Oorlogskloof in Another Perspective

1294521_10201311661045991_1815372918_oAfter surviving the very wet Oorlogskloof hike the BTK undertook in June 2013, Silja Kiessling felt so inspired by the beautiful sight that was revealed once the clouds lifted that she turned photographs thereof into artwork. These paintings capture how overjoyed everyone had felt to finally see the sun; a moment where everyone could finally appreciate the beautiful mountains they were hiking in. Silja says that in this moment “we realised what a gift it was to be able to explore the golden and green mountains and valleys. We had realised that we had won the ‘oorlog’ against the rain and the ‘kloof’.” And surprisingly enough, she is not even an art student!

 

Below: Silja Kiessling’s set of paintings Oorlogskloof in Another PerspectiveDSC08689 DSC08139

Julian se Boodskap vanuit die Hemele

841250_10200594329760216_557999481_o

Foto: Johan Wiid (nog 'n ou BTK legende en fotograaf)

Julian van Zyl, die BTK se bekende maanmannetjie is onlangs by 2013 se Gala vir die tweede en laaste keer opgeskiet maan toe, dit na ‘n volle elf toere en twee termyne op die bestuur! Hy was eers in 2011/2012 die Rekenaar nerd van die bestuur en in 2012/2013 die onbetaalde rekenmeester wat een van die beste Tesouriers was wat die BTK seker ooit gesien het (maar met ‘n BRek graad agter jou naam sou mens so hoop=P)! Nie net dit nie maar die tye wat hy nie op die bestuur was nie moes die bestuur hom byna 2uur by die kantoor uitjaag of hom daar toesluit. Maar niemand het ooit gekla nie want sy lag was so aansteeklik en die wyse ‘ou’ man het so gereeld hand bygesit wanneer die bestuurslede vasgebrand het dat dit net ‘n plesier was om hom daar te hê. Legendes soos hy is wat die BTK aan die gang hou en sonder sy bydraes sou die BTK nie gewees het wat dit vandag is nie. Op die 29ste Desember 2013 het hy vir ons vir oulaas vaarwel gesê. Ek sou skat dat hierdie baie emosionele oomblik terselfdetyd sy hoogste en laagste punt was van sy tydjie by die BTK. Dié wat daar was en enigsins iets met die ‘ou’ legende te doen gehad het, sal getuig dat hulle almal met tenminste ‘n traantjie in die oog gestaan het, ander het weer krokodiltrane gehuil. Hier is wat hy te sê gehad het:

a

To the Moon

Julian van Zyl

This morning I sat looking at the sea and thought about what the BTK has meant to me over the last two and a half years.

The BTK was the place I could go where my soul could rest from the constant thrashing and battering of the waves that make up our lives. It taught me that when you truly accept the power of this world and let a massive wave take your body and shunt it up, down, sideways – stretching your limbs to where they should not be – you feel infinite.

At the BTK I learned to marvel at the beauty of the natural world and found that the more I stared at it, the more wondrous it became, and the smaller my problems.

Here I learned to forgive the world that once rejected me: to look it in the eye and accept that the world is full of hurt and pain – but that this is okay. Because all you need to do is go outside and touch the grass and feel the power of the universe glisten through your body.

At the BTK I learnt that loving someone is not being the person that tries to comfort their hurt. Instead loving someone is sharing their pain: Looking into their eyes and feeling their disappointment in your own gut.

It is here where our hearts merge and separate, leaving behind pieces of ourselves in our friends. Fortunately this allows us to also share in those glorious triumphs of life – giving us double our dose of happiness.

I tell myself that this is why I have seen so many very tough men cry when being sent to the moon: It is the agony of life tearing us from our friends. It is the torment of being the one leaving after you have been forced to bid farewell to so many of your heart-friends.

But I say to life: Not today.

For I am merely leaving the crowd and entering the arena that is life and I know that my friends will be there to applaud me and cheer me on. And I know that this throbbing emptiness I feel now is but a shadow of the joy and abundance I have received.

To some of you today I say goodbye. To the rest I extend the invitation to hike the mountain that is the rest of my life. Perhaps at the summit we will find Heaven, Valhalla or Nirvana. But perhaps we will look down and realise it was really all about this incredible journey of life.

Nuwe Berghut Besprekingsvorm

BTK_Berghut Booking Form

Daar is ‘n nuwe besprekingsvorm vir die Berghut. Dit kan jy kry onder Berghut → Hoe om te bespreek. Die vorm sluit die nuwe bankrekening inligting in so maak seker jy gebruik dit wanneer jy die betalings vir die Berghut maak en nie meer die ou rekeningnommer nie.

