Berghut-Boukamp September 1980

19 – 25 September 1980

Vrydag:
Ja-nee, sommer van die begin af beloof dit om ‘n hutbou-kamp so in tradisie te wees: die bus vertrek half (of te wel kwart oor) vyf; “die bus” is dié een wat met ‘n vorige besoek aan die berghut opgepak het en deur JP-hulle gehaal moes word (en dit kon ‘n mens wel deeglik hoor aan die ratte!). Read More

Oranjerivier Junie 1980

05 – 12 Junie 1980

Saterdagaand:
‘n Gewone begin vir ‘n ongewone toer: vertrek nege-uur in plaas van agtuur, laaste oproepe en dinge en op pad was dit maar ‘n geslapery in alle denkbaar moontlike posisies én peanuts om die pad korter te maak. Langs die pad vir Ilse Mostert en later ook vir Tobie opgelaai en toe maar net gery om daar te kom. Read More

Koue Bokkeveld-Visgat April 1980

Vrydag, 28 Maart:
Deon se “tafste maar ook mooiste Bolandse toer” laat jou maag knop staan en jy wonder of die stukkie bergpaddraffie gaan help en as jy dink aan daai rugsakstap …. dan raak jou knieë lam en jy sluk net en wonder maar net.

Die vooraf skuifies het hierdie bangheid nog steeds laat wik en weeg: lilo ry en koue water enne dalk nog natreën – dit of die akademie. En uiteindelik bangoog, knypoog verloor die akademie en begin jy verlangend uitsien na daai iets besonders en daai stukkie ekstra wat ‘n kwartaal se swot en dinge sommer so in ‘n japtrap kan wegtoor. Read More

Witelskloof Januarie 1980

Witels is ‘n waterstap, ‘n wonderwerk, ‘n wanneer-kom-ons-weer. Dié stap van die somer sê Joos, en terug ook.

Maandagmiddag BTK-tyd drie-uur is ons toe onder by die stoor waar vyftien kospakkies reglê: vir agt Witelsers! (Nie dat ons omgee vir die ekstra tjôklit en kasies wat toe saamgaan nie!). Ons agt is toe Pierre en André en Willem en Wessie en Hendi en Braam. Read More