BAAAIE DANKIE!!

My liewe BTK vriende!
Good morning to UUU
Good morning to UUU
We’re ALL in our places with bright shining faces
Good morning to UUU!!

Nog ‘n BTK gala is weereens verby en behoort reeds aan die verlede, maar is weereens BAIE helder en duidelik in my geheue gevestig en sal dus nog vir ‘n geruime tyd deel van my herinneringspakket bly.

Soos gewoonlik het die kontak met die natuur sowel as die intense kontak met sulke wonderlike en unieke jeugdiges my siel aangeraak en dan word dit mos deel van ons menswees. Die intense natuurbelewenis het beslis OOK ‘n BAIE sterk invloed op die kontak met ons mede BTKaners en DIT maak ook daarvan ‘n baie DIEPER en INTENSER lewenservaring. Al die BAIE grappies met ‘n lekkerlag daarby sowel as die singery, “dansery” en “massage garage”is ALLES maar net ‘n MIDDEL tot ‘n DOEL waarvan ons die vrugte eers in die verre toekoms sal SIEN en hopelik sal kan PLUK!

Read More

Nuut opgegradeerde webtuiste

Vir die wat gereeld na die BTK se aanlyn tuiste kom sal hierdie skielike verandering dalk ‘n bietjie skok meebring, maar neem gerus ‘n tydjie om rond te blaai en te kyk wat alles verander het.

Daar is nog baie werk om gedoen te word en ons gaan ons bes doen om die webtuiste in sy volle glorie te hê wanneer die Universiteit weer begin.  Ons sal enige kommentaar, krities en goed, baie waardeer.

Hier is ‘n paar nuwe funksies van die nuwe blad:

Die Berghut het water!

Uiteindelik is die watertenk bo op die berg. Van links na regs: Reinhardt Venter, Andre Leuvennink, MD Greyling, Charl Ellis, Isak Bosman, Daniël Schoonwinkel, Jacobus Stander en Hugo Minnaar (Johannes Leuvennink het die foto geneem)

Op Saterdag 25/11/2011 het ‘n groep van 8 BTK’ners en ‘n Oud-BTK’ner die water na die terrein van die Berghut op die plaas Belle Vue naby Hermanus aangelê. Dit is die eerste werk wat op die terrein gedoen is en die terrein is nou gereed vir die bouers wat in Januarie gaan begin.

Die vreugde was groot toe die kraan oopgedraai was en daar water uitkom.

Die groep van 9 het hulle baie goed van hul taak gekwyt en die werk sommer vinnig afgehandel, sodat daar nog tyd was om middagete by die waterval te geniet, waar die koue bergwater aangedurf is.

Die BTK sien uit na nog baie genotvolle uitstappies na die berghut en bedank die groep wat deel was van hierdie geskiedkundige oomblik vir die BTK.

–Isak Bosman

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.

Berghut watertenk-installasie

Vriende,

Die Berghut se water is aangelê en die 1500 liter tenk is geinstalleer en vol! Die oorloop word teruggegooi in die stroompie waaruit dit geneem is!

Die pype se opneem was maklik. Ons het die onderste klofie se paadjie verby die poele gebruik. Die tenk se opdra was egter baie moeilik en ongemaklik. Ons het die nuwe voorgestelde kontoerpad se roete gebruik. Ons het baie gesukkel, maar die manne sien kans vir ‘n tweede tenk van 1500 liter in Februarie wanneer die US weer begin. Die keuse van die grootte van die tenk was korrek. Groter sou dit nie tussen die bome deur gemaak het nie. 1000 liter sou nie makliker wees nie, want dit is dieselfde deursnit as die 1500 liter. Die 500 liter sou baie makliker wees want hy is net 80cm in deursnit maar is te klein.

Baie dankie aan Isak Bosman, MD Greyling, Reinhardt Venter, Hugo Minnaar, Daniel Schoonwinkel, Jacobus Stander, Charl Ellis en Johannes Leuvennink.

Groete
André

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.

Welkom by die BTK se nuwe tuisblad

Die nuwe bestuur het dit goed gedink om die BTK se website op te gradeer. Saam met die nuwe tuiste is daar ook nuwe inligting en features waarmee ons hoop om u ervaring so lekker as moontlik te maak.

Stuur asseblief enige voorstelle na btk@sun.ac.za.