Witsand-Gouritz Gala 1983

Dis as die jaar so end se kant toe staan dat ‘n tinteling hier in die maag van elke voornemde gala-toeris begin kriewel. Die ou BT-Kaners herken dit. By eerste toeriste skep dit ‘n gevoel van aangename afwagting. So was dit weer in 1983 en terwyl die eksamen nog in sy laaste doodsnikke was, het ‘n groot groep gelukkige Maties die opbruis en oorloop van duisende tintelinge ervaar. Op ‘n lieflike sonskyndag het ons voorlopig weggery van eksamenprobleme, uitslae en afskeidneem-van-die-bos, om eers behoorlik te gaan voete vind (tussen die blase deur) langs die kus tussen Witsand en Gouritz. Read More

Skoonste Kaap September 1983

Die plek: Kaappunt; die tyd: agtuur; “Een …. twee …. drie …. VUUR!” Nee, dis nie een of ander Midde-Afrika vuurpeleton nie, maar die benoude aansporing vir ‘n paar meer brawe manne wat die vraatsige kees van ons eerste oggendbrood probeer verwilder -terwyl die dames veilig en droog (dit was mistig) in die bus sit en toekyk. Dié onwelkome lid van die Beukes-familie is gelukkig voordat ál die broodjies verwoes kon word, verwilder en na “wat die oog nie sien nie ….” is daar tentatief broodjies uitgesoek en kon ons begin opstap na die beroemde Punt van Afrika. Read More

Kougaberge 1983

Die vakansie het al so op sy hurke gaan sit en gereed maak om op sy rug te gaan lê toe ons klompe Brawe Trotseerders van Koue tradisioneel-stiptelik sowat ‘n uur en ‘n half laat uit Stellenbosch vertrek. Oor die wenslikheid van die winter-uitstappie van ons – so reg na al die storms in die Kaap – is heelwat gedebateer en almal van ons is nie ewe vol vertroue hier weg nie. Die winter-sonnetjie het gelukkig besluit om sy kop uit te steek en ek het selfs begin kans sien om my serp te laat agterbly. Read More