Sabie-Marieps Junie 1966

Gedeeltelik om vir die Bolanders te wys dat Donker Afrika eers ‘n hele end dieper in as Transvaal begin, het die BTK ‘n splinternuwe idee, om die Junie-koue te trotseer, die lig laat sien.

‘n Uitsonderlike toer was dit voorwaar van begin tot end, want waar het jy nou van BTKaners gehoor wat kwart oor nege reg is vir die vyf voor tien trein! ‘n Verskoning sal gesoek moet word; hulle het seker maar die voor met die oor verwar – maar net ‘n glips! Read More