Tyd om te Gala!

1385041_10201363135012808_1248027296_nGALA 2013

Grootbrak – Jongensfontein

Het jy al planne vir die komende vakansie gemaak?

Ek hoop nie so nie! Jy wil NIE die volgende BTK GALA mis nie!

Dis soos ‘n mini-vakansie tydens jou Desember vakansie. Jy kry die geleentheid om tyd op die mooiste strande te spandeer, om die somersonnetjie te geniet en natuurlik om met ou en nuwe vriende te kuier. Tussen deur die awesome BTK aktiwiteite, is daar oorgenoeg tyd vir jou om heerlik te ontspan en van jou eksamen angs ontslae te raak.

Ons weet jy wil nie hierdie mini-vakansie mis nie, so maak seker dat jy 22 tot 29 November 2013 in jou dagboek oop hou.

Ons vertrek die Vrydag-oggend na Grootbrak, waar ons dan die eerste aand slaap. Dié kampterrein is wonderlik toegerus met sagte gras, ‘n putt-putt baan en ‘n swembad. Kan mens nou vir better vra na ‘n lang en uitputtende eksamen?

Die volgende dag stap ons al langs die strand na Hartenbos. Hier bly ons by nog ‘n kampterrein met ‘n putt-putt baan – so ek stel voor almal begin solank oefen aan hulle putt-putt skills 😉 .

Sondag klim ons op ‘n bus na Danabaai. Van daar af stap ons weer vir 17 km op die strand na Vleesbaai, waar ons ook sal oornag.

Die volgende avontuur wat voorlê, is ‘n staptog deur ‘n natuurlike veld met plantasies, oor klipperige areas en dele van strande. Na 13 km sal ons by Cannon arriveer, en van daar af weer die bus neem na Gouritsmond.

Dag 5 skop af met ‘n staptog vanaf Geelkranse na Stilbaai, al langs die strand en selfs meer plantasies. Stilbaai het die mooiste swemstrand; dus bly ons hier vir 2 nagte. Daar is ook ‘n lagoon om in te swem in plaas van die see.

Die volgende dag is BTK Sondag, met ‘n hele paar spesiale tradisies – sien solank uit hierna!

Daarna vertrek ons vir ‘n 12 km staptog na Jongensfontein, wat ons laaste kampplek en laaste aand van Gala is. Alhoewel die toer na sy einde se kant toe staan, is daar nog een legendariese Spur ete oor wat eie is aan BTK toere. Jy gaan net moet wag en sien waarom dit nou eintlik so legendaries is …

Ek hoop hierdie inspireer julle om nóú al te begin spaar. Want glo my – jy wil definitief nie hierdie gebeurtenis misloop nie!

Wanneer…

  • 22 – 29 November

Inskrywings…

  • Maandag, 21 Oktober (Lede) en Dinsdag, 22 October (Nie-lede)
  • Tussen 13:00-13:50, by die BTK Kantoor (4de Vloer Neelsie)
  • Slegs 80 plekke Beskikbaar.

Toerprys…

  • Lede: R1250
  • Nie-lede: R1350

Die Toerlys sal die 27ste Oktober aangekondig word.

Gala 2012

Gala 2009: Grootbrak – Jongensfontein

Helderberg Daguitstappie: 20 Oktober 2013

2011 050Helderberg is ʼn wonderlike staproete om hierdie tyd van die jaar te doen aangesien dit nou uiteindelik weer warm word en die blomme op hulle beste is. So maak seker julle bring julle kameras saam!

Daar is ook asemrowende panoramiese uitkyke van Strand en hopelik so ver as Tafelberg en die Peninsula. ʼn Matige vlak van fiksheid is benodig vir hierdie uitstappie.

Inskrywings…

  • Maandag 14 Oktober (Lede) en Dinsdag 15 Oktober (Nie-Lede)
  • By die BTK kantoor tussen 13:00 en 13:50 (4de vloer Neelsie, by die trappe op langs Cafe Go)
  • Prys: R30 vir die lede en R40 vir nie-lede.
  • Daar is net 40 plekke beskikbaar!

Wanneer…

  • Vertrek Sondag 20 Oktober
  • Ontmoet mekaar stiptelik 07:30 by die Neelsie
  • Ons behoort teen 15:00 terug te wees

Saambringlysie…

  • Dagrugsak
  • 2 liter water
  • Eie middagete en verversings
  • Warm top/baadjie en ‘n windbreaker
  • Hoed en sonroom
  • Stapskoene of stewige tekkies
  • Kamera (Opsioneel)

Helderberg 2012