Sederberge skets

Deur Michelle du Toit

Dag 1, Saterdag, September 2012

Saterdag, 8 September, vind ‘n klomp ywerige BTKaners hul weg na die Neelsie om 03:00 – die res van ons was slegs effe laat. Toerlyste word ontvang en tasse ingelaai, maar dit is net die mosies waardeur ons gaan. Soos die meerderheid van die groep (Magriet en M.D. uitgesluit), is ek nog vas aan die slaap. Klein deeltjies van gesprekke oor kitare, bekfluitjies en ‘n blouswembroek dwaal verby my ore, maar dit is nie lank nie en my oë val toe.

En dus sal julle verstaan as my verhaal eers ‘n paar ure later begin – so skrams voor 07:00, toe my oë weer oopgaan. Read More

Amatola 2012 Skets

14/07/12 Dag 1 – Die Vloed

Die Junie vakansie was lank en heel vakansie lank sien jy nou al uit om die 100 km lange Amatola staproete aan te pak. Jyt gehoor dis ‘n katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Voor jy egter kan begin bekommerd raak oor of jy reg is vir die stappery moet jy eers die ongeveer 1000 km en 15 ure op ‘n (effens dodgy) El Josa bus deurmaak. Hoekom doen ons nou weer hierdie aan onsself?

Baie gou word die busrit ‘n interessante affêre want daar word agtergekom dat die bus soos ‘n goedkoop horlosie “water resistant” en nie “water proof” is nie. Die slimmes besef dat die geheim is om vir die hoogtes te skiet en klim in die bagasie kompartemente bo die koppe van die res in. Hierdie dien dan sommer ook as ‘n vyf ster bed. Op Plettenbergbaai word die eerstejaars Marse van der Merwe en Huldi Marais sommer gou uitgeken want hulle kan bevestig dat dit wel is waar die groep hulle bevind. Lekker matriek rage! Read More

Keerom Junie 2012 Skets

Keerom, Junie 2012, ‘n Skets van gebeure deur Jacomien Hauman

Dinsdag, 12 Junie:

Of jy nou hiernatoe gery, ge-hitch-hikehet, dalk selfs ‘n draai in Robertson gemaak het of al die pad van Israel af gestap, soos Hugo Minnaar, het, jy is by toerleier Christiaan Rabie se huis en jy kan uiteindelik jou asem uitblaas na die (hopelike) afgehandelde eerste semester. Jy stap verby die vuur wat lekker knetter, en soos wat jy in die huis kom hoor jy net orals die vrolike gelag van studente, jy weet nie by watter geselskap om aan te sluit nie. Read More

Knysna na Vicbaai Gala 2011 Skets

Vrydag 18 November
Dis middernag in Stellenbosch en amptelik het die dag waarop die BTK gala moet begin aangebreek. Jou goedjies is waarskynlik al gepak en gerred om vroegerig in die bus gelaai te word om te vertrek vir ‘n son, see en slee vakansie. As daar egter sketskrywer agter jou naam op die toerlys staan, is dit meer waarskynlik dat jy nog eers vier jaar se gemors uit jou koshuiskamer moet verwyder. Dit is egter haalbaar en teen die tyd wat die twee busse met ongeveer 120 studente gelaai is is jou lewe op Stellenbosch vir die volgende paar maande agter slot en grendel en is jy reg vir ‘n week wat jy vermoedelik nie gou gaan vergeet nie. Read More

Weskus Toer

Sien foto’s van hierdie toer onderaan.

Saterdag 3 September: Waai my jas in ‘n taaibos vas

PROVINCE, PROVINCE, PROOOOOVINCE…..dis die eerste klanke wat jy hoor na ‘n oggendslapie op die bus oppad weskus toe, en jy weet: hierdie toer gaan LOOP!! Jy doen ‘n rondte deur die bus om almal se gesigte te leer ken en jy sien nuwe gesigte, ou gesigte, moeë gesigte, mooi gesigte en een gesig wat sleg tweede gekom het in ‘n barfight. Eers later vind jy uit Evans Coetzee het eintlik derde gekom. Dis skielik nie meer donker nie en jy wonder by jouself hoe jy die donker oorleef het met drie gingers op die bus. Read More