Ons gaan, ons gaan nie, ons gaan, ons gaan nie, maar einde ten laaste is dit realiteit: die bus met 40 BTKners draai af by die wegwyser met die woorde VISRIVIER CANYON.
Die groep het die vorige oggend, 17 Julie 1994, uit die nat groen Stellenbosch vertrek, op Springbok het Lilibe Vermeulen opgeklim en op Grünau het ek aangesluit. Daar het ons ons ook tuisgemaak vir die nag in Mevrou van der Merwe se ruim gastehuis. Dit is ‘n geskarrel; in- en uitpak. Party mense is na die lang rit so lus vir ‘n koeldrank dat hulle ‘n onbekende woesterny en geëlektrifiseerde drade trotseer om by die kafee te kom. Na sop en broodjies raak dit rustig. Oom Bethel Mller gesels met ons oor die Onse Vader Gebed. Slaapplek was volgens elkeen se smaak en inisiatief: die senior Steinmanns op lugmatrasse, party mans in die bus, van die dames vier-vier op die matrasse wat daar beskikbaar was. Read More