Wildekustoer Julie 1981

10 – 19 Julie 1981

Ons gaan vêr ry
tot in die Transkei
Hordes wil saam
maar moet maar bly,
want net vyftig kan gaan
en so kon ons uiteindelik ons ry kry.

Vrydag, 10 Julie:
So vertrek ons dan ook die oggend die gebruiklike wyletjie later uit Stellenbosch as wat beplan is. Almal se paspoorte of Identiteitsboekies is “nie op die bus nie, in die bus” en ons laat Stellenbosch agter. Ons is ‘n ordentlike getal twee liter bottels ryker. Read More

Sederberge April 1981

27 Maart – 03 April 1981

Nouja, van Hel-toe-ganery kom watervloede en ons begin so vier-en-twintig uur voor die toer konsentreer op dié deel van die toerprogram waar staan: LW: TOER ONDERHEWIG AAN VERANDERING!

Donderdag luister ons al van sewe-uur elke uur nuus oor die radio en stories trek rond, vergaderings word gehou en daar word rondgebel na alle oorde. Ai, waantoe nou? Maar laatmiddag versprei die goeie nuus oor die Akker: “Pak julle sakke mense.” Read More

Witels Februarie 1981

03 – 06 Februarie 1981

Met die rampvloede nog vars in die geheue is ons enigste kwelling, of die weer gaan hou of nie. Oppad na die basishut ontleed Braam elke vuisgrootte wolkie en elkeen moet ‘n voorspelling waag. Die weer is nog vandag aan ons kant en ons hou lekker braaivleis. Toe Braam na aandgodsdiens dadelik wil bedtoe, onthou ons skielik dis Dallas-aand, en Braam wil net van die opblaas TV begin vertel toe Johan met ‘n blink gedagte te voorskyn kom: ‘n BTK-sangbundel. Read More

Berghut-Boukamp September 1980

19 – 25 September 1980

Vrydag:
Ja-nee, sommer van die begin af beloof dit om ‘n hutbou-kamp so in tradisie te wees: die bus vertrek half (of te wel kwart oor) vyf; “die bus” is dié een wat met ‘n vorige besoek aan die berghut opgepak het en deur JP-hulle gehaal moes word (en dit kon ‘n mens wel deeglik hoor aan die ratte!). Read More