Citrusdal September 1938

Studente op ‘n Staptoer

“OPVOERINGS” Openbaar Onmiskenbare Talent

Het u al van die BTK-klub op Stellenbosch gehoor? Ek moet erken dat dit op bloot ‘n naam was, die Berg- en Toerklub van die studente aan die Universiteit. Maar nou dat ek terug is van ‘n tiendaagse staptoer met die Klub, waarby ons goed oor die honderd myl te voet afgelê het, bruin verbrand en met die herinnering van die berg en dal en jeug en skoonheid in my gemoed en die lustige liedjies nog in my ore, is dit my ‘n genot om van die deeglike organisasie, die hartlike broederskap en die gesonde toon van die BTK te vertel. En daarby van die skoonheid van ons land.

Read More

Genadendal-Elgin April 1938

Wie kan hom meer ideale omstandighede voorstel as dié waaronder ons Donderdagmiddag ons toer begin het. Met die lorrie al kreunend onder ‘n vrolike klomp BTKaners is ons van Die Uitspan weg, oor Hels-hoogte en deur die fraaie Banhoek-Vallei. Die skoonheid van daardie deel was meer treffend as gewoonlik as gevolg van die opgeruimde gevoel wat in ons geheers het. Die vrolike BTK-liedjies het wyd en syd oor die boorde en plantasies weerklink. Dit was nie eers nodig om met mekaar kennis te maak nie – die omgewing het onwillekeurig kameraadskap geskep.

Read More

Die Agulhas September 1937

Die laaste paar dae voor die vakansie het alte stadig verbygegaan. Maar uiteindelik was Donderdag, 23 September, daar en het ons ons skrede Uitspan toe gewend, waar ons die lorries sou kry. Ons klomp was nog vreemd vir mekaar, maar die khaki-klere en rooi nekdoekies het ons reeds laat voel dat ons saamhoort. Ons het die stof van Stellenbosch van ons voete afgeskud en daarmee alle gedagtes aan hordes werk en eksamens. Ons het net gevoel: Read More

Knysna-Plettenbergbaai-Keurbooms April 1937

“Ons gaan nou sonder sorg op toer,
Wat sal ons langer in boeke boer?
Weg na die velde wat ons trek
En weer nuwe lewe in ons wek.”

So voel ‘n toeris voor ‘n naderende toer, as die boeke-kennis hom begin oormeester en hy met verlange uitsien na die “wydheid van die velde” en die “blou van hemel bo”, wat van hom weer mens gaan maak. Read More