daar in die verte nie?”

Ons staan altyd op die strand en kyk met verlangende oë na die wonderlike blou geheimsinnighede daar in die verte … ons klim op in die goue wolkies en jaag in alle yl daarheen – ons stuur af op wat ons ideale noem … Maar het jy gesien dat baie van daardie mooi wolkies verdwyn het nog lank voordat hul daardie deinserige blou vertes bereik het?

Ons staan vanaand hier en kyk daarheen … mag die son vir ons lank genoeg skyn sodat ons die anderkant waarna ons so verlangend uitsien, kan bereik!

Weer ‘n “Bachelor”

UITTREKSELS

FROM: “CHANCERS ACCOUNT OF SOME OF THE CAPPE PT PILGRIMS”

” … will four and thirty in a companye
Of sundry folk, by aventure g-falle
In felaushipe, and pilgrums were they all
That foward Cappe Pointe wolden walke
And on the yerde wayes walden wolke
And now, whyl 2 have tyme and space
Me thinketh it accordaunt to resoun
To tell you of the condicoun
Of some of hem, so as it semed me,
And which they weren and of what degree;
And elk in what away, that they were mine:
And at the lady chaperone will I first beginne.
That goal lady was ecleped madam Joosete
And loved she was as was the sonne from the Oosete
Ful well in quire hoi-polloi she song.
A brighte spot was she in Reepies’ throng
A captain eek there was and that a worthy man
And from the time that he first began
to walken out, he loved pippery
his pipe, tobacco, fire – yea, smokery.
In walking days he wore khaki array
But velvet striped was reserved from Sonneday
Five tokkelsken weren in this companye
Grove, Gerard, Harold, Abram, Giepie
No better five were ever to he founde
In all this mighty tokkelokken loude
Three sister faries graced this companye
Ana brother and sister twains eek three
And cousins on this pelgruminge were seven
And unrelated were eight plus eleven
Of some of these I muste you nou tellen
There were a white and a blacke Helen …

A.D.

UIT: “DIE EERSTE AAND.”

“Van die Kapteinstent kom daar ‘n gesteun – “Ag mense, maar hierdie grond is darem hard – en so ongelyk, mens sou sweer hier’t een diamante begrawe. En hier slaap Dokter heerlik op ‘n “stretcher” – as ek dit geweet het sou ek mos myne ook gebring het, maar toe was ek mos weer bang ek sal hier hoog en droog op ‘n “stretcher” moet lê met Dokter langs my op die grond!”

“O wêreld!” klink dit van die kampvuur se kant toe almal al hul nessies geskop het, “hier het ek dieselfde twee helftes van twee paar pyjamas ….”

D Ackerman & S Joubert

UIT: “‘N DROOM”

“Dis die “bachelors club” wat in hul spookgewaad voor die dromer as skuime van die verlede kom. Op plegtige wyse meld mnr Verloren van Themaat aan dat die Columbia Grammefoon Maatskappy hul gedwing het om hul onsterflike lied te laat opneem in ‘n plaat. Treffend spreek hy sy droefheid uit oor die feit dat die musiek van die skone natuur, so simbolies van die BTK die onsimpatieke beskawing moet indring. Hy verheug hom egter daarin dat die held van die lied, dr Eis, nou vir ewig wêreldberoemd sal wees.

Wat se geraas verstoor nou die slaper se rus? Ag, dis maar net Katie en Leda wat ‘n duet stry.”

D de Wet

UIT: “KUNS EN KULTUUR”

“Een van die grootste aktrises onder die lede van die toer is mej Johanna Perold. Dat sy die ware kunstenaarsiel het en die groot gawe besit om haar volkome in te leef in die rol wat sy speel, sal niemand wat die voorreg gehad het om haar voordrag in die Euximedes te sien, betwyfel nie. Die paar wat haar op daardie oomblik gesien het is volkome daarmee eens dat dit wonderlik was om te aanskou hoe dr Eiselen, toe hy links af moes gaan en binne ‘n minuut weer regs opkom, oor die tentlyne geseil het, met sy toga in die linkerhand hooggehou en sy pet met die regterhand op sy kop vasgeklem en tog sy waardigheid nie verloor het nie. Alleen ‘n kunstenares soos mej Perold kon hierdie triomf van die dramatiese kuns bereik maar ongelukkig het dit agter die skerms plaasgevind sodat die gehoor van die skouspel beroof is.”

‘n Ander groot kunstenares is mej Corrie Verloren van Themaat. Mnr Frans Geldenhuys vertel hoedat die groot tragedie van Sophokles hom erg aangegryp het en dat toe mej Helen Murray ingestorm kom met die vreeslike tyding van ons geliefde Gerhard Roux se dood, sy dit op so ‘n aanskoulike wyse vertel het, dat sy hare penregop op sy kop gaan staan het. “Maar”, sê hy, “alles kon nog gaan maar toe die koor hul verskyning van “woe is me” laat hoor, en bo alles mej Verloren van Themaat se angskreet van blote woe uitstyg en, as’t ware, oor ons almal sweef, het die bloed in my are gestol, en ‘n paar van my swartste hare het somar dadelik die gees gegee en spierwit geword.” Daar is natuurlik mense wat sê dat mej Verloren van die sinnetjie “woe is me” net die woordjie “woe” onthou het, en dit toe maar so lank moontlik uitgerek het. Ons, wat beter weet, lag wanneer ons sulke aantygings hoor, en haal ons skouers op, want sulke mense moet daar ook glo wees. Hulle is onbekwaam om die ware kunstenaarstemperament te herken wanneer hul dit teëkom. Maar ons weet dat mej Verloren van Themaat geweet het wat die mees effektief sou wees, en dat sy reg was sal mnr Geldenhuys getuig …”

S Trosky

UIT: “STAP EN DIE BTK”

” …. Groot die bekoring van saamdoen, saam blare uitstap, saam verbrande pap eet, saam nat reent, saam sing, saam lag, saam gelukkig, gesellig, gesond vakansie hou – en ek sou wat wou gee om Stevenson te hoor skryf oor ‘n goeie ou BTK-kampvuur aan die aand van ‘n dag se stap, oor baie van die momente, skilderagtig, gesellig, onvergeetlik, soos hul hul voordoen op so ‘n toer – so ‘n klompie stowwerige toeriste wat herlewing bring aan ‘n kafeetjie aan die weg uit vergange se dae, of so ‘n klompie groenteskillers met “loafers” daaromheen of so ‘n enkele ou roker waar hy filosofies sit en suig aan sy pyp en die spulletjie so deurkyk of …. o, talle van dergelike momente wat ‘n begenadigde sou kon verewig ….”

A.D.

FROM: “DANIE ACKERMAN’S SOLILOQUY”

“Ah! curse that day when women decided to go on tour. Fellowmen it was an evil day when you yielded to her wincome pleadings …. Women are cruel, merciless, relentless …. When I fell into that bush to save my fellowman and tore my shirt to tatters and stripped the skin off my back, did they raise the fallen, did they sympathise with me in my plight, did they offer to mend my torn garment? Oh-no! Such kind thoughts could never enter the cold hearts of these wisdom Eves. What did they do? They ran for the iodine bottle, – yes, the iodine bottle ….!

Thank goodness I have had a Spartan training ….”

D Dreyer

UIT: “GESIEN EN GEHOOR DEUR DIE VERKYKER OP KP. PT.”

” …. Die interessante apparaat kan voorwerpe waarneem nie alleen in die onmiddellike hede nie maar ook kan die lens so gestel word dat óf die verlede óf die toekoms blootgelê word. Die bepaalde verkyker op Kp. Pt. het dan ook nog ‘n besondere eienskap naamlik die vermoë om ook akoestiese klanke op te vang.

Onder andere; Geregistreer op Saterdag, 12 Mei om twaalfuur voormiddag deur sy Majesteits Dienskneg Matroos no 578927 (alias Cockeye Stammerin’ Jack).
Verlede (lens staan op -5)
Gesien: ‘n lorrie, ‘n klip, ‘n botsing, ‘n aftuimelende individu.
Gehoor: Oh, damme, damme, damme, eina-a-a!
Hede (lens staan op 0)
Gesien: ‘n Imposante figuur in toeriste drag, kierie, kep, en veral, pyp.
Gehoor: hum-p, hum-p, hum-p
Toekoms (lens +5)
Gesien: Drie sluipende figure in die donker skaduwees van die nag, Duiwelswerk. Dan, ‘n gedopte tent.
Gehoor: ‘n Woede sonder woorde.
Toekoms (lens +15)
Gesien: ‘n Groepie druipnat figure, moeilik om geslag en ouderdom te onderskei; Stellenbosse strate.
Gehoor: ‘n Weemoedige: “Ag ja, nou’s dit ook weer verby!”

H Murray

Leave a Reply