Weskus Gala 1990

Die “Nuwe Suid-Afrika” het ook sy invloed op die BTK gehad, want Vrydag vertrek ons slegs ‘n halfuur laat van Stellenbosch af na Saldanhabaai. Daar gekom het almal ‘n bietjie verward rondgesit; totdat tannie Miems ‘n bal ontdek het en almal wat nie wou saamspeel, se lewens versondig het.

Ons is vriendelik in die karavaanpark welkom geheet, maar tog ernstig vermaan om nie te lawaai nie. Groot was die ontsteltenis dus toe ons tot in die vroeë oggendure deur Leon Schuster vermaak is. Read More

Bestuursuitstappie na die Pieke

Laat een mistige Woensdagoggend is tien van die bestuurslede die Pieke uit. ‘n Ou tradisie het weer herleef: die nuwe bestuur gaan slaap op Die Pieke! Die swaar rugsakke (gelaai met enigiets van slaapsakke tot aarbeie en sjampanje) het die reeds moeilike tog nog effens bemoeilik, maar die blote gedagte om op Die Pieke te gaan slaap (of om die eerste keer daar te kom), was genoeg aansporing. Read More

Oorlogskloof September 1990

Saterdagoggend, 29 September, vertrek drie-en-dertig BTKaners (sommige met nou slegs die potensiaal om te word) sonder voorsitter en kosma, maar onder die bekwame leiding van Hans en Anine na OORLOGSKLOOF. Langs die pad het Theresa, haar ma, Ann “-everybody’s fan” (‘n oud BTKaner) en Gerrit by ons aangesluit. Aan die eerste toeriste is geen genade betoon nie; die “final countdown” het reeds op die bus begin en benoude oë het rondgesoek na andere in dieselfde verknorsing. Naby Citrusdal het ons onsself met lemoene bewapen en was ons reg vir die oorlog in die kloof. Read More

Jonkershoekmarathon-Roete 1990

VRYDAG:

Vertrektyd halfsewe word toe vertrektyd halfagt en kort daarna word ons by Jonkershoek se hekke afgelaai. “Toe stap nou, julle wil mos stap!” Leon Verster en Antonie van Heerden het ons met gemengde gevoelens verlaat. Hulle akademie het geskree om aandag en hulle was lus vir saamstap, maar dit het ook fyn begin motreën. Ons was ook skaars in Swartboskloof toe is ons nat en teen die tyd wat ons gamebreak gehou het, het Ancil Theron en Desireé Erasmus ons verlaat nadat Desireé geval en haar oogbank oopgesny het. Ons was dus nou 21. En dit het nog steeds gereën. Read More

Richtersveld Julie 1990

Die naam Richtersveld is ‘n goeie woord om hierdie wêreld te beskryf. Wat is dit, waar is dit en hoe lyk dit daar? Van baie van die toerlede was dit dan ook ‘n groot misterie oor hoe hierdie deel van ons land daar uitsien.

Dit was egter met groot entoesiasme en afwagting dat die lang pad na Garies aangepak is. Baie van die toerlede het nog nooit vir Garies gesien nie, maar sy kubus-verlede het hom welbekend gemaak. Read More