George – Knysna Gala 1995

VRYDAG 1 DESEMBER

Dis die einde van nog ‘n deurmekaar eksamen en daar is nog soveel dinge wat roep om voltooiing. Ek begin twyfel of dit die regte besluit was om te kom gala… Maar dan land ek half verstrooid laat by die Neelsie aan net om te sien hoe mense luilekker in die son sit en rustig wag vir die wa om klaar gelaai te word. Dit lyk dan soos ‘n vakansie – ‘n vakansie wat ek bitter nodig het en skielik besef ek daar le 9 onvergeetlike dae voor. Read More

Drakensberge Julie 1995

14/7/95 Vrydag:

Van heinde en verre kom sit-sat BTKaners uiteindelik onder die groot dennebom by Bethlehem se poskantoor bymekaar. Dis maar ’n getrap-trap soos ons mekaar uitkyk – allie malles wat nou vir ’n week die berge in gaan vaar. Eers egter kan ons terug in ons kar-kokonne (party eerder neste) terwyl ons neuse in die rigting van Witsieshoek (Putadjithaba) beweeg. Alle paaie lei na …. Qua-Qua. Read More

Gamkaskloof April 1995

Dis Vrydag, 7 April. Dis 4:45nm en ek pak vervaard die laaste rondgestrooide items wat op my kamervloer lê, in my rugsak. Die rede vir my vervaardheid? Dis redelik eenvoudig: die BTK toerbus na die Hel vertrek om 5nm, en ek is dus soos gewoonlik effens laat. Gelukkig is die BTK self nooit 100% betyds nie (waarskynlik die gevolg van mense soos ek wat nooit betyds is nie.) Read More