Tyd spring so snaaks rond. Dit was of die toer in ‘n dag verbygegaan het, en nadat ons teruggekom het en elkeen weer vasgemessel staan in sy eie plekkie in die samelewing, voel dit soos jare terug, nie net ‘n week nie.
Montagu Oktober 1943
24 September – 05 Oktober 1943
Die Worcester trein was ‘n uur laat en propvol. Toe hy die Stellenbosch-Stasie intrek het ons hom ‘n hele ruk aangekyk, almal besig met die interessante probleem, waar gaan vyf-en-sestig khaki-stuks inpas? Die vraagstuk het plek gemaak vir een veel meer persoonlik en aktueel: waar de drommel kom ekke in? en ons het oor onwillige ooms en gesette tantes en uitbundige skoolkinders ingeborrel. Read More
Bainskloof April 1943
22 April 1943
Dit was toe weer vakansie en daar was toe weer getoer.
Die middag van die 22e April was dit ‘n gedoente by die stasie. Behalwe al die ander passasiers was ons tagtig jolige toeriste ook daar. Orals het vrolike groepies op die berg bagasie gesit. Ja, ons sakies was mooi agtermekaar en ons het kleingeld gemaak van die tyd solank ons vir die trein gewag het.
Jonkershoek Gala 1942
02 – 07 Desember 1942
En toe ons oor die laaste nekkie van Helderberg kom, en die wind skep ons – ons moes keer vir rokke en hoede vir vastrap vir ‘n vale; en die lang gras het platgelê – het die spirit posgevat. Ons het vergeet dat Stellenbosch bestaan of eksamenuitslae dreig en die toer toe eers regtig begin geniet.
Cederberg April 1941
Wie wil saam die Cederberg met ons klim,
Wie wil ook ons liedjies saam met ons sing.
Hoor hoe die kranse antwoord gee,
Roep jul hom nou mee.
Ja, die derde Cederberg toer is ook nou al agter die rug en as ons so terugdink aan die toer dan kan ons nie help om daaraan te dink as een met baie wedervaringe en tog een wat ons lank sal onthou.