Ons het weer voor Hamelhof versamel. Ou BT-Kaners het mekaar luidrugtig gegroet – agt-en-twintig eerste toeriste het die spul verwonderd staan en beskou. Ons en die bagasie is op die vragmotor en in die twee busse ingebondel en ten spyte van sterk teenkanting van die wind se kant, het ons by ons bestemming aangekom. Dit was ‘n entjie anderkant Grabouw, vanwaar ons ook begin stap het. Die aand het ons by Monteith gekamp, maar ons het nie almal so maklik die plek gekry nie. Party het so ‘n bietjie verdwaal, twee toekomstige padwysers het sommer baie verdwaal, maar teen kampvuurtyd het ons darem almal ‘n rusplek in die holte van ons rug gehad. Read More
Franschhoek-Rawsonville-Bainskloof September 1955
“Walaaiers, Hout-en-Water!” Hierdie bekende uitroepe het soos soet musiek in die ore geklink en die besef tot ons laat deurdring dat ons nou werklik weereens op toer is.
Skugter het die maan oor die Pieke geloer om te sien wat daar by die Bosboustasie aangaan met Piramus en Thisbe en al die ander goed wat nog ge-item is nie!
Knysna April 1955
Vrydagmiddag kwart-oor-vier, die laaste bus staan gereed om te vertrek – is almal daar? Waarheen die warboel en tot watter doel? Natuurlik na Knysna en saam met die BTK!
Die aand is kamp by Buffelsjagt opgeslaan en die half-skamerige groep is aanmekaar bekend gestel. Ai, wat ‘n salige idee om weereens onder die sterre hemel te kan slaap en die volgende oggend gesig in die dam te was.
Kleinmond Gala 1954
Dit was ‘n stil groepie BT-Kaners wat Vrydagoggend by Hamelhof bymekaar gekom het. Die bekommernis van die eksamen was nog duidelik op sommige gesigte te lees. Die busse het egter nog skaars ‘n paar treë gery of dit was weereens die skertsende, singende groepie studente van ouds. Nog ‘n verdere middel tot “opwekking” was die talle waterpistole en ‘n hele waterbom wat Tielman getref het.
Sederberge September 1954
Ons was sewe-en-sewentig op die trein op pad na Graaffwater. Party het nog oor die afskeid van Ockert daar in die Kaapse Hawe gedink, ander het al begin droom oor die toekoms, maar wat ons in werklikheid saam beleef het, sou niemand vooraf kon raai nie.