Kleinmond Gala 1966

Met stywe en stram litte na die terende eksamen is daar probeer om nog te red wat daar te redde is deur stadig die sandstroke van ons kus aan te durf.

Reeds op Somerset-Wes was die kele doodgeklets sodat die kafee sy kant moes bring – maar die Kleinmannetjie het hom reeds Botter gesmeer vir alles wat hy voorheen nie mag gedoen het nie en ruk reeds hande uit. Read More

Gamkaskloof Oktober 1966

Want we zijn de heersers der aard!
En willen’t ook zijn in Gamkaskloof!

Die lied het dwarsoor Stellenbosch, in elke voornemende toeris se hart weerklink!

30 September het ons swerwe begin. Die bus het gewone BTK-tyd (1½ uur te laat) die Bluebird se spore gesoek, en ons het al jillende en gillende, sommige proberende singenede!, vertrek. Read More

Sabie-Marieps Junie 1966

Gedeeltelik om vir die Bolanders te wys dat Donker Afrika eers ‘n hele end dieper in as Transvaal begin, het die BTK ‘n splinternuwe idee, om die Junie-koue te trotseer, die lig laat sien.

‘n Uitsonderlike toer was dit voorwaar van begin tot end, want waar het jy nou van BTKaners gehoor wat kwart oor nege reg is vir die vyf voor tien trein! ‘n Verskoning sal gesoek moet word; hulle het seker maar die voor met die oor verwar – maar net ‘n glips! Read More

Riviersonderend April 1966

Met ‘n toerroep van “lekker vakansie hou”, het die Greenbird met gelukkiges die Akker verlaat, maar Nico het net gebrom: “vakansie hou, 113 harde myle van werk!” Tog was daar in almal se harte die wens dat dit ‘n toer sonder end kan wees. Read